Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Augustus 2018 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Boeke24
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Augustus in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
2 Augustus
Kuns/Nuus: Bibi skuif van die bed na die boekrak – AJ Opperman
3 Augustus
Kuns/nuus: Krog se poësie op ’n ander noot – AJ Opperman
Kuns/Boeke: Tom Gouws se ‘besigheid met die dood’ – Johann Lodewyk Marais
6 Augustus
Boekeblad: Brutaal briljante omgang met taal
Jonathan Amid resenseer Wrok deur Beyers de Vos
10 Augustus
Nuus: Uitgewer Koos Human sterf
Kuns/Boeke: Lees Elisabeth Eybers se gedig vir Koos Human
Kuns: Koos Human: ’n Koning in die Afrikaanse uitgewerswese – Laetitia Pople
Nuus/Boeke: SJ Naudé vir 2 kykNETRapportpryse benoem
11 Augustus
Kuns: Koos Human – ’n reus in die SA uitgewersbedryf – Kerneels Breytenbach
14 Augustus
Nuus/Kuns: Van Rensburg: ’n Taalkolos, nie ’n taalbul – Jo Prins
15 Augustus
Kuns: Marita: Elke boek is ’n dubbele geskenk – Mariana Malan
18 Augustus
Kuns/Boeke: So lyk ’n Suid-Afrikaanse held – Laetitia Pople
Profiel/Stemme: Storieman van Bloemfontein – Dirk Kok met dr. Hannes Haasbroek
Kuns/Nuus: Lerina Erasmus dood – Laetitia Pople
Kuns/Nuus: Erasmus se bydrae was enorm, sê Sandra Prinsloo – Laetitia Pople
Kuns: Vertalings al hoe belangriker in tye van onsekerheid – Amanda Botha
21 Augustus
Kuns/Boeke: Van Heerden beid 2de veldsoriée op Cradock aan
Nuus: ‘Totsiens mnr. Human, ons is almal lief vir jou’ – Jana Breytenbach
23 Augustus
Kuns/Boeke: Digter se debuut besin oor multikulturele samelewing – Herschelle Benjamin
Nuus: Hier is kortlyste vir resensiepryse – Jo Prins
Kuns: “Ek wou nog sê…” – AJ Opperman
28 Augustus
Kuns/Boeke: Harry Kalmer bied skryfkursus in Jhb en Pta aan
Kuns/Boeke: Klopper se debuutroman het ware temalied – AJ Opperman
29 Augustus
Nuus: Pauw oes Nielsen-prys in – Jo Prins
31 Augustus
Kuns: Afrikaanse roman in Turks vertaal – Elretha Britz
Kuns/Boeke/Nuus: Wenners van die ATKV-Woordveertjies
Die Groot Ontbyt
Leonie van Rensburg het in Augustus die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:
7 Augustus
- Wrok deur Beyers de Vos
- ’n Skerfie glas deur Erika Murray-Theron
- Die seuns van Bird Island deur Mark Minnie en Chris Steyn
14 Augustus
- Bloedbande: ’n Donker tuiskoms deur Wilhelm Verwoerd
- Wat het geword van Dinsdag? deur Tinus Horn
- Ta-Da! deur Johané Neilson
21 Augustus
- Die tragiese saak van Pamina Vermaak deur Annie Klopper
- Die daggaboer deur Jean-Pierre de Kock
- Die hond wat ophou blaf het deur Jo Nel
28 Augustus
- Nagreisiger deur Leon van Nierop
- Veldiep deur Fanie Viljoen
- Aankoms en vertrek deur Pat Stamatélos
Bibi se boekrak
In hierdie kykNET-webreeks gee bekroonde digter en boekwurm Bibi Slippers nuus en aanbevelings wat met boeke te doen het. Sy gesels ook met mede-lesers.
Die volgende episodes is in Augustus vrygestel:
16 Augustus
Bibi bespreek Beyers de Vos se debuutroman Wrok en praat ook met die skrywer.
LitNet
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Augustus op LitNet verskyn:
![]() |
Boerekos kry ’n moderne baadjie: ’n resensie van Boerekos with a twist deur Annelien Pienaar
Maryke Roberts 2018-09-10 "Die nuttige inligting voor die verskillende hoofstukke om jou te leer wanneer jy ’n ballonklitser gebruik; of hoekom room skei; wat die verskil tussen flambé en soteer is; of hoe warm jou oond vir watter gereg moet wees, help selfs die onkundigstes onder ons." |
![]() |
Die verlore smoking gun van Bird Island: 'n resensie
Jean Oosthuizen 2018-09-07 "Dit sal net so ’n groot onreg wees om onskuldige mense as pedofiele te brandmerk indien dit leuens is as om die slagoffers se pyn te misken as dit waar sou wees." |
![]() |
Bruistablette vir die lewe deur Susan Coetzer: ’n resensie
Yolanda Wessels 2018-09-06 "Met Bruistablette vir die lewe nooi die geliefde skrywer en motiveringspreker jou saam op ’n geselsreis om hoop te bied aan die moderne vrou en die uitdagings van die lewe. Dit is geskryf met humor, deernis en insig." |
![]() |
'n Brief vir Reina deur Elsa Winckler: ’n resensie
Maryke Roberts 2018-09-06 "As dit ligte vermaak is waarna jy soek, is dit die boek vir jou." |
![]() |
Dowe gode deur Dibi Breytenbach: ’n resensie
Org Potgieter 2018-09-06 "Dowe gode is Breytenbach se vierde misdaadboek en span die kroon. Sy het geen moeite met haar navorsing en haar teks ontsien nie. Dit wys op elke bladsy." |
![]() |
As sy weer kom deur Marlize Hobbs: ’n resensie
Deborah Steinmair 2018-09-04 "Skryf is lyf, skryf is bloederige geboorte, en as jy dit reg doen, is dit morsig. En daar is ’n sekere manier waarop veral vroueskrywers dit reg kan doen." |
![]() |
Spertyd deur Elsa Joubert: ’n lesersindruk
Mantie Smith 2018-09-04 "Joubert beskryf met patos die 'skimwêreld' waarin die ouerwordende persoon hom/haar al hoe meer bevind: die verwarring, die vergeet van die alledaagse gryp jou aan die hart." |
![]() |
Dowe gode deur Dibi Breytenbach: ’n lesersindruk
Irene van Staden 2018-09-04 "Die storie van die roman handel oor ’n hele paar sensitiewe en moeisame temas. Breytenbach het dit egter reggekry om op ’n elegante en eerlike manier oor hierdie temas te skryf, wat reg aan die verskeie temas laat geskied." |
![]() |
Van kant gemaak deur Kris van Steenberge: ’n FMR-resensie
Riette Rust 2018-08-30 "Indien jy nog nie ’n leser van Nederlandse letterkunde is nie, sal hierdie roman jou waarskynlik inspireer om meer hieroor uit te vind. Van kant gemaak is Van Steenberge se eerste roman. Wat ’n meesterstuk is dit nie!" |
![]() |
Dankie, Generaal deur Nico Moolman: ’n resensie
Org Potgieter 2018-08-28 "Die boek se grootste waarde lê in die geweldig groot aantal foto's – sommige ingekleur – waarop die skrywer-speurder op sy reise in museums en ontmoetinge met nasate van ABO-soldate aan albei kante afgekom het." |
![]() |
Anglo-Boer War (South African War) 1899–1902: Historical Guide to Memorials and Sites in South Africa deur Jackie Grobler: ’n lesersindruk
Astrid Schwenke 2018-08-28 "Dit was sy doel om vir die student, die reisiger deur Suid-Afrika en die publiek ’n publikasie saam te stel wat aanvullend tot studies, as reisgids of as interessante leesstof benut kan word." |
![]() |
Die lucky strike deur Steve Hofmeyr: ’n lesersindruk deur Barend van der Merwe
Barend van der Merwe 2018-08-28 "Alles in ag genome sou ek egter ter samevatting sê dat Die lucky strike, presies nes sy voorganger, interessante en prikkelende misdaadfiksie is." |
![]() |
Die hond wat ophou blaf het deur Jo Nel: ’n resensie
Gerda Taljaard 2018-08-22 "Reeds met die optel van die boek vermoed die leser dus dat die bose en dood, soos dit enige goeie sielkundige riller betaam, heeltyd net onder die oppervlak teenwoordig sal wees; dat dit soos in NP Van Wyk Louw se ‘Ballade van die bose’ immer in die karakters se spoor sal trap ‘soos ’n goeie hond’." |
![]() |
Dubbelspiraal deur André Jansen: ’n resensie
Martie Retief-Meiring 2018-08-22 "Met ’n meesterlike ratatata-inleiding neem die skrywer die leser in hierdie roman (speurrroman?) op ’n vinnige, intense voëlvlug oor vier vurige dekades van die afgelope Suid-Afrikaanse geskiedenis." |
![]() |
Aantekeninge teen die skemeruur deur Clinton V du Plessis: ’n resensie
Louise Viljoen 2018-08-15 "Die bundel is ryk aan beelding, netjies opgebou rondom bepaalde temas, en openbaar ’n besondere klankgevoeligheid. Aantekeninge teen die skemeruur is ’n belangrike bydrae tot die Afrikaanse poësie wat wyd gelees behoort te word." |
![]() |
Uit die bloute deur Chanette Paul: ’n resensie
Elbie Adendorff 2018-08-15 "Uit die bloute is ’n boek wat ek nie kon neersit nie." |
![]() |
Grilgrypers deur De Wet Hugo: Grieselrige goeters wat leesgieriges sal gryp en laat gril
Magdel Vorster 2018-08-13 "Danksy grillers is plekke waar die onmoontlike en dikwels ondenkbare wel bestaan en gebeur, tydelik toeganklik. Boonop word monsters in stories oorwin en ervarings in donker woude hou nie vir ewig aan nie." |
![]() |
Pienk is nie vir sissies nie deur Christien Neser: ’n resensie
Magdel Vorster 2018-08-10 "Met bestanddele soos bergfietse, ’n manlike balletdanser, ’n flambojante skoolsielkundige, gewapende roof en ’n hele paar aanhalings uit alombekende boeke is dit duidelik dat hierdie storie oor meer gaan as wat in die titel voorspel word." |
![]() |
Ralph Haynes: Godfather van die Wes-Rand deur Izak du Plessis: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe 2018-08-10 "Die sielkunde agter misdadigers kan ons soos legkaartstukke aanmekaar probeer pluis vanuit die veiligheid van ons eie huise. Hoekom is misdadigers soos hulle is? En in die geval van ene Ralph Haynes is die vraag: Wat het van hom geword?" |
![]() |
Kringloop deur Bets Smith: ’n lesersindruk
Irene van Staden 2018-08-10 "Bets Smith se roman was lekker om te lees. Dit neem onverwagse draaie en Smith hou die leser goed in die duister oor wie die ontvoerder is." |
![]() |
Ystervuis uit die see deur Arnè Söderland en Douw Steyn: ’n resensie
Org Potgieter 2018-08-10 "Baie boeke is al geskryf oor die Suid-Afrikaanse magte in die Grensoorlog, maar weinig is bekend oor die rol van ons seemagte. In hierdie boek word verslag gedoen van 50 uiters geheime see-operasies deur 4 Recce, ander Spesmagte-eenhede en die SA Vloot." |
![]() |
Jong lesers: Middernagfees deur Jaco Jacobs
Wynand Wessels 2018-08-08 "Jaco se boeke lees altyd maklik en dit voel of ek in sy stories is en saam alles doen." |
![]() |
Jong lesers: The Twits deur Roald Dahl
Erin Balie 2018-08-08 "Baie snaakse dinge gebeur met meneer en mevrou Twit. Dit is ’n baie interessante boek. Toe ek die boek begin lees het, wou ek dit glad nie neersit nie." |
![]() |
Jong lesers: The adventures of Captain Underpants deur Dav Pilkey
Zekiah Petersen 2018-08-08 "Dit is so ’n pragtige storie. Ek sal dit beslis aanbeveel." |
![]() |
Gesant van die mispels en In die stille agterkamer deur Marlene van Niekerk: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
Helize van Vuuren 2018-08-08 "Van Niekerk gooi met haar nuwe werk ’n Nietzscheaanse tou oor die afgrond na lesende kritici, kritiese lesers, gewoond om 'teen die grein' en vryblywend te beoordeel, te evalueer en te kategoriseer. Nie langer kan kritici afstandelik, veilig en vanaf die verte sonder emosionele betrokkenheid skryf nie." |
![]() |
Brugbouers deur Rudi Buys: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe 2018-08-03 "Die boek is nie ’n geskiedenisboek oor die gebeure rondom die Reitz-video nie. Dit is eerder ’n boek wat probeer om die breë beginsels daar te stel van gemeenskappe wat verander. En verandering is iets wat nooit voltooi word nie. Dat daar konflik sal wees, is gegewe." |
![]() |
Jong lesers: Die tandeterroris deur David Walliams, vertaal deur Kobus Geldenhuys
Johannes Meyer 2018-08-02 "Ek hou baie van die verhaal, want dit gee vir mens gemengde/verskillende gevoelens. Dit laat mens emosioneel voel – partykeer hartseer, partykeer bly." |
![]() |
Jong lesers: Billionaire boy deur David Walliams
Canha Meyer 2018-08-02 "Maar nes alle goeie boeke hou die boek jou op jou tone. Mense is geneig om te dink dat geld jou gelukkig kan maak, maar die boek verskil heeltemal van daardie algemene visie." |
![]() |
Jong lesers: Die leeutemmer se assistent deur Solet Scheeres en Marjorie van Heerden
Kaylie Herbst 2018-08-02 "Kom beleef die sirkus soos nog jy dit nog nooit gesien het nie – jy sal voel of jy daar is!" |
![]() |
Jong lesers: Sarah Espinoza resenseer Ek was hier deur Nanette van Rooyen
Sarah Espinoza 2018-08-02 "Die leser beveel hierdie boek aan, want dit het ’n interessante storielyn en dit is maklik om te lees, wat Engelssprekende tieners se woordeskat sal verbeter." |
![]() |
Jong lesers: Qailah Hannie resenseer Ek was hier deur Nanette van Rooyen
Qailah Hannie 2018-08-02 "Ek sal die boek vir jong lesers aanbeveel vir die uitstekende storielyn en interessante hoofkarakters." |
![]() |
Polemieke: bekgevegte in Afrikaans deur Gabriël Bothma: ’n resensie
AJ Opperman 2018-08-02 "Ek meen, wie sal sonder nuuskierigheid en sonder gevoel ’n boek oor polemiek en Afrikaans toeslaan wat 'Boetman is die bliksem in', Piekniek by Dingaan en Voëlvry, Daisy de Melker, Joost van der Westhuizen, Bram Fischer, Adam Small en 'beskaafde' apartheid in dieselfde asem noem?" |
![]() |
Jong lesers: Nicholas Hanlon resenseer Ek was hier deur Nanette van Rooyen
Nicholas Hanlon 2018-08-02 "Hierdie boek is vol geheime en plaas die leser op ’n emosionele wipplankrit." |
![]() |
Jong lesers: Kaitlyn Sookdhew resenseer Ek was hier deur Nanette van Rooyen
Kaitlyn Sookdhew 2018-08-02 "Ek was hier is ’n roman wat ’n raaisel, ’n tragedie, ’n komedie, ’n drama, ’n aksie-storie en ’n romanse alles in een is." |
![]() |
Jong lesers: Nicole White resenseer Die legendariese Lua Verwey – Wilder as die wildtuin deur Dihanna Taute
Nicole White 2018-08-02 "Dis skreeusnaaks. Ek het so gelag, selfs my ma wou die boek saam met my lees!" |
![]() |
A feast from nature deur Renata Coetzee: ’n resensie
François Verster 2018-08-01 "A feast from nature is ’n fees om te lees, en ’n verrykende kenniservaring, maar daar is iets méér ... dalk ’n eggo uit ’n gedeelde verlede wat alle mense kan waardeer. Mag Renata Coetzee se bydrae tot ons geskiedenis ons help om ’n groter begrip van mekaar te ontwikkel en sodoende ’n beter toekoms te beding." |
![]() |
Bakgeheime: ’n onderhoud met Martjie Malan
Naomi Meyer, Liné Enslin, Martjie Malan 2018-08-23 "Al my geheime is in die boek opgesluit – ek het nie een wat ek geheim hou vir myself nie. Die boek is vir elkeen wat dit ooit sal oopmaak, en alle bakgeheime is nou daarin verklap." |
![]() |
Die tragiese saak van Pamina Vermaak deur Annie Klopper: ’n (musikale) onderhoud
Naomi Meyer, Annie Klopper 2018-08-21 "Ek wou die tipe boek skryf wat ek en my vriende sal kan geniet. Ek is mal oor liefdesverhale, maar daar is dinge wat my hinder in sommige meer tradisionele Afrikaanse liefdesromans. Soos dat die hoofkarakters meestal net wit en straight is. Of dat die vroue se krisisse altyd veroorsaak – en opgelos word – deur mans, eerder as deur hulleself." |
![]() |
I wish I'd said: ’n onderhoud met Johann de Lange
Naomi Meyer, Johann de Lange 2018-08-08 "Daar word alreeds geruime tyd en deur ’n groot verskeidenheid organisasies en persone werk rondom meertaligheid gedoen. ... Dit is ... belangrik dat verskille gevier word, en dat daar nie probeer word om van alles ’n eenselwige grys brei te wil maak nie." |
Rapport
Die volgende resensies het gedurende Augustus in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
5 Augustus
Resensie: Anna Kemp resenseer Tweespoor deur Helena Gunter
Resensie: Loftus Marais resenseer Less deur Andrew Sean Greer
Resensie: Deborah Steinmair resenseer Stroomop deur Adeline Radloff
12 Augustus
Resensie: Jaco Barnard-Naudé resenseer History of violence deur Édouard Louis
Resensie: Deborah Steinmair resenseer Dubbelspiraal deur André Jansen
18 Augustus
Resensie: Herman Wasserman resenseer Die seuns van Bird Island deur Mark Minnie en Chris Steyn
Resensie: Jean Mearing resenseer Die daggaboer deur Jean-Pierre de Kock
Resensie: Henri Malan resenseer Kraak deur Rouxnette Meiring
26 Augustus
Resensie: Valda Jansen resenseer Wrok deur Beyers de Vos
Maroela Media
Die volgende resensies het gedurende Augustus op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
2 Augustus
Kop in die wolke in Kromkieriefontein deur Milan Murray
Dis ’n heerlike anderste storie – een wat die jong leser uitdaag om nie net op die alledaagse en die hier en nou te fokus nie, maar om ook te waag om te droom.
Lees die resensie
7 Augustus
Sizwe spring deur Gaia Cornwall
Sizwe het swemlesse gehad en hy het ook sy swemtoets geslaag. Al uitdaging wat nou oorbly, is om van die hoë duikplank af te spring soos al die ander kinders doen…
Lees die resensie
21 Augustus
Meisies kan enige iets doen deur Caryl Hart met illustrasies deur Ali Pye
Die wonderlike boodskap van die boek is dat meisies absoluut fantasties is en net mooi enige iets kan doen wat hulle wil.
Lees die resensie
23 Augustus
Doodsroeper deur Rika Cloete
… en tog weet iedereen hoe maklik stilte vreesaanjaend kan wees as ʼn mens besig is met sy eie gedagtes en dan skielik iemand se teenwoordigheid voel. ʼn Koue rilling kriewel teen my rug af en ek was dadelik onder die ban van die Stilbos. Ek móét hierdie boek gaan lees, skryf Alexander Mickel.
Lees die resensie
28 Augustus
Laat die potte prut deur Piet Marais & Frik Oosthuizen
Potjiekosliefhebbers se monde sal water by die aanskoue van hierdie versameling lipleklekker resepte.
Lees die resensie
30 Augustus
Doodsake op Karibib deur Isa Konrad
Louise Viljoen beveel hierdie boek aan vir lesers wat veel meer in ’n spanningsroman soek as net bloed en derms. “Die spanning bou fluks op, maar die menslikheid bly nie agterweë nie.”
Lees die resensie
Skrywers en boeke (RSG)
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Augustus op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270
Woensdag 1 Augustus
Ilse Salzwedel gesels met Beyers De Vos oor sy debuutroman Wrok. James Brent-Styan vertel hoekom sy boek Steinhoff en die Stellenbosse boys deur almal gelees behoort te word. FA Venter se Offerland-reeks is pas herdruk, en jy kan luister na 'n onderhoud met hom wat in 1967 opgeneem is. In sy internasionale bydrae gesels Johan Myburg onder meer oor 'n verrassende naam op die Manbooker-prys se langlys.
Woensdag 8 Augustus
Hoe beïnvloed die tydsgees moderne letterkunde? Madelein Rust, die bekende skrywer van misdaadromans, het navorsing hieroor gedoen en gesels met Ilse Salzwedel oor hierdie interessante onderwerp. Izak du Plessis gesels oor sy boek Ralph Heyns: Godfather van die Wes-Rand. Amanda de Stadler van Vriende van Afrikaans (VVA) gesels oor Koop-'n-Afrikaanse-boekdag op 14 Augustus, en vertel ook hoe luisteraars kan betrokke raak by leesbevordering. Johan Myburg gesels in sy bydrae onder meer oor die Not the Booker-prys en die "demokratiese" Nobelprys vir Letterkunde waarvoor lesers wêreldwyd tans kan stem.
Woensdag 15 Augustus
Ilse Salzwedel praat met Joanita Fourie, 'n ervare teksredakteur, oor foute wat skrywers moet vermy. Madelein Rust gesels oor haar nuwe roman Lam ter slagting, en in sy internasionale insetsel gesels Johan Myburg onder meer oor SV Naipaul, die Trinidadse skrywer wat onlangs oorlede is.
Woensdag 23 Augustus
Ilse Salzwedel gesels met die skrywer Jean-Pierre de Kock en die teksredakteur Suzette Kotze-Myburg oor Jean-Pierre se debuutroman Daggaboer. Die ervare redigeerder Joanita Fourie deel nog klein jakkalsies wat skrywers liefs moet vermy, en Johan Myburg gesels oor onder meer Muriel Spark, skrywer van The Prime of Miss Jean Brodie, wat vanjaar 100 jaar gelede gebore is.
Woensdag 29 Augustus
Ilse Salzwedel gesels met Philip de Vos (digter en skrywer) en die illustreerder Piet Grobler oor hulle gesamentlike boekprojekte oor die jare. Dit sluit kinderboeke en ook strokiesprente vir volwassenes in. Joanita Fourie, ervare teksredakteur, deel waardevolle raad met voornemende skrywers, en Dia van Staden vertel waarna boekliefhebbers kan uitsien by die Pretoria Boekejol wat hierdie naweek in Centurion gehou word.
Vers en klank (RSG)
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Augustus op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102
Dinsdag 7 Augustus
Joanie Combrinck lees verse vir, en oor, vroue van alle ouderdomme.
Dinsdag 14 Augustus
Juanita Swanepoel lees verse van Elisabeth Eybers.
Dinsdag 21 Augustus
Marcel van Heerden lees verse van Koos du Plessis.
Dinsdag 28 Augustus
Martelize Kolver lees verse van Jeanne Goosen uit haar bundel Elders aan diens.
Woorde wat weeg
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/
In Augustus het Hambidge die volgende resensie vir Fine Music Radio gelewer:
Wrok deur Beyers de Vos
Versindaba
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
In Augustus het die volgende skrywersonderhoude verskyn:
WL van der Merwe gesels met René Bohnen oor sy debuutbundel, Doodmenslik
Vrouekeur
Willie Burger het gedurende Augustus die volgende resensies en rubrieke gelewer:
4 Augustus
Ken jou storie: Kate Mosse
12 Augustus
Kies ’n boek: Ys deur Rudie van Rensburg en Maybe Esther deur Katja Petrowskaja
19 Augustus
Kies ’n boek: Peet Venter se jongste misdaadfiksie en jeugboekpryswenners
26 Augustus
Kies ’n boek: ‘Slim boeke’
Kommentaar
Ek is op soek na die boek wat geskryf is oor die Afrikaner-nageslag in Argentinië.
Die skryfster woon in Kanada?
Goeiedag! Dalk dink jy aan Maya Fowler se boek Patagonië. Hier is nog inligting: https://www.penguinrandomhouse.co.za/book/patagoni%C3%AB/9781415209288. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder
Wat 'n toeval. Ek sien op Amazon Kate Bester se boek Wie nie waag nie. Ek het 'n "sample" daarvan op my Kindle afgelaai.
My boek, Wie nie waag nie, is voor hierdie boek by LAPA gepubliseer en op Amazon geadverteer.
Gelukkig verskil die stories geheel en al en gaan ek my nou nie hieroor bekommer nie.
Ek het al lankal vermoed skrywers het 'n kollektiewe brein.