
Fotobron: Pixabay
Die bek van ’n dooie albatros
is ’n eksegese vir doofstom gelowiges:
dooie voëls kan nie vlieg nie
kormorante kan nie bloei uit skedelkelpe nie
branders kan nie geoes word nie en
vangste gerf nie self nie
want tobies
sal éérs die fynskrif lees
voordat die aarde weer kan asemhaal


Kommentaar
Wat 'n pragvers. Mal oor die verskuilde beelde.
Goeie werk, Berdéhan.
Baie dankie Caren en Carma.
Profetiese puik digwerk!
Hermeneuties in sy m%#r. Uitstekende vertolking van ’n verdoemde aarde... as ek reg is?
Dankie. Ja Andries. Korrek.
Uitstaande vasgevang