Haar hande was harp en anys,
’n dag-tot-dag survival case
en haar oë was die kamers ’n speelplek en
vreemde gesigte
elke keer
as sy die maand met haar hande ontgroei het
was haar oë donkermooi
’n yster-kliphuis
en haar dans ongenaakbaar –
want sy het alleen gedans.
Kombuisgoed het vir haar mens geword
om alles te kook en te knie
en haar menu sonder eetgerei voor te sit.
Sy was mý huis,
maar haar hart ’n grenslose takeaway



Kommentaar
Dié is LIEFLIK!!!
'n Gedig vol sintuiglike lieflikhede en erbarming. Welgedaan!
Baie mooi. Hoop om meer van jou werke hier te sien.
Dankie.
Briljant!
Teer en sterk; dit is die onvernietigbare besing.