Souvenirs

  • 0

Foto: Canva

Souvenirs

En ook my ma, moenie vergeet om van jou lag
jou blydskapdrukkies
jou sunlight-seepreuk
jou dag en nag skel vir die regte goed
jou groot borde kos saans
jou bakbrood
jou stampmielies en boontjies wintertye
jou wasgoedwassery op ’n Saterdagoggend
jou onverwagse spring-cleaning en
jou versteekte pilletjies vir my migraines
agter te los nie

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top