Skryfkompetisie: Tyd

  • 10

In die openingstoneel van die film Collateral beauty sê Will Smith se karakter, Howard: "Love, time, death. Now these three things connect every single human being on earth. We long for love, we wish we had more time and we fear death."

Skryf ’n gedig met tyd as tema en kom in aanmerking vir een van drie kontantpryse.

Lees hier van die inskrywings wat tot dusver ontvang is.

Reëls:

  • Slegs een inskrywing per persoon
  • Jou inskrywing moet in die vorm van ’n gedig wees.
  • Die gedig se titel mag nie "Tyd" wees nie. Oorspronklike titels word aangemoedig.
  • Deur in te skryf stem jy daartoe in dat jou inskrywing op LitNet en LitNet se sosialemediaplatforms gepubliseer mag word, alhoewel LitNet die reg voorbehou om nie alle inskrywings te publiseer nie.
  • Jou inskrywing moet jou eie oorspronklike werk wees en mag nog nie voorheen elders verskyn het nie, insluitend op sosiale media.
  • Jou inskrywing mag in enige van Suid-Afrika se amptelike tale wees.
  • Die beoordelaars se besluit is finaal en daar sal geen korrespondensie oor die uitslae gevoer word nie.
  • Die sluitingsdatum is 26 Oktober 2018.

Hoe om in te skryf:

Stuur ’n e-pos met die onderwerp "Inskrywing: Tyd" na tyd@litnet.co.za wat die volgende bevat:

  • Jou naam en van
  • Jou posadres en telefoonnommer
  • Jou skryfstuk (in die e-pos self of in ’n afsonderlike Word-dokument aangeheg).

Pryse

Drie kontantpryse van R500 elk is op die spel.

  • 10

Kommentaar

    • Beste CJ, jy mag deelneem, maar indien jy een van die wenners is, moet die prysgeld in ’n Suid-Afrikaanse bankrekening gedeponeer kan word. Vriendelike groete, Liné Enslin, Assistentproduksiebestuurder

    • Hallo Amelia, daar is geen lengtebeperking nie. Vriendelike groete, Liné Enslin, Assistentproduksiebestuurder

  • Kan julle nie dalk hierdie inligting in Engels ook beskikbaar maak nie? Aangesien die kompetisie oop is vir enige amptelike taal ...

  • Wie dit mag aangaan.

    Ek sien die reëls staaf dat jy nie 'n gedig mag gebruik wat op sosiale netwerk verskyn het nie. Sluit dit persoonlike Facebook blad in met bv 'n gedig ter nagedagtenis aan iemand?
    Groete

    • Hallo Gwen, ongelukkig mag die gedig ook nog nie op Facebook verskyn het nie. Enige vorm van publikasie vorm deel van daardie reël. Vriendelike groete, Liné Enslin, Assistentproduksiebestuurder

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top