
Foto: Canva
Genesis II
daar kom die wêreld van die billionaires aangestrut:
martin cooper se skepsel is uiteindelik ’n god
die sielkundige uiteindelik ’n superster
donald trump uiteindelik ’n oorlose oorlog
en djy nog altyd ’n agtjarige in 2011:
jou drome nog drome van dokter-pablopicasso-en-alles-innie-wêreld word
jou gehuil nog gehuil oor speelgrond-ongelukkies en spookstories wat jou tot in droomland volg
jou speletjies nog speletjies sonder manipulasie, verraad en met opset seermaak

