...
Regerings of individue wat Wladimir Poetin se oorlog steun, of oë toeknyp, gaan as verkeerd deur die geskiedenis geoordeel word. Dit is in dieselfde kategorie as die Nazi-steun in die Tweede Wêreldoorlog. Dit is nou tyd om standpunt in te neem. Stilswye of vae pleidooie vir vrede is nie ’n opsie nie.
...
Wie ken nie die ryke Russiese kultuur van pragtige musiek en ongelooflike literatuur nie? Maar wat verstaan ons van die situasie wat nou in Europa afspeel? Verstaan ons wat met gewone mense gebeur?
My vriendin Svetlana is van Oekraïne. Sy woon al 20 jaar in België, maar haar ouers en broer woon in Loegansk, een van die sogenaamde onafhanklike state aan die oosgrens met Rusland. Sy het ook familie in Kiëf en ander stede in Oekraïne en in Rusland. Die oorlog raak hulle heel erg en haar niggie, Julia, probeer tans om met haar dogter uit Kiëf na België te vlug. Die oorlog raak miljoene mense en die beelde en berigte van hartseer en vernietiging is skreiend. Met die mans tussen 18 en 60 verplig om in Oekraïne te bly om hul land te verdedig, word alle gesinne geraak en word daagliks afskeid geneem van vroue en kinders wat na die Weste probeer vlug.
Die aanval deur president Poetin is besig om die hele wêreld te verander. Nie alleen Oekraïne en Rusland word geraak nie. Met Poetin se dreigemente om kernwapens te gebruik indien ander lande betrokke raak en die gevaarlike wyse waarop met kernkragsentrales in Oekraïne omgegaan word, word ’n Derde Wêreldoorlog nie uitgesluit nie.
...
Oekraïne is sedert 1991 ’n onafhanklike staat. Jongmense het dus in ’n demokratiese land met ’n Westerse grondwet en regstelsel grootgeword en het geen belang in die uitbreidingsdrang van ’n skatryk Russiese diktator nie. Hulle praat meestal die Oekraïnse taal, is patrioties, en wil beslis nie deel van Rusland wees nie.
...
Sonder om hier na geskiedkundige oorsake of motiverings vir die oorlog te kyk, is dit duidelik dat die wêreld hierna nie weer dieselfde sal wees nie. Die verdeeldheid word ook in die familie van Svetlana gevoel: Haar ouers, wat in die Sowjet-tyd grootgeword het en vir dekades aan Russiese propaganda blootgestel is, steun Poetin se oorlog. Haar broer wat in Loegansk werk, is meer Russies-gesind en as brandweerman tegnies deel van die vyand waarteen Oekraïne moet veg. ’n Gesin volledig deur die oorlog verskeur terwyl Svetlana daagliks bel om te hoor of hulle nog lewe. Haar familie woon al agt jaar in die sogenaamde onafhanklike republiek wat deur Rusland gesteun word en moes al verskeie kere in kelders gaan skuiling soek. Julia en haar dogter het juis in 2014 vir ’n nuwe lewe na Kiëf verhuis om van die oorlog in die ooste te ontsnap. Nou moet hulle opnuut verder weswaarts vlug.
Oekraïne is sedert 1991 ’n onafhanklike staat. Jongmense het dus in ’n demokratiese land met ’n Westerse grondwet en regstelsel grootgeword en het geen belang in die uitbreidingsdrang van ’n skatryk Russiese diktator nie. Hulle praat meestal die Oekraïnse taal, is patrioties, en wil beslis nie deel van Rusland wees nie. Die onnodige trauma wat kinders nou deurgaan en die vrees by miljoene mense wat die onnodige en onwettige oorlog probeer oorleef, gaan jare se letsels veroorsaak. Die beelde van gebombardeerde stede en vroue en kinders wat sterf terwyl hulle probeer vlug, het rou emosies en woede tot gevolg en is onvoorstelbaar in die moderne Europa.
Intussen is die Suid-Afrikaanse regering nie bereid om Rusland se aanval te veroordeel nie. Ek kan die meerderheid van die Russiese bevolking se huidige sentiment ten opsigte van die oorlog verstaan. As gevolg van volgehoue propaganda en uitsluiting van internasionale media weet hulle weinig oor die oorlog teen hul buurland. Twee lande met talle familiebande en ’n gedeelde geskiedenis.
Suid-Afrikaners het egter volle toegang tot alle inligting en bronne en behoort te kan sien wie die aggressor is en wat sy doelwitte is. Dit is tyd dat Suid-Afrika besef dat dit nie hier gaan oor die Rusland wat destyds anti-apartheidstryders met militêre opleiding en studiegeleenthede gehelp het nie. Dit gaan oor ’n steeds meer geïsoleerde diktator met ideale van ’n ou Sowjet-tipe Rusland; ’n man wat boelie en met kernoorlog dreig om sy onrealistiese drome te probeer verwesenlik. In die proses gaan hy sy eie land heeltemal isoleer en verarm en dit is die gewone Russiese bevolking wat daaronder gaan ly. Regerings of individue wat Wladimir Poetin se oorlog steun, of oë toeknyp, gaan as verkeerd deur die geskiedenis geoordeel word. Dit is in dieselfde kategorie as die Nazi-steun in die Tweede Wêreldoorlog. Dit is nou tyd om standpunt in te neem. Stilswye of vae pleidooie vir vrede is nie ’n opsie nie.
Kommentaar
Ek deel jou standpunt wat betref die siniese en sinlose geweld en lewensverlies. Mens moet versigtig wees wanneer dit by taalkwessies kom. 'n Groot persentasie mense in die Ooste van die land is Russies-sprekend, maar van daardie persentasie steun slegs 'n klein persentasie afstigting. "Russies-sprekend" beteken dus nie outomaties ondersteuning vir Rusland nie. Omgekeerd, "Oekraïns-sprekend" beteken nie noodwendig anti-Rusland nie. Hier moet die veldtog van Russifikasie wat sedert tsaristieses tye met gewelddadige onderdrukking gepaardgaan, in gedagte gehou word. Vandaar die feit dat hierdie twis deur families en huwelike sny. Terloops, as jou vriendin Oekraïns-sprekend is, sal haar naam Svitlana wees in daardie taal; Svetlana is die Russiese vorm. Kiëf is inderwaarheid die Russiese vorm, in Engels is die Oekraïnse vorm Kyiv, met ander woorde in Afrikaans behoort dit Kiïf te wees.
Eben, jy het heeltemal gelyk dat die taal wat Oekraïniërs of die Russe praat nie noodwendig politieke lojaliteit impliseer nie. Myns insiens sou verhoudinge onderling egter veel beter gewees het indien die nuwe Oekraïnse staat beide Oekraïens en Russies as amptelike tale sou aanvaar het.