Bijn ons gek te weise?

  • 7

Ek sit partykeer en dink, ek sit ook partykeer net. Ek luister en lees wat die mense in ons land van mekaar en oor mekaar praat en sê. 
Ek verwys hier pertinent na die "politici/aasvoëls". Dit stem mens tot onrustigheid of selfs moedeloosheid. Waar en wat gee party mense die reg om so met ander en oor ander mense te praat. Dit is aan die orde van die dag om opruiende toesprake en uitsprake te maak en lig daarvan af te kom. Ons, ek inkluis, is vuisvoos om met die verbale aanslae saam te leef.
My vertroue dat die meerderheid van die volk nie almal soos die politici is nie, is so week of wat gelede bevestig.
Hier in ons dorp is daar 'n handelskou waarna allerlei klein sakeondernemings genooi is. Ek en my funksionele alkoholis-vennoot kom toe agter ons is 'n dag te vroeg. Aangesien ons in die omgewing is hoor ons van 'n ander handelskou, die keer "Bemagtiging vir vroue". Ons skuif toe oor soontoe. Daar aangekom stap ons die lokaal in. Ons is die enigste twee wit mans tussen die horde smaakvol geklede dames. Almal sit om ronde tafels. Kelners hol rond en sit borde kos op die tafels neer. Die honger val my ook aan en ons plak ons by 'n tafel neer waar daar 'n opening was. Ons stel onsself toe voor aan die dames. Ons word gul genooi om ons tuis te maak. Ons kuier en eet lekker saam. Ons maak ook toe sommer vriende met die besigheidslui en ruil nommers uit. 
Nadat ons daar uit is val dit my by dat daar nog redelike hoop vir die land met sulke gesindheid kan wees. 
Ons, almal, wit en swart, moet ophou met beuselagtighede en aangaan met ons lewens. Die pers moet ook baie skuld dra vir die gesindhede tussen die mense. Daar is volgens my 'n subtiele indoktrinasie van die massas se mening jeens mekaar. 
Nou die dag praat ek met iemand oor die multinasionale maatskappy wat onlangs opslae veroorsaak het agv sg ouditeursverslae wat nie ingedien of foutiewelik afgeteken is. Die saak kon maklik hanteer gewees het indien die pers nie daarmee op hol gegaan het en paniek gesaai het nie.
Ons moet baie versigtig met persvryheid omgaan. Dit is 'n "basiese mensereg" mits dit met verantwoordelikheid, volwasse en versigtig hanteer word. 
Ek laat dit maar daar.
Reusedwerg

  • 7

Kommentaar

  • Tiens Pretorius

    Ek is dit merendeels met jou eens, ou Dwerg. Alles is 'n gemors en die pers dra ruimskoots by tot die chaos.

  • George Bekker

    Bartemaeus, ek wil jou gelyk gee. Het al dikwels in die spieël gekyk en ek is nie wit nie. Tot 1994 het ons van blankes gepraat en toe begin die ANC na wittes verwys en almal val sommer daarby in. Jy som die saak korrek op. Om sekere ouens gerus te stel kan hierby gevoeg word dat dit gewoonlik nie nodig is om na ras te verwys nie.

  • Ek is so bly jy't nie weer aanbeveel dat ons moet handevat nie; of moet versoen nie. Versoening voorveronderstel vyandskap en dié was daar nooit gewees in die vorige bedeling nie. Gedurige oproepe tot 'handevat' en 'versoening' is subliminale propaganda - dit skep 'n kloof wat nooit bestaan het nie.

  • Jan, mens moet ligloop deesdae. Sê jy net iets verkeerd en jou brief word nie geplaas nie. Ek hou daarvan om bos by die klip te gooi. Ek is nie baie ingenome met die polities korrekte spul nie. Die woord versoen beteken eintlik vir my jy soen nie jou vrou nie maar soen die buurvrou (ver soen).

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top