Kommentaar

Opstokers, Fopdossers en Tweegatjakkalse: ’n onderhoud met Herman Lategan

Anita Marais 2018-09-25 Wat 'n fees om hierdie te kon lees en waardeer. Herman het 'n eiesoortige unieke manier van 'n ding sê en sy siening van die lewe so Herman Lategan – ook eiesoortig en uniek. Ek is mal oor hom.

Tendense in die uitleggeskiedenis van die koninklike amptenaar in Johannes 4:43–54

Emwee 2018-09-25 Ek dink hierdie hele poging is irrelevant in ag geneem dat daar nêrens in die skrywe verwys word na die datum van die Joh-evangelie nie. Meeste is dit eens dat die boek geskryf is ongeveer 120 CE. Dit beteken dat die Joh-figuur nie die evangelie geskryf

Wilna Snyman, diamant van die kunste

Naomi Adams 2018-09-25 Wilma was nog altyd ’n heldin vir my. In 1960 het ons in dieselfde huis loseer in Stellenbosch. Ek het pal ingeval by haar en Ester se kamer. Hulle was die mooiste en "most glamorous" meisies wat ek nog ooit gesien het. Later jare het ek die wêreld ron

Forensiese linguis analiseer anonieme artikel oor die Trump-administrasie

Ernst 2018-09-25 Elke keer wanneer 'n vertaling van 'n bronteks gedoen word, elektronies of andersins, kom daar 'n nuwe outeur aan boord en vervaag die moontlikheid om die oorspronklike outeur se taalkeuses stilisties of stilometries vas te lê en te ontleed. Individualis

Laatoes. Kykweer van ’n kanniedood-koerantman deur Hennie van Deventer: ’n FMR-resensie

Sandra Pretorius 2018-09-25 Ja, ek onthou ook nog Kroniek van 'n Koerantman, en dis duidelik dat as dit nie vir Van Deventer was nie, sou apartheid nooit tot 'n val gekom het nie.

Wiskundevraestel en memorandum (November, graad 5, intermediêre fase)

Karin Dreyer 2018-09-25 Goeie dag. Kan ek asb dringend kwartaal 4 vraestelle (November) kry met memorandums vir Wiskunde, Engels, Afrikaans, LO, Psw, SW (Geskiedenis en geografie), NW (en Tegnologie) Sal dit uit die diepte van my hart waardeer.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Augustus 2018

Annetjie van Tonder 2018-09-25 Wat 'n toeval. Ek sien op Amazon Kate Bester se boek Wie nie waag nie. Ek het 'n "sample" daarvan op my Kindle afgelaai. My boek, Wie nie waag nie, is voor hierdie boek by LAPA gepubliseer en op Amazon geadverteer. Gelukkig verskil die stories geh

Boeke vir leeskringe: LAPA se keuse vir 2019

MIcky Badenhorst 2018-09-25 Opwindend!

Graad 11-wiskundevraestel: vraestel 1

LitNet 2018-09-25 Hallo Gerda, hier is 'n indeks van al die vraestelle wat op LitNet beskikbaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Dit is ingedeel volgens graad. Blaai gerus daardeur om te sien of jy kry waarna jy op soek is. Ons voeg so geree

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Augustus 2018

LitNet 2018-09-25 Goeiedag! Dalk dink jy aan Maya Fowler se boek Patagonië. Hier is nog inligting: https://www.penguinrandomhouse.co.za/book/patagoni%C3%AB/9781415209288. Groete, Naomi Meyer, inhoudsbestuurder

’n Respons op Wouter Gildenhuys se ope brief aan Phumelele Buthelezi oor die toekoms van Afrikaans in skole

Wonder maar 2018-09-25 Ek dink dat hierdie argument nie baie sin maak nie. Dit bepleit eintlik die verlaging van die standaard van onderrig in Afrikaans, maw oor 'n paar jaar het Afrikaans eintlik verswak weens swak onderrig. Dis soos om Wiskunde en Wiskundige Geletterdheid saa

Droomdelwers: ’n Kontreiverhaal wat maklik lees

Leandre 2018-09-24 Weet iemand dalk waar ek 'n refleksie van die boek kan kry?

Die Christelike godsdiens en die “ander”

Mary 2018-09-24 Leon, ek is nie sarkasties nie. As dit vir jou werk, goed so. Die bootjie dryf?

Soek dringend woorde van lied

Retha Homann 2018-09-24 Ek is op soek na 'n liedjie wat hierdie woorde het: "Ek haal die maan en bring dit saam en lê dit saggies voor jou voete neer." Ek weet nie die lied se naam nie en ook nie die sangeres nie.

Afrikaans, wat jy waar kry?

Hentie 2018-09-23 Mensig ...Eerstewêreld-probleme nè. Dit verstom my werklik dat mense dink die wêreld bestaan slegs uit Afrikaans. Of dat daar nie so ‘n ding soos Streeksafrikaans bestaan nie. Van Pretoria tot die Kaap word die taal anders gepraat. Maar nee ... ons s

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Augustus 2018

Mariehetta Matthee 2018-09-23 Ek is op soek na die boek wat geskryf is oor die Afrikaner-nageslag in Argentinië. Die skryfster woon in Kanada?

Boeke vir leeskringe: LAPA se keuse vir 2019

Mariehetta Matthee 2018-09-23 Dankie vir die inligting!

Suid-Afrikaanse erfenis in Nederland: fotogalery 1

Philippus 2018-09-23 Ja-nee, die ou Suid Afrika is dood daar anderkant, lank leef die nuwe!

Henk Serfontein se nuwe solo-uitstalling, Handskrif: 'n onderhoud

Sanette Nel 2018-09-23 Fantasties. Awsome foto's lewer die diep betekenis van menswees en die teken van kommunikasie. Die swart en wit bring die fyner detail uit van karakter. 'n Algehele uitbeelding van mens en hul denke. Die hande wys die gebruik van hulle jare se vakmansskap

die digter is nie doof nie

Ricus 2018-09-23 Jy is n vrou wat vat, jy is n vrou wat raakvat! Baie dankie.

Die laksman se dogter deur Gerda Taljaard: ’n resensie

Andre Scholtz 2018-09-23 Is die rolprentregte beskikbaar?

ATKV-taalerfenissimposium: Djy makie reg’ie

Monn-lee Geduld 2018-09-22 Wow, wat 'n artikel. Ek het so baie geleer, ek het hierdie debat al so lank met Afrikaanse bruin onderwysers.

Forensiese linguis analiseer anonieme artikel oor die Trump-administrasie

Dirk Laurie 2018-09-22 Die skrywer van so 'n anonieme artikel sou natuurlik doelbewus kon probeer om sy kenmerkende styl te verdoesel, deur dit byvoorbeeld met Google Translate na Frans of Duits te vertaal en terug na sê maar Britse Engels, met na elke vertaalstap 'n redigeri

Leeskringe in die Noord-Kaap: Boeke kan lewens verander

Marika van Heerden 2018-09-22 Dis die wonderlikste nuus wat ek in jare gelees het!

Die dood van Sokrates

Lydia Higginson 2018-09-21 Weereens dankie.

Die US draai sy rug op Afrikaans as doseertaal

Jan Breet 2018-09-21 'n Mens moet dit in gedagte hou dat 'n universiteit sy spesifieke gemeenskap ten beste sal bedien. Ek is nie 'n demograaf nie, maar ek glo die oorgrote meerderheid wit en bruin gemeenskappe van die WK se bevolking se huistaal is Afrikaans.

ATKV-taalerfenissimposium: Djy makie reg’ie

Danie van Wyk 2018-09-21 Die swak bywoning van die byeenkoms moet aan die organiseerders se deur gelê word. Plaaslike organisasies binne die Afrikaanse gemeenskap was nie geken in die beplanning van hierdie belangrike geleentheid nie.Ek hoop die ATKV het hul les gekeer.

ATKV-taalerfenissimposium: Djy makie reg’ie

Johnnes Comestor 2018-09-21 'n Kernsaak wat van dringende belang vir die voortbestaan van Afrikaans is, is volgens hierdie artikel nie (direk) aangespreek nie. As ons wil hê dat Afrikaans as 'n eiesoortige taal naas Engels oorleef, moet daar met 'n veldtog begin word om Afrikaans s

Die Christelike godsdiens en die “ander”

F C Boot 2018-09-21 Kort en Kragtig. Christus het bestaan en is die Skepper van ons heelal soos dit in die Bybel aan elke leser geopenbaar word. AS Christus nie bestaan het nie en nie gesterf en opgestaan het nie, lewe elke gelowige mens in 'n gekkeparadys en is die beloft

Rockbottom

Carma Shaw 2018-09-21 Baie dankie, Adri. Ek is bly dat jy die vers geniet het. Ek waardeer jou kommentaar.

Amanda Strydom se lied aan Johannes Kerkorrel

Mornay 2018-09-21 Sjoe dis 'n baie mooi gedig Amanda. Ek dink elkeen van ons het so iemand waarna ons verlang. Dit roer die hartsnare.

Chemoterapie: dis die realiteit

Elhaam 2018-09-20 So waar as God dis die daaglikse stryd. Sterkte maatjie ons stap saam die pad.

Chemoterapie: dis die realiteit

Alicia 2018-09-20 Met God aan jou sy geanker in jou geloof jou familie langs jou hoop agter jou en die motivating van jou hele lewe wat voor jou lê is daar hoop. Altyd met jou Pennie <3

Leeskringe in die Noord-Kaap: Boeke kan lewens verander

Alta Cloete 2018-09-20 Fantasties, Anzil!

Die Christelike godsdiens en die “ander”

#Kort&KragtigeKommentare Krimpvarkietjie 2018-09-20 Geagte F C Boot en Angus, Oorweeg asseblief om elk volledige artikels in LitNet te publiseer om u standpunte deeglik en gemotiveerd te stel eerder as om met mekaar ellelange debat in LitNet onder die vaandel van "Kommentaar" te voer. Of beter, nooi m

Fragmente oor die Hanekam

Sareta Beer 2018-09-20 Ons plaas se naam is Kammievlei! Ons woon in die stad, maar vlug naweke daarheen om presies dít te ervaar. Ek sien die vuur in my geestesoog en getuig van skilderagtige verhale wat in die vuur se hitte vertel word.

Chemoterapie: dis die realiteit

Sy sussie 2018-09-20 Soveel liefde vir jou Pennie! Ons staan elke liewe dag agter jou en sal berge versit vir jou <3 Onvoorwaardelik lief vir jou.

Boeke vir leeskringe: LAPA se keuse vir 2019

Monica Hammes 2018-09-20 Baie dankie vir hierdie waardevolle inligting. Ek sien ook uit na die ander uitgewers se voorstelle.

Graad 11-wiskundevraestel: vraestel 1

Gerda 2018-09-20 Waar kan ek seblief Gr11 Tegniese Wiskunde vrae en antwoordstelle kry?

Rockbottom

Adri Weilbach 2018-09-20 Mal hieroor en die dieper betekenis. Hou ook van die herhaling van "miskien". Dit heg die strofes saam en die rympatroon is effe weggesteek. Lekker ritmiese verse en heel singbaar.
Top