
Fotobron: Canva
Fynskrif
Pa het niks geweet van copy en paste nie:
van sy paternoster
tot gannabos en kokerwoud
was hy bloot ’n kompas
en ’n immergroen ghoen wat my bioom,
selfs later in braille sou soek as
sy bors saans die gloeikool van die dover was ̶
my ysterklip en antrasiet en
ma-goed se makataan en sagte mosbeskuit,
die fynbos in haar ingeduikte kruik.
God.
toe hy vir my sê ̶
sing vir my breyten se brief
en lees koesnaatjies vir die proe
want selfs hillbrow se strate
en alles wat stoepsit en kwaad is,
bly stom:
stilte is die gees se verset –
die woord is volbring
dié retoriek
was die gefrankeerde god van hom.
in mý sloep?
Gód?
*Hilbrow – Johannes Kerkorrel
*Koesnaatjies vir die proe (met verwysing na die publikasie van Joan Hambidge)
Lees ook:


Kommentaar
Uitstekend! So sekuur! Diepmooi Berdéhan Brand!
Berdéhan Brand -- ons applousbriewe @ inboks Afrikaanse Woordkuns.
Dankie vir jou uitnemende werk as Afrikaanse woordkunstenaar.
Briljant!
Ek waardeer die terugvoer. Dankie.
Uitstaande, knap gedaan.