F C Boot2020-05-15Beste Angus
Dit is natuurlik nou die kol waarin die kerk die wetenskap wat jy so hoog aanslaan help bevorder het in Europa se donker tye. Nou kom jy en maak die RK kerk sommer twee kerke, wat weereens aandui dat jy geen benul het waarvan jy praat nie.
H
Anina Roux2020-05-15Ek is oortuig daarvan dat dit ’n eerlike en ongelukkige fout is. Lizette Rabe se integriteit is onaantasbaar, daarvan kan ek getuig.
Raed-na-Gael2020-05-15Reusedwerg,
Of hulle kan ’n UFO aftrek en ET opdrag gee om, soos hierbo gevra, die virus met iets te versmoor. En Astra lees net die “sterrevoorspel”.
Raed-na-Gael
Angus2020-05-15Beste FC Boot, ek weet ek is die kol, maar jy het nie die kol raakgesien nie, slegs die buitelyne van die skyf. Die oprig van skole en hospitale en die onderhoud daarvan het niks met religie as sodanig te maak nie. Die Roomskatolieke kerk soos hy was en s
Margaret Cordier2020-05-15Baie dankie H. Verbeek!
Dit is lekker om van jou te hoor uit Holland en om ons gesamentlike liefde vir die Afrikaanse taal op hierdie platvorm te kan deel. Sterkte ook vir julle in die isolasie tyd.
Reusedwerg2020-05-15Mnr Rigter, ek gaan nie reageer op jou vraag of bewys wat ek moet lewer nie. Indien ek enigsins iets wil of gaan sê sal jy die oorsprong/wetlikheid/egtheid en wat ook al daaroor 'n relaas lewer. Ek het in 'n huis grootgeword waar daar nie oor Godsdiens
Johan Cloete2020-05-15Jan se fyn keuses van inligting wat geselekteerd op 'n bewustelik ekonomies (selfs gestroop) deurgegee word maak hom 'n knap kortverhaalkunstenaar en pas perfek by die onderwerp van mense wat fyn trap om gebeure en onderwerpe wat hulle eintlik nie durf by
F C Boot2020-05-15Beste Angus
Jy is so in die kol met jou laaste sin en dit is om die rede dat iemand dit goed gedink het om die volgende op die web te publiseer:
"The relationship between science and the Catholic Church is a widely debated subject. Historically, the Cat
Francois Lion-Cachet2020-05-14Ek hou van "nie-rassisme" in plaas van "nie-rassigheid" – ek dink dit is meer in lyn met Suid-Afrika se realiteit in 2020.
Raed-na-Gael2020-05-14Hans,
“Black Horse” – dis hy, net so hard geskop, net mànne kom hom aanvat. Hy’t in ’n lapsakkie wat met toutjie toegetrek word, gekom.
Daar was tegniek aan verbonde, terwyl in die geselskap:
1. Zip verslete pypsak oop en haal uit. Klop vor
Eep Francken2020-05-14Dankie vir hierdie boeiende oorsig!
Lees gerus ook "De zaak 40/61" van Harry Mulisch, wat die Eichmann-proses bygewoon het. Met die insiggewende kritiese beskouing van H.A.Gomperts, in sy boek "Intenties".
Vertalings van Mulisch se boek is in Engels ("
Johannes Comestor2020-05-14"Museums vir gelykheid: diversiteit en inklusiwiteit." Museums word voorgestel as instansies wat as versoeners en brugbouers moet funksioneer. As daar Eurosentrisiteit by 'n museum is, moet dit glo hersien word. Ek vind die onverbloemde politieke aktivis
Kate Bester2020-05-14Baie dankie hiervoor, Aucamp se woorde laat my dink aan die filosoof Heidegger se teorie oor Seinsvergessenheit, of "the forgetting of being".
H.Verbeek2020-05-14Ek is van Holland, ek is vele male in Suid-Afrika gewees. Ek woon in Holland.
Ek het getrag een biekie Afrikaans te leer. Die gediggie is baie mooi.
Die sfeer is mooi weergegeef.
Hilda (Alta) Smit2020-05-14Goeiedag,
Ek sukkel regtig om die inskrywingsvorm vir die RSG/Sanlam Radiodrama-skryfkompetisie op te spoor. Kan iemand my help asseblief en vir my e-pos?
Baie dankie.
Frank Graham2020-05-14Jaco ‒ jy is 'n dapperder man as ek. Ek sou nóóít so "avontuur" wou onderneem nie. Ek het 'n paar jaar terug net so 'n verslag in 'n bank se jaarblad gelees, een deur 'n swart joernalis geskryf. Sy ondervinding was haglik, met 'n oorvol trein, dronke
Charles2020-05-14Ek stem saam Hans, Akademia is die openbare universiteite ligjare vooruit!
Wie wil nou aan 'n "politiese" en - a.g.v. die koronavirus - "gebroke" instansie met allerlei probleme gaan studeer, indien jy moeiteloos en met uitnemende tegnologiese bystand
Gustaf Claassens2020-05-13Ah, 'n vars bries!! Meer op die man af (wel steeds versigtig want mens weet nie waartoe die spulletjie met nuwe mag in staat is nie) en nie net lofprysings vir iemand wat in die duurste pak klere presidensieël lyk wanneer hy toesprake wat vir hom geskryf
Dirk Rigter2020-05-13Reusedwerg,
Siende dat jy aan die uitverkiesing glo, gee asb. vir ons 'n kort sinopses van die uitverkiesingsleer, veral Johannes Calvyn se doktrine van "dubbele uitverkiesing".
FC Boot,
Ek wag nog vir jou kort antwoord op my vraag hierbo.
Celeste2020-05-13Ek het Die Seders van Libanon werklik geniet. Ek was spyt toe die boek klaar is. Min dinge is voorspelbaar. Baie eerlike en opregte boek.
Hans Richardt2020-05-13Die 11 miljoen rokers moet ophou omdat ANC Bevelsraad na Grendelstaat nuwe rookvrye en nugter SA, tot die dood wil belas en besteel?
Klink na kommunisme vir my en iets soos Moa se kultuurrewolusie! Die jonges maak hul eie keuse.
Erken darem dit, jy mis