
Foto: Pixabay.com
Haar yskas en stoof
het sy oranje gekleur,
die kombuis se mure
– bottergeel en room;
smôrens die gordyne wyd oopgetrek
en sonnestrale deur ruite laat stroom.
Hoe lig kan die dae wees,
het sy gedink
terwyl sy bloeisels rangskik
en vonkelsap drink.
Buite in haar tuin
was vlinders aan’t vlinder
oor blare en groeisels
wat rits op die winde.
Maar sy ken reeds dié voorspel,
ook die doodsnik wat kom –
in die vou van die winter
sterf die somer se blom.


Kommentaar
Baie dankie vir die plasing, LitNet. Ook dankie vir die besonderse foto.
Ek is verslaaf aan Carma se digwerk. Van die eerste oomblik tot nou. 'n Paar jaar later was ek nog nooit teleurgestel nie. Meesleurende taal. Diep gevoelde emosie en sensitiewe natuurbeelding maak haar 'n digter wat uitstaan bo talle bekroondes. Sy is in die natuur en die natuur in haar en sy gee dit weer met versigtige nabyskote.
Groot dankie vir jou ondersteuning en kommentaar, Fanie. Dit beteken oneindig baie vir my.
Pragtig, Carma!
Hallo, Cornien. Baie dankie ☺️