Mediese navraag: Wie kan help?

  • 19

Hallo, ek moet dringend navraag doen oor 'n ding: My suster se bors is groot en seer by haar tepel en as sy druk, kom daar groen melkwater uit. Wat kan dit wees?

Dankie, Madaleen

  • 19

Kommentaar

  • Wat is die oorsaak dat as ek wakker word na nagrus my bo- of onderlip geswel is? Ek is gesonde persoon met as reël lae bloeddruk. Dit gebeur al hoe meer en swelling vererger maar verdwyn na rukkie nadat ek wakker is?

  • Wil graag uitvind - het hoë bloeddruk en neem gereeld my pille voorgeskryf - maar my ore suis geweldig, so erg dat ek van tyd tot tyd van balans af is - mond raak erg droog - iemand skryf dit toe aan hoë vlak van stress - kan u asb raad gee - nogal ongemaklik om heeldag 'n gesuis in jou ore te he - hoor ook moeilik  - dankie baie.

  • Ek het die probleem dat my oor snags vorentoe gevou word deur die kussing. Smorens word ek wakker dan is hy aan my wang vasgeplak. Ek het al allerhande soorte pille daarvoor gebruik, maar niks wil help nie. Het iemand raad daarvoor?

  • Reinette swart

    Goeie dag. My huishulp sukkel met erg swellende enkels en voete. Sy loop ook nogal ver elke dag. Wil net weet waarvoor die volgende medikasie is wat sy by die kliniek kry, want hul verduidelik maar min daar. Dit is Ciplavasc, Pharmapress en Ridaq. Sy sê sy het hoë bloeddruk. Is al die medisyne regtig nodig?

  • Arloma Fourie

    Ek wil net weet di dr se my kleinkind het n rounded shape heart en sy sagte plekkie op sy koppie is nog ni toe ni hu is 2jr oud enige iemand met so ondervinding?

  • More wil net weet wat veroorsaak long-emfiseem. Kan dit net rook wees of dalk as gevolg van werk ondergrond? Baie bekommerd.

    • Rache' Flemming

      Goeiedag,
      Ek is vir ses weke op Mylan Indapamide, 2,5mg, 1x soggens. Ek ervaar dat my visie soms dof is wanner ek lees of tv kyk - kan dit 'n newe-effek van bg medikasie wees?

  • My kleinseun is 10 jaar oud, gesond en aktief. As hy 'n seerplek op sy vel kry word dit nie gesond nie, dit word net erger en groter, later septies. wat is die problem en hoe genees ons die skrape?

  • My man het driedubbele hart-omlyning gehad vier weke terug. Hy sukkel met erge naarheid wat net nie wil wyk nie. Nie elke dag nie, maar so elke tweede, derde dag. Wat kan hy doen? Hy het so maer geword, help asb.

  • Hello my dogter wil microblading (wenkbroue) laat doen maar bloei te veel. Sy is op ciplavasc, ridaq en pharmapress. Kan sy die ridaq en pharmapress los vir 'n paar dae voor die prosedure?

  • Hoop iemand kan help. My pa (75) is 'n diabeet, cholesterol en hartleier. Ek is op soek na iemand wat aan dieselfde hartsiekte lei wat my dalk kan help met 'n weeklikse spyskaart asb.

    Baie dankie

  • Kan iemand help. My man het n rezotomy gehad toe 'n rug-operasie. Nou swel hy vreeslik; het geen gevoel in sy regterbeen nie. En soms is hy rooi soos hy swel ook sy lyf. Ek's bekommerd. Help asb.

  • Ek is 60 jaar oud en het ’n seerplek vir die afgelope 7 maande op my been onder die knie wat nie wil gesond raak. Het al antibiotikas gebruik, maar dit help nie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top