Vrouedag-skryfkompetisie: ’n Psalm vir my ma

  • 2

Ma, die woorde uit jou mond
is altyd soet – soos die fynste suiker
soos heuning – elke gedagte uit jou hart.

Al swerf ek oor die hele aarde heen
al sou ek elke huis en ruimte verken –
nêrens sal ek jou gelyke vind nie.

Want jy is soos ’n veldblom met geurige nektar
geurig is jy, soos heide wat nimmer verwelk.

Jou stem is teer en klank net liefde
soos sagte liefde klink dit as jy praat.

Ma, die woorde uit jou hart
is soet – soos fynbosheuning
soos fyn wit suiker
is al die woorde uit jou mond.

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top