Doelwitte van ’n wannabe superstar

  • 0

Foto: Canva

Doelwitte van ’n wannabe superstar

ek wil groot uit hierdie lewe stap
met my naam ge-hall of fame langs die ronelda kamfers en andrei tarkovskys
met my trauma uitgeturn
met my kop en mond ge-spring clean
met my hand innie hand van ’n beminde wat myne is en 
met my ego uitgekak in kanye west se bek

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top