
Fotobron: Pixabay
Na aanleiding van Petrus Miggels wat in Ravensmead ná arrestasie ’n week voor Paasfees aan hartversaking gesterf het, aldus ’n verklaring wat uitgereik is. (Gepubliseer deur Viewfinder en GroundUp)
in Ravensmead gaan duiwe dood
in die dag
en die mense lag vir borstortels wat bloei
en meer god raak tussen wit vere
maar ’n janfrederik en ’n kraai
het die dons in Carnation Road gesien
en al die name van god
vlakte toe gebid
en in standaardkaaps begin sing
want die pakplek in sy koffer
was ’n rooi psalm:
hy’t wit gekom
hy’t wit gekom
vrees dan nou maar eerder die narratief
van die son wat nou halfmas hang
oor die grys gedissekteerde graf-ellipse
oor Ravensmead
en die post scripta van die tortels
wat weer soos kraaie sal uitroep. so.


Kommentaar
Absoluut aangrypend, liewe Berdéhan! Ek het gister twee duiwe in my agterplaas gevind: dood. Die boodskap is tegelykertyd angswekkend en hoopvol. Wat die leser hier in jou gedig terug sal vind, is dit wat in sy of haar eie binneste sterf en leef. Baie dankie vir die plasing, wat profeties tot my dring.
Skitterend!
Puik. 'n Plesier (en uitdaging) om te lees.
Hierdie gedig is so fyn en mooi geskryf, sodat die donker daarui vleoi, en lesers dit eindelik in hul eie lywe voel bloei. As digter bereik jy hiermee iets hemelsmooi, meneer Brand... Jy kan en moet asseblief aanhou dig!
'n Absolute raakvatgedig wat deur vel en been dring on aan die siel te kom ruk!
Waardeer.
Dis ongelooflik geskryf, een van jou bestes ooit!
Jy baat daarby om neer te skryf wat jy wil sê voordat dat jy groot woorde en beelde sonder verband bymekaar gooi
“borstortels wat bloei
en meer god raak tussen wit vere”.