Jong lesers: Nicholas Hanlon resenseer Ek was hier deur Nanette van Rooyen

  • 1

Ek was hier
Nanette van Rooyen

Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799354966

Die wêreld van boeke het geen einde nie. Goeie boeke en slegte boeke, dit is alles deel van die lang maar bevredigende soektog vir daardie boek wat jy nie kan neersit nie.

Ek was hier handel oor ’n Kaapse meisie wat begin sien dat vreemde straatkuns in haar buurt verskyn. Maar dit is nie toevallig nie. Sy ontdek dat die vreemde straatkunstenaar op haar verlief is. Dit veroorsaak dat sy ’n kompromis moet aangaan met haar ouers en haar liefdeslewe.

Daar is twee hoofkarakters in hierdie romantiese en geheimsinnig boek: Milan en Frankie.

Frankie is ’n tiener wat in Groenpunt, Kaapstad woon, sy het ’n vriendin (Jana) en hou van Drama (die vak), maar haar hele wêreld word onderstebo gedraai toe ’n gemaskerde straatkunstenaar na Groenpunt kom.

Milan is nie jou tipiese tiener nie. Hy is die nuwe romantiese, maar geheimsinnige seun wat nie maklik vriende maak nie. Hy het ’n moeilike verlede gehad wat hom vandag nog beïnvloed.

Hierdie boek is vol geheime en plaas die leser op ’n emosionele wipplankrit. Dit begin effens stadig maar van hoofstuk vyf af begin die adrenalien vloei.

As jy lief is vir liefdesverhale of net hou van ’n raaisel wat opgelos moet word is hierdie boek vir jou.

Ek gee hierdie boek ’n vier uit vyf. Lekker lees!

  • 1

Kommentaar

  • Avatar
    AthenA Coertze

    Ek was hier is 'n emosionele wipplankrit, Wanneer Frankie se flambojante pa na sy telefoongesprek met Frankie se "Kom we zijn weg" hou die leser asem op en verwag die ergste ...

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top