Hoephoepieland – tien omgeestories met hart deur Ronél van der Watt: indrukke en ’n onderhoud
2021-02-18"Stories kan kinders se kennis van en respek vir verskillende kulture en lewensomstandighede bevorder. Só kan ons mekaar leer ken, vertrou en verhoudinge bou."
Gee jy jou tiende?
2020-10-08"’n Leraar het my ’n paar jaar gelede versoek om my naam op die offergawekoevertjie te skryf vir administratiewe doeleindes."
Geloofsclichés: Het die Here vir jou gesê?
2020-09-15"Heeltemal stupid is ek darem nou ook nie. As voormalige teologie-student en gekwalifiseerde traumatoloog en berader het ek darem so ’n bietjie kennis gedra van God se karaktereienskappe en besef dat die moer in die kerkdeur van die geslote gemeenskap een of ander tyd sou strip. En dit het."
Kleur
2020-08-19"die maan het rooi gaan lê oor kimberley se gat
en ons het gedwaal in die spirale van die stad
nes die reëlmaat van jou ribbekas
note uit die savoy swart op jou weinig wit ivoor
’n dialek gemoduleer het"
Lesersindruk: Worteltoon gaan jou vang deur Laantie le Roux
2020-08-03"Die boek sal vir seker ’n aanwins wees vir skole. Dit bied ruimte vir interpretasie, selfondersoek, groeplees, gedeelde lees, voorspellings, menings wat beredeneer kan word, ’n visuele skatkis vir interpretasiedoeleindes, identifikasie, die verwantskap tussen oorsaak en gevolg, begripsontwikkeling en dan die belangrikste aspek ̶ om ’n liefde vir lees te ontwikkel."
Só lyk die Wiskunde-kurrikulum vir die res van 2020: ’n gids vir ouers
2020-07-27"Met dit in gedagte kan die opvoeder en ouer duidelik uit die tabelle identifiseer watter areas nie gedek sal kan word nie. Ouers kan dan veral inskerping doen tov die modules wat ’n jaar moet oorstaan."
Onderwysers met komorbiditeite: die feite en die publieke mening
2020-07-23"Die vraag kan wel gevra word of die siektetoestand van sekere onderwysers werklik ’n kwessie is wat deur die Onderwysdepartement aangespreek moet word, of sou dit dalk meer sinvol wees as dit deur die betrokke skool self hanteer word?"
Nog net een ding, Meneer …
2020-07-10"Dis asof die dag met my gekskeer, my koggel, my uitlok. Kwart-voor-agt en die buitetemperatuur is 34° Celsius. Dit help ook nie ek peuter aan die lugreëling nie – Laika blaas net warm asem uit."
Fynskrif
2020-07-02"Pa het niks geweet van copy en paste nie:
van sy paternoster
tot gannabos en kokerwoud
was hy bloot ’n kompas"
Honourable discharge – José se riem
2020-06-11"Hy wikkel sy arms en kyk na die boeie wat sy polse vasklem. José Duarte, sestienjaar oud. Poging tot moord. Eerste oortreding. Graad tien. Verwys na Tokai-verbeteringskool. Twee na drie jaar. ’n Relatiewe standaardverwysing, dink ek."
Dan eers sal die klippe uitroep
2020-05-26"want tobies
sal éérs die fynskrif lees
voordat die aarde weer kan asemhaal"
Lockdown death
2020-05-19"in Ravensmead gaan duiwe dood
in die dag
en die mense lag vir borstortels wat bloei
en meer god raak tussen wit vere"
Lesersindruk: Die agste dag deur Ockie Strydom
2020-04-24"Die werklikheid van die COVID-19-pandemie het my aandag op hierdie bundel gevestig, nie omdat die pandemie as sulks daarin aangeroer word nie, maar omdat die verlies van vryheid en ook menslike verlies blatant en sonder huiwering aangespreek word."
