Carma Shaw

Ek woon reeds sedert ek agt jaar oud is in die Wes-Kaap. Ek het my skoolloopbaan voltooi aan Hoërskool Strand. Daarna is ek na die Universiteit Stellenbosch, waar ek ’n BSc Hons in natuurbewaring verwerf het.

Tans besit en bestuur ek my eie klein kwekery in Brackenfell, waar ek ook al die afgelope 27 jaar woon. Ek is lief vir die buiteluglewe en ons gesin probeer so dikwels moontlik deur Suid-Afrika reis.

Ek het in 2012 begin met die skryf van gedigte. Dit is ’n stokperdjie wat ek werklik baie geniet. My werk kan gelees word op INK, www.ink.org.za. Ek plaas ook my gedigte op my persoonlike Facebook-blad. In beide 2016 en 2017 is ek aangewys as INK se digter van die jaar en in 2017 het ek ook INK se Tweede Groot Skryfkompetisie gewen. Ek was ook die algehele wenner van die GHA se 11de bloemlesing-digkompetisie (2016).

Ek het reeds twee selfgepubliseerde digbundels die lig laat sien: Kopermaan tot spikkelpelikaan (2015) en êrens op ’n ander plek (2018).

Die man wat my liefhet

Carma Shaw Poësie 2020-05-20

"Die man wat ek liefhet 
staan op rotse waar swarttobies wei; 
hy laat sy blik oor wye waters gly 
en iewers (waar storms oor die diepsee woed) 
saluut ’n albatros verby."

Kwart oor somer

Carma Shaw Poësie 2020-05-20

"Maar sy ken reeds dié voorspel, 
ook die doodsnik wat kom – 
in die vou van die winter 
sterf die somer se blom."

Anderkant hierdie hede

Carma Shaw Poësie 2020-05-19

"En in my land van drome 
sal ek ontvlug uit hierdie hede 
om (in toekoms of verlede) 
jou op dáárdie plek te vind 
waar jy glimlaggend vir my wink."

Oor Pearly Beach (’n brief aan Shirley van Engeland)

Carma Shaw Poësie 2020-02-04

“Elke mens moet ongeskoen
oor só ’n strand kan wandel”

Land van vlam en vuur

Carma Shaw Poësie 2019-10-30

“En met my twee naakte hande
wil ek elke droogte in jou breek”

Vrouedag-skryfkompetisie: ’n Psalm vir my ma

Carma Shaw Skryfkompetisies 2019-08-25

LitNet se Vrouedag-kompetisie – Gedig deur Carma Shaw: 

"Want jy is soos ’n veldblom met geurige nektar
geurig is jy, soos heide wat nimmer verwelk."

Monumentaal

Carma Shaw Poësie 2019-05-06

"En sonder hamer, sonder beitel
vind sy die krake tussen klip;
sy laat haar woorde en haar weelde
na nuwe wêrelde ontglip."

Heilige ibis

Carma Shaw Poësie 2019-03-06

Sy steek haar kop deur rook en mis
en vly haar skoonste lig oor roet en as –
dáár
waar net gister nog, die helse vure was.

Rockbottom

Carma Shaw Poësie 2018-09-20

"En ’n hart wat nooit die dors leer ken nie,
sal ook nóóit na laafnis smag nie."

Fyn – soos fynbos

Carma Shaw Poësie 2018-09-05

"Daar is fynbos in jou arms
en jou vel is soos ivoor."

Soos een wat op verlossing wag

Carma Shaw Poësie 2018-05-02

"sy roep die winde met haar laaste asem
en smeek hul om die wolke
en die storm te gaan haal"

Top