Is jou konsep van God nie nog in die “totale aanslag era”-godsdiens, met Satan as “terroris en kommunis” nie? Hoe sal jy jou “God” nou plaas in die menseregte-kultuur van die handves van fundamentele regte in SA, maw hoe gaan jy jou “woord van God” demokratiseer tot ’n menseregte-God? Jy sien, dis diè dilemma van kerke en sg gelowiges in SA tans. Jy kan tog nie meer mense met die “banvloed” van veroordeling en verbanning tref, terwyl baie dinge “ontban” is in demokrasie van menseregte, oa vryheid van keuse en assosiasie en geslagsgelykheid, met hoorsê mites van Joodse Bybel nie. Geloof in Bybel het in die SA-samelewing ’n turksvy geword vir die teoloë. As jy Paulus se “vrou jy moet jou man onderdanig wees” af forseer op ’n SA-vrou, pleeg jy gesinsgeweld in een of ander vorm! Dus, plaas jou geloof wetlik vir ons in 2012 SA, as jy nog ’n geldige punt wil maak oor Joodse tradisies in ’n demokrasie soos SA.
Hans Richardt


Kommentaar
Wat beteken die frase "om met die banvloek tref"?