Geloofsclichés: Het die Here vir jou gesê?

  • 88

Foto: Pixabay

So bevind ek my wéér in ’n gesprek waar iemand vir my sê: “Die Here het vir my gesê ...” en dit voel my my hare rys op plekke waar daar nog nooit hare gegroei nie – nie omdat ek ’n heiden, antichris of agnostikus is nie; inteendeel. Ek is ’n dedicated Christen, maar dit het my nog nooit op dié vlak gebring waar die Here vir my iets “sê” nie.

’n Paar jaar gelede het ons platteland toe gevlug om weg te kom van die stad se geraas en rumoer. My herinneringe aan die platteland was goed. Die kerk was die spilpunt waarom die gemeenskap gedraai het. Ná kerk is daar gewoonlik gekuier. (Kuier het daardie tyd tee, koffie en tuisgebakte beskuit beteken.) Die woorde omgee en gasvryheid was deel van ons daaglikse bestaan. Grootmense was grootmense en kinders was kinders, en dit was goed.

Met dié mooi herinneringe het ons gedink dat ’n toekoms op die platteland dieselfde vir ons sou inhou en dat ons ook ons kinders uit die huis sou stuur met ’n ongerepte agtergrond.

Met die verloop van jare het selgroepe ontstaan. Per definisie is die hoofdoel van ’n selgroep tog om as gemeenskap die liefde van God in die samelewing so uit te leef sodat ander hom ook as Vader en Verlosser sal leer ken. ’n Selgroep is nié ’n afgeslote groepie wat God se visie misverstaan en nie ander toelaat om by hulle in te skakel nie – met ander woorde nié ’n kliek nie, het ons verstaan. En ons wou ook by so ’n groep inskakel. Wat is die lewe op die platteland dan nou as jy nie eers jou buurman ken en die vrymoedigheid het om sonder afspraak oor te stap vir ’n geselsie nie? Platteland impliseer tog plat, nederig, aards. (My pa, ’n Kalahari-Upington-Pofadder-kind, het ons altyd mooi laat verstaan dat ’n mens “grond en sand” is; hy was ’n regsgeleerde wat geen waan of hoogmoed verduur het nie.) Geestelike hoogmoed was ook nie in sy verwysingsraamwerk nie.

En so klop ons toe aan by ’n bestaande selgroep – Grondkinders. Ek het so ewe aangeneem dat ons verwelkom sou word. Helaas, na beraadslaging onder die lede, is ons meegedeel dat die Here nie vir hulle “gesê” het dat ons by hulle mag inskakel nie. (Ek het my pa se woorde onthou – ons is grond en grond moet ons bly.)

Om die minste te sê was ek erg bedonderd.

Met die aanklop by ’n tweede selgroep was die wegwysingsrede niks minder nie as die Here wat vir hulle gesê het dat ons nog nie “gereed” was om by hulle in te skakel nie. Daar was glo ’n geestelike vlak waaraan hulle voldoen het. En ons nog nie.

So is ’n ander inkommerpaartjie se vrou na ’n groep genooi, maar haar man, wat ook wou aansluit, was nie welkom nie. Ook om die “sê”- en “geestelike vlak”-redes.

Ons ongelukkigheid hieroor is veroordeel – ’n kind van die Here is nie fyngevoelig nie, was die liefdevolle vermaning van selgroepleiers. Fyngevoeligheid is nie ’n vrug van die Gees nie. Finish en klaar.

Heeltemal stupid is ek darem nou ook nie. As voormalige teologie-student en gekwalifiseerde traumatoloog en berader het ek darem so ’n bietjie kennis gedra van God se karaktereienskappe en besef dat die moer in die kerkdeur van die geslote gemeenskap een of ander tyd sou strip. En dit het.

Ja, God hét deur gesigte en drome gepraat. Abraham het gesigte gesien en Josef het drome gedroom en daar was regstreekse openbarings ook. Charles R Swindoll skryf in die boek Die geheimenis van God se wil (CUM-uitgewers, 2001): “In die verlede het God baie keer met ons voorvaders gepraat deur profete, maar hy beklemtoon in Hebreërs 1:1–2 ‘... in hierdie laaste dae het Hy met ons gepraat deur die Seun. God het Hom deur wie Hy die wêreld geskep het, ook erfgenaam van alles gemaak.’”

Swindoll verwys ook na die “die-Here-het-vir-my-gesê”-ding en visioene, en sê dat dit nie net gevaarlik is nie, maar dat die valsheid van die buitebybelse openbaringe jou mettertyd sal oorneem en ’n skadu werp op die gesag van die Skrif. Ook skryf hy dat niemand hom moet kom vergas met voorkennis wat ontvang is van ’n nagtelike visioen of ’n stem wat jy in die kombuis gehoor het nie – God het wondergebeure gebruik om sy wil te openbaar (47); nie om te sê hoeveel jy moet begroot vir die aankoop van ’n sak aartappels nie.

Ons het toe die huiskerk-ding probeer. Dis mos immers die platteland. Daar het die Here ook altyd kom “sê” wat gesê moes word en wie watter teks moes ontvang, so tussen die koffie, snacks en geestelike gasvryheid in.

Die kersie op die koek was toe een lid (een wat glo visioene gesien het) vir my kom sê het: “Die Here het vir my gesê om vir jou te sê ...”

Op pad huis toe, met die wete dat ek sonder ’n selgroep wíl klaarkom, het ek gedink – mý liefdevolle Vader en Verlosser sal mos nie oor my skinder nie ...

“O momentary grace of mortal men,
Which we more hunt for than the grace of God!”

Shakespeare, Richard III

  • 88

Kommentaar

  • Hardop roep ek hallo! Ek verstom my hoe mense wat ek ken God na hul vlak van hul omstandighede trek en suiwer emosioneel met God omgaan omdat hul God as 'n wese sien, 'n mens...

  • andre vermeulen

    Ek vertou die LitNet groep glad nie en ek dink die Here sal nie vir LitNet "sê dat ek hul kommentaar moet lees nie. Ek weet dit want meeste van die tyd het LitNet my moer gestrip. Dis ook nie die Here wat vir my gesê om hier te skryf nie, dis gedryf deur my eie nuuskierigheid. Kan egter nie dink dat kerke of selgroepe geslote kan wees nie, want dan sou dit vir God ook geslote wees. HY sal klop, maar die deur kan nie oopgemaak word nie, want satan loop met die sleutel in sy gatsak rond.

  • Chris Erasmus

    Jy is die nie enigste persoon wat ook al oor die fenomeen geworstel het nie. Ek het ook al mense dit vir my hoor se. Ek het trouens ook al mense vir my laat vertel dat die Vader se toorn oor die land losgelaat gaan word en vriend vyand en Filistyn gaan verdelg word en dat dit ook vir hom gese is dat ons dit of dat moet doen. Op 'n dag toe kon ek nie meer nie en vra die persoon, wys my die faks email wassap waar die instruksies bevestig word. Nooit weer nie. Daar is seker mense wat bevoorreg is om instruksies van God te kry, Wat my vies maak is mense gebruik God om hul eiewaan en vooroordele te regverdig. Ek het in my verhouding met God 'n paar goed geleer. Hy is nie jou maatjie of reddingsboei nie. Hy is geduldig regverdig en lankmoedig. Die hardste les wat ek geleer het is die persoon wat loop en te kenne gee ek is 'n Christen, van hom/haar draai jy jou rug op en kies ander pad. Jy leef jou verhouding met God uit. Aan jou dade word jy geken.

  • Op 17 (2 maande kort van 18) het ek só verwerp gevoel. Ek het saam met my maats al die jare se kategese deurgegaan. Ons sou in Februarie geloofsbelydenis aflê. Toe word my ouers ingelig dat ek eers die volgende jaar aangeneem moet word omdat ek nog nie volle 18 jaar oud is soos die res van die groep nie. Dat dit 'n emosionele ompak gehad het, spreek uit die feit dat ek dit nog steeds ervaar as verweping, selfs op 73-jarige ouderdom

  • Ek het in die kerk gesê dat hul, die hoogsheiliges, geen fokkieng idee het wat in ons gewone mense se hart aangaan nie.
    Omdat ek die woord fok en fokkin in die kerk gesê het, was ek verban vir die res van my lewe uit die kerk uit.

  • Anton van Zyl

    Goed geskryf, ons ondervinding ook, self in die verre vreemde in London, tussen die souties, (o genade, ons is nou die souties). Die kern van die boodskap soos in die artikel is korrek, soos ek lees. Die begin, die middelste gedeelte, en die einde van die evangelie is Yashua, (Jesus), en Hom gekruisig. Ons as mens sluit by Hom aan, soos weer gegee in Hosea 6, waar daar geskryf staan dat ons op die tweede dag opgewek gaan word, en op die derde dag uit die dood uitgeruk word. Dit is die evangelie en die profete, Yashua, (Jesus), en Hom gekruisig, soos uitgespel in die eerste woord van die Bybel: Barasheet, wat vertaal kan word, (onder andere), as “Die Seun van die Lewende God Sal vernietig word op ń kruis, deur sy eie toedoen, (ń hele studie op sy eie). Enige boodskap wat nie aansluit by Yashua, (Jesus), en Hom gekruisig nie, is nie van die Here nie, al sê die sel leier wat ookal. Maar ons is maar almal mense, en mense maak foute, maar ons moet versigtig wees.....

  • Margaret Cordier

    dankie Berdéhan -- ek verstaan wat jy sê.
    Die 'apostacy' wat ontstaan deur die onGoddelike klem op die 'ervarings' godsdienstigheid (wat witchcraft is of kan wees) terwyl daar 'n grooooot gebrek is aan die kennis van die Woord en karakter van Jesus Christus.

  • Deon Swanepoel

    Die taalgebruik in die stuk van ‘n sogenaamde voormalige Teologiese student (waarskynlik ‘n Halsema Semester) en boonop ‘n Traumatoloog (wat dit ookal mag wees) en berader ruik na vrot vleis. Miskien wou die Here vir jou iets sê: Klim af van jou pedestal af jy is veronderstel om ‘n dienaar te wees, nie ‘n alwyse nie.

  • Henning Janse van Vuuren

    Engel Gabriël, die gesalfde, het gisteraand aan ons hondjie verskyn en sy sê hy het gesê ek moet vir jou sê die Here sê dat jy kwalik ʼn breinsel in só ʼn sel sal vind. Jy is God en God is jy. Kapiesj. Alle gesante moet van vlak 1 ophou kak aanjaag om later vergifnis te vra. Nee, dit herinner te veel aan daai patriargale, geïnstitusionaliseerde wanpraktyke wat later met blomme of/en ʼn boksie sjokolade gefieks word. Aanvaar self verantwoordelikheid en wees dankbaar daai drolsel het julle nie ingesuig nie. Dis die platteland, gaan stap met jou gesin, sing iets as julle wil en ervaar dankbaarheid vir die voorreg om só gekkespul eerstehands te kan ervaar. As jy wil. Die tweede deel van die boodskap lui dat jy reëlings moet tref om my R100 000.00 te betaal. Ons gesels dan weer. Druk 1 as jy die boodskap wil uitvee, 4 as jy weer wil luister en 5 om te speichern.

  • Dis jammer. Het Sy stem verdwyn in die Nuwe Testament? Die Here sê , sy skape ken Sy stem. Hy lei ons met die beweging van die Gees maar beslis met Sy insprake. Om dit te hoor moet jy ' nader' wees of hoe?

  • Ai, ken ek ook so n lid wat die arme weduwee besoek het, want die Here het hom gestuur om haar oorle man se diens te kom oorvat, al was dit nou net om haar darem gelukkig te hou.

    Nee genade tog, ek en my man is leiers van n Connect (sel) groep en sal nooit iemand wegwys of Goddelike skinderstorie oordra nie. Nie alle sel groepe is sleg nie.

  • Gustaf Claassens

    O jirre, nee!!

    Dis mense wat soos missiele is wat se geleistelsels buite werking is!!!

    Bly weg en druk jou ore toe. Die kanse is goed dat jy by ander gaan hoor dat jy dalk een van dié is wat hy Hy nie gaan kom haal nie. Al dink ekself nie dat mense 'kom haal' word nie.

  • En so dan... 'Nee' is 'nee', maar om agter 'n oorvroom skynheilige gesegde weg te kruip, is oneg en doodgewoon 'n leuen.
    (Watter gebod word nou weer so oortree? )
    'n 'Ou' afgetrede ds

  • Wys jou net hoe erg gevaarlik religie van watter aard ookal, is. Selfs hier in die 21ste eeu smokkel dit nog met mense se koppe.

    Mense, kry tog julle koppe reg. Daar bestaan nie in ons werklike lewe iets soos gode, engele, hemel, hel, duiwel, spoke, geeste, goëlery of enig iets bonatuurlik nie. Dit is alles skepping van die menslike verbeelding, soos Rooikappie, Sneeuwitjie, Jan en die boontjierank en Aspoestertjie. So is die Bybel ook maar stories met sy pratende slang, pratende bome, 'n vrou wat in 'n soutpilaar verander, 'n man wat op water kan loop, dooies kan opwek en water in wyn kan laat verander. As iemand dalk 'n god se stem hoor met hom praat, dan is dit die bokmelk wat in die pensvelsak suur geword het se skuld.

  • Wel, ek weet nie of dit God, 'n engel of die Heilige Gees was nie maar ek het definitief boodskappe gekry van Bo tydens my routydperk van my seun. EN ek was de moer in vir God. Hoekom kom Hy nie Sy belofte na nie. "Vra en vir jou sal gegee word." Tydens my "afvallige" tyd het ek boodskappe en tekens gekry. Van Bo en van my seun. Geleidelik het ek 'n gelowig geraak en nie meer net 'n Christen. Nadat my geloof "herstel" is, het ek gevra vir nog 'n teken. Duidelik was die antwoord wat ek gekry het: "Tekens is vir ongelowiges"... I rest my case.

  • Francis Grobler

    Die sotheid van die mendom wat met stralekranse in die gatsak rondloop, laat my bráák. Liewe gespuis met julle A++ in goddelike vertolking... dis júlle wat God gyselaar hou deur die toeëiening van 'n soort heilige kanaal wat julle in rou oordeel met die lippe vuilvat soos kleingeld en winkeltrollies... Dieselfde woorde sal doodbloei in die mondhoeke van dié wat slange mak maak in eiegeregtigheid! Dankie vir die skrywe BB. Mag die geveinstes swaar sluk aan die 12 klippe wat hul in hul eie kele stapel aan die oorkant van opgemaakte Jordane. F*ktog! Waar's die liefde heen? Ek snik hardop hieroor.

  • Nuuskierig om te weet wat die Here vir jou sê-lees jou Bybel in konteks en nie soos Angus wat 'n moderne 'twist' gee aan woorde wat iets anders as hul moderne weergawe beteken het.

  • Deon Swanepoel

    Ja die liefde nê ... Waar is dit heen?
    Soveel intellektuele gebraak het ek baie lank gelede gesien.
    Ek verdedig hoegenaamd nie die: "Die Here het gesê ek moet vir jou sê ..." nie.
    Myns insiens is die hele gebrabbel 'n hopelose klomp snert wat niks sê of beteken nie, behalwe om reaksie uit te lok. Natuurlik is die in-ding deesdae om teen alles te wees, teen die kerk, teen die Bybel (dis mos 'n storieboek), teen rook, teen drank, teen alles, behalwe wanneer dit ons pas. Nog nooit het ek by enige kerk of enige Kleingroep sulke snert ervaar nie. Wil my lyk in Tulbach is dinge nie lekker nie.

  • Chris Erasmus

    Angus, jy kan nou maar regtig daaraan begin dink om op te hou om jou "onkunde" oor iets te gee waarvan jy werklik geen kennis dra nie. Jou totale miskenning van God is jou en dieselfde denkers se eie probleem en mening en niemand gaan meer aandag aan jou geskriftes gee nie. Ek weet nie hoekom is jy so obsessief oor mense wat die Christelike Geloof of God aanhang nie. Jy is knaend besig om dit as 'n fabel af te maak en te sinspeel dat die persone wat wel daaraan glo nie tregdenkendes is nie en te verkleineer. Ek glo nie iemand plaas jou onder druk om aan God te glo nie. Dit is slegs 'n keuse wat jy hoef te maak. Geen druk is op jou nie. Ek sal jou aanraai om op te ou waarmee jy besig is. Kry eers berusting oor en in jouself. Intussen hou jy en mense met dieselfde siening maar verby asseblief.

  • Ek stem saam met jou Chris Erasmus.....wat is mense soos Angus se issues. Soos wat hy geregtig is op sy opinie, is ons seker geregtig op ons sin. Ek sien nog niemand hier wat sy "siel" probeer red nie. Geen nodigheid daarin nie want as jy tog nie glo in God dan glo jy sekerlik nie dat jy 'n siel het nie. Vreemd hoe mense wat nie glo in God want hulle kan Hom nie sien, glo in 'n Covid19 virus wat hulle ook nie kan sien nie EN in hulle huise weggekruip het vir dieselfde virus.

  • Elkarien Fourie

    Ek sekondeer Chris Erasmus se siening. Dis al of ongelowiges knaend besig is om hulself in die openbaar of te probeer oortuig dat God nie bestaan nie. Sommiges beoordeel God selfs op grond van Sy skyn-volgelinge se dwalings.

  • Chris Erasmus, ek voel vere vir mense wat die christelike geloof, of enige ander geloof aanhang. As hierdie geloof egter ‘n sielswroeging by iemand veroorsaak, soos dikwels die geval is, voel ek genoop om die arme ding te help. Dis nie nodig om so gemartel te word deur ‘n menslike skepping soos God en sy trawante nie.
    Praat van onkunde! Jy moet maar ‘n studie van die letterkunde maak; dan sal jy besef uit watter pragtige legendes, mites en fabels die Bybel bestaan. En natuurlik bestaan God; hy is dan die hoofkarakter van hierdie fiktiewe boek.
    Soos met alle geloof, glo jy hier ook verkeerd. My hele lewe lank is ek gedwing om te dink soos die dominee dink. In my jong dae kon ek nie werk kry as ek nie ‘n gelowige is nie. Dominees, en ouderlinge is gedurig besig om my te bekeer. Ek durf nie anders as hulle dink nie, dan is ek glo onnosel. Gun my dus hierdie bietjie weerwraak. Christene het eerste begin slaan, en noudat ek terugslaan, nou skree hulle eina.

  • Rerig Angus, terugslaan omdat Christene jou eerste geslaan het? Jy glo Christus was 'n fiktiewe figuur teen alle bewyse in. Maar dit is jou saak. Moet net nie met stories kom om jou gedrag te verontskuldig nie.
    Hoop webvoet plaas dit, want talle van my kommentare bly ongeplaas.

  • FC Boot, Christene, jy ingesluit, wil hê ek moet soos julle aan bonatuurlike goeters soos gode en duiwels glo. Ek moet glo konsuis soos julle dink, anders word dit as twak bekou. Net asof julle geloof en denkwyse so watwonders sonder twak is.
    O, so! Julle Christene skuil agter ouboet Jesus? Deel houe links en regs uit, maar aan julle mag daar nie geslaan word nie, in Jesus naam.
    Ek voel sommer lus om julle van vooraf te looi.

  • Terese, jy het my lekker laat lag met jou vergelyking tussen God en die virus. ‘n Mens kan natuurlik op verskillende maniere na die virus kyk, o.a. deur ‘n mikroskoop. Jy het ook die kat aan die stert beet as jy dink Christene gun my dit dat ek my eie opinie het. Christene wil my gedurig bekeer en ek moet soos hulle aan bonatuurlike goeters soos gode, duiwels, hemel en hel dink.

  • Elkarien Fourie, Jy het, soos alle Christene, ook die kat aan die stert beet. Ek prober myself nie oortuig dat god nie bestaan nie. Ek kan net nie, al prober ek hoe hard, aan bonatuurlike goeters soos gode glo nie. Spoke, goëlery, duiwels, die tandemuis, en vader krismis het nog nooit vir my bestaan nie.
    Terloops, God bestaan wel. Hy is die onsmaaklike karakter in die Bybel wat wil hê ek moet my stout kinders met klippe doodgooi. Gelukkig is die Bybel sommer net ‘n storieboek met ‘n pratende slang en ‘n vrou wat van ‘n man se ribbebeen gemaak is.

  • Chris Erasmus

    Ai Angus, jy luister nog steeds nie. Ek is glad nie daar om jou te oordeel of jou siening te probeer verander nie. Almal weet teen die tyd wat jou mening is, Jy hoef jouself nie te regverdig nie. Al "raad", waarna jy in elk geval nie sal luister nie is, wanneer jy in 'n gat is, hou op grawe. Wees kalm en bedaar. Die gelowiges is nie jou vyand nie.

  • Rerig Angus,nou raak jy kinderagtig en begin aan 'n vervolgingswaansin ly.
    Jou probleem is jy kom uit 'n gemeente wat veral die skeppingsverhale so letterlik vertolk het dat dit aan onsin grens.
    Laat ek jou vir oulaas reghelp. Die ou testament was gerig aan 'n spesifieke volk.
    Die skrywers het nie nodig geag om hul hoorders volledige geskiedenis lesse te gee nie, net soos ons vandag nie die hele geskiedenis van bv Jan van Riebeeck
    aan mense wat daarmee bekend is voorlê as sy naam genoem word nie.

    Woorde verloor hul betekenis en sal jou kleinkinders bv nie eers weet wat bv 'n tjek was nie. Die antieke mense het geleer deur mites wat sy betekenis ook geheel en al verloor het en waaraan jy slegs 'n moderne betekenis heg.

    Kan ons weer 'n keer na dit kyk?
    "The meaning of the word Myth

    The word ‘myth’ has generally come to identify any story that is believed to be a work of fiction; however, when analyzing myths and legends, it is important to understand the evolution of the word and how, using the word as it was originally understood, it is crucial to the unraveling of our human origins.

    The word ‘Myth’ originates from the Greek word mythos, meaning ‘word’ or ‘tale’ or ‘true narrative’, referring not only to the means by which it was transmitted but also to its being rooted in truth. Mythos was also closely related to the word myo, meaning ‘to teach’, or ‘to initiate into the mysteries’. This is how the word was interpreted by Homer—who is generally identified to have lived in the 7 th or 8 th century B.C.E.—when composing his great works, including The Iliad , in which he meant to convey a truth."

    "As the age of science and philosophy began questioning truth itself, the meaning of the word began to evolve. Early scientists and philosophers questioned the truth, or validity, of their traditional myths, thus birthing the skepticism that would forever change the meaning of the word. About 400 years later myths became limited to fictional tales of superstition or fantasy, symbolic stories. This is how the definition of the word ‘myth’ is still viewed—a story without proof."

    Toe die Jode in ballingskap in gesprek tree met die Babiloniers so 538 vC gebruik hul dieselfde metode.Die kern daarvan is dat daar net een OORSAAK is wat gelei het tot die onstaan van ons heelal en nie baie oorsake wat in konflik gestaan het, soos in die Babiloniese skeppingsverhale.

    Later, veel later, lees 'n mens 'n herhaling van die waarheid.

    Study Bible

    "The Supremacy of Christ
    15The Son is the image of the invisible God, the firstborn over all creation. 16For in Him all things were created, things in heaven and on earth, visible and invisible, whether thrones or dominions or rulers or authorities. All things were created through Him and for Him. 17He is before all things, and in Him all things hold together.…
    Berean Study Bible."

    Dus sonder die Christus wat jy verwerp, is daar nie Christelike kerk of Christene nie. Jy toon ook 'n algehele gebrek aan begrip vir die word 'dom'.In Bybelse terme beteken dit nie dat jy onnosel is,maar 'dom' is om Christus, wat ons enigste Verlosser en Saligmaker is, te verwerp.

    Dus kom nou tot ruste en as dit moontlik is tot bekering,'n ommeswaai in jou siening en levenswyse.
    Lekker dag.

  • FC Boot, laat ek jou reghelp. Ek kom nie uit ‘n gemeente uit nie. Ek is ‘n ywerige student van die letterkunde. Die bybel is nie ‘n wetenskaplike of ‘n geskiedenisboek nie. Dis letterkunde. Dit bestaan uit mites en legendes, en die karakters daarin is almal fiktief, selfs name ooreenkomste met ons werklike wêreld, is fiktief in die Bybel. Die Bybel bestaan uit o.a. mites en legendes. Gaan lees weer die Engelse aanhalings van jou, want dit wil my voorkom of jy dit self nie verstaan nie.
    Jou aanhaling oor The supremacy of Christ, is deur ‘n menslike skywer/filosoof/teoloog uitgedink – die skepping van sy verbeelding. Om dit te glo, moet jy aan die bonatuurlike glo. Jy glo aan die bonatuurlike, en nou wil jy my dwing om ook daaraan te glo. Ek, Angus, moet dink soos FC Boot dink. Ek moet kastig tot ruste kom, my bekeer, en ‘n ommeswaai in my siening bewerkstellig. Ek moet glo my lewenswyse verander.
    Nou vra ek jou, wat dink jy, is verkeerd met my lewenswyse? Ek rook nie, drink nie sterk drank nie, lol nie met ander vroumense nie, dobbel nie, vloek nie, beskinder nie ander mense nie, roof en steel nie, pleeg nie moord nie, oortee nie die wet nie, ens. Ek hou van die see, ek dwaal dikwels in die Drakensberge rond, geniet dit om ewe statig met my Mercedes-Benz êrens heen te ry, hou daarvan om eksotiese disse voor te berei, speel skaak, sorg vir my kinders en kleinkinders, hou van boeremusiek tot klassieke musiek, ens.
    Nou wil jy hê ek moet aan bonatuurlike goed soos gode, engele, hemel en hel glo. Jy wil hê ek moet op my knieë rondkruip soos julle Blourokke maak. Nee, dankie.

  • Chris Erasmus, gelowiges maak hulle my vyand. 'n Dominee en diaken het eens by my kom huisbesoek aflê. Ek het (uit bietjie moedswilligheid hulle so 'n rukkie laat klop.) Toe hoor ek die diaken sê: "'n Mens moet hom sommer teer en veer."

  • Sover ek sien probeer niemand jou oortuig nie. Elke ou is geregtig op sy eie opinie en opinies is nie feite nie..... Aan die einde van jou lewe gaan dit tussen jou en jou Skepper wees en dit het niks met my uit te waai waarin jy glo of nie glo nie. Ek is ook maar baie versigtig vir Christene want my Skepper kan in geen boek (boks) ingepas word nie. Ek meen, kyk maar net na foto's van Hubble. Gelowiges, of Geloof wat iemand net deur werklike, persoonlike trauma kan ervaar nadat God verwerp is maar Hy gelukkig nie die persoon terug verwerp het nie, is 'n heel ander ball game as godsdiens. My Skepper het baie name en "petty" is nie een van hulle nie. Maar om terug te keer na die onderwerp: Ek het boodskappe van Bo gekry en dit is nie goed wat ek kon uitgedink het nie maar dit daar gelaat. Ek dink 'n mens moet baie verbittering en seer saamdra om God se bestaan te verwerp en nou praat ek nie om 'n spesifieke godsdiens aan te hang nie. Gaan lees bietjie op oor die onderwerp "Christian Mysticism" en spesifiek Edgar Cayce...... There is more in life than good and evil and more in death than heaven and hell en soos Woody Allen dit gestel het : "God is silent, so shut up and listen"

  • Ag..
    Julle weet mos waarvandaan Angus kom. Weg gehardloop uit die kategese klas waarop hy toe deur sy moeder aan sy ore teruggevat is. Hy gaan ( as tiener ) en lees toe die 'comic book' - "On the Origins of species" (Darwin) en maak dit sy lewens filosofie.
    Stel voor hy trek Bernard dEspagnat nader. Diè het in 2009 die Templetonprys ontvang. "D’Espagnat’s work on Bell’s theorem (which indicates that the realist interpretation is not viable and which appears to have received experimental confirmation) led him to reject conventional realism, but the fact that scientific theories remain falsifiable by experiment steered him to the idea that a veiled reality underlies the phenomena of physics - Britannica.com/biography/bernard-dEspagnat.
    En wat van Martin Rees (2011 wenner van dieselfde prys en 'n ateïs) wat na Dawkins verwys het as "a Professional Atheist" toe diè Rees as 'n "compliant Quisling", uitgekryt het. Ek verbeel my Rees se prys was vir : From here to Infinity - Scientific horizon 2011
    Anders as met Einstein se Relativiteits -teorie waarvan gedeeltes al bewys is, ontbreek sodanige bewyse by Darwin se storie.
    Nou vra julle wat is my punt? wel, dis dat daar wel iets is - daardie iets kry jy in die Bybel.
    "Professional atheist" klink vir my ook reg om Angus te beskryf.

  • Beste Angus
    Jy begin jouself nou weerspreek. Jy het 23 Bybels,waarvan sommige erfstukke is. Jy was mos op ‘n stadium lidmaat van ‘n kerk en selfs ‘n diaken. Dit is mos jou agtergrond.
    Dan kom jy mos uit ‘n gemeente,wat jy gelos het. Doen jouself nou ‘n guns en kyk na al die argeologiese opgrawings veral in die land Israel. Jy bestudeer die letterkunde, maar nie die geskiedenis waaruit dit onstaan het. Daar was dus geen verwoesting van Jerusalem en die tempel en die Jode is nooit in ballingskap weggevoer nie. Is dit wat jy sê?
    Jy is nie by nie, want in dieselfe Bybel kan jy lees wat die filosowe verder sê: (Ek weet jy hou nie daarvan dat ek uit die Bybel aanhaal nie, maar jy moet tog kennis neem wat die filosoof, eers ‘n vervolger van Christus, verder sê.)
    Romeine 3.
    Almal is sondaars
    9 Wat dan? Help dit regtig om ’n Jood te wees? Nee, glad nie. Ek het mos vroeër al gesê dat ons almal in die greep van die sonde vasgevang is, of ons nou Jode is of nie. 10Die Bybel stel dit baie duidelik:
    “Niemand op aarde leef reg nie, niemand nie, 11niemand probeer om volgens God se wil te leef nie. 12 Almal het die spoor byster geraak. Hulle het in sonde verval. Niemand doen goed nie, nie ’n enkele een nie. 13 Hulle kele is ’n oop deur na die doderyk toe. Hulle tonge is vol bedrog. Hulle lippe is vol van die dodelikste gif. 14 Elke woord wat hulle sê, is gelaai met bitterheid. Hulle vloek links en regs. 15 Hulle kan nie voorbly om mekaar dood te maak nie.
    6 Agter hulle lê ’n spoor van vernietiging en ellende. 17 Hulle weet nie wat dit beteken om in vrede met ander mense te leef nie. 18Hulle het geen eerbied vir God nie.”
    19 Ons weet dat alles wat Moses in die wet gesê het, spesifiek vir mense bedoel is wat onder die gesag van die wet staan. Daarom moet ons stilbly en ophou om so maklik die vinger na ander te wys. Ons almal staan skuldig voor God. 20Ons wat Jode is moenie dink dat God ons sal vryspreek as ons sy wet probeer gehoorsaam nie. Al wat die wet kan doen, is om vir ons te wys wat sonde is, maar dit help ons glad nie om op te hou verkeerde dinge doen nie.

    God spreek mense vry wat glo.

    21 Ek het nou baie goeie nuus vir julle: dit waarvan die Bybel praat,naamlik dat God mense sal vryspreek van hulle sondes, selfs al doen hulle nie stiptelik alles wat die wet van God sê nie, het uiteindelik waar geword. 22 Mense wat in Jesus Christus glo, word nou deur God van hulle sondes vrygespreek. Dit geld vir elkeen wat glo.
    23 Ons almal is sondaars. Nie een van ons leef tot God se eer nie. 24 Ten spyte daarvan het Hy besluit om ons vry te spreek. 25-26 Daarom het Hy Jesus Christus gestuur om ons te kom verlos. God doen dit omdat Hy baie vir ons omgee, nie omdat ons so goed leef nie. God het Jesus soos ’n offerlam laat slag vir al ons sondes. As ons in Hom glo, tel ons verkeerde dade glad nie meer nie.
    God was ’n lang tyd geduldig met ons oor al ons sondes. Hy het ons nie links en regs daarvoor gestraf nie. Maar omdat God regverdig is en dit die een of ander tyd moet straf, het Hy besluit om ons sondes op Jesus Christus te laat neerkom. Daarom kan Hy nou elkeen vryspreek wat in Christus glo.

    27 Wie kan dit nou nog waag om te spog oor hulle gehoorsaamheid aan die wet? Dit help in elk geval nie. Al wat nou saak maak, is geloof. Dit gaan glad nie meer oor wat óns alles vir God doen nie, maar wat Hý vir ons doen. 28God spreek mense vry slegs omdat hulle glo, nie omdat hulle die wet gehoorsaam nie.
    29 Hierdie goeie nuus geld vir die Jode sowel as vir ander volke. Die Jode het mos nie die alleenreg op God nie. 30Daar is slegs een God en Hy spreek alle mense vry wat in Hom glo. Of hulle besny is of nie, maak glad nie vir Hom saak nie.

    31 Al gaan dit nou nie meer oor wat ons vir God moet doen nie, maar oor wat Hy vir ons doen, beteken dit nie dat die wet van Moses sy betekenis verloor het nie. Inteendeel, ons geloof gee juis aan die wet sy regte plek. Nou kan almal wat glo, die wet gehoorsaam.”

    Jou begrip van sonde is verkeer. Dit gaan mos nie net oor dit wat in die 10 gebooie staan nie. As dit so was sou niemand mos voordat dit op skrif geplaas het kon sondig nie.
    Dit gaan mos om die wil van God en dan leer Jesus (nog ‘n fiktiewe person volgens jou) dat dit in jou gedagte begin en dat oortredings nie net in die daad lê nie.
    Jy hoof nie op die grond rond te kruip-net so af en toe op jou knieë gaan en te luister na die stem van jou gewete, want jy weet mos dat jy met jou Mercedes die spoedgrens oorskry en dus net soos Paulus sê ‘n wetsoortreder en dus ‘n sondaar is.
    Paulus praat mos nie van bonatuurlike goed nie. Die goed bestaan net in jou verbeelding.Hy praat van Jesus Christus wie se volgelinge wat hy vervolg het voordat hy tot bekering gekom het en toe ‘n gevange van mense geword het wat net soos jy gedink en geredeneer het.
    Lekker dag.

  • Raed-na-Gael, het jy al ‘n studie gemaak van die Darwanistiese evolusieleer, of ten minste net daaroor gelees? As jy dit ‘n comic book noem, lyk dit nie so nie. Kom ek stel jou voor ‘n keuse.

    1. Volgens die Bybel het God ‘n volwasse Adam (met al die nodige toebehore) uit die stof van die aarde geskep, en dit in een dag. Uit Adam se ribbebeen het hy ‘n volwasse Eva geskep, en dit ook in een dag. (Daar is geen bewyse voor nie, behalwe wat in die Bybel staan.)
    2. Volgens die Darwanistiese evolusieteorie, het die mens na miljoene jare se evolusie sy verskyning gemaak. (Dit word gestaaf deur die wetenskap, o.a. fossielopgrawings, en DNS-ontledings.)

    Laat my asseblief weet watter een van die twee vir jou die aanvaarbaarste verklaring is oor hoe die mens ontstaan het.

    Verder oor die term ‘falsifiable’. Die skepping van die mens deur God is nie falsifiable nie. Dit beteken dit kan reg of verkeerd bewys word nie, dit kan nie getoets word nie. Die evolusie van die mens kan deur wetenskaplike ondersoek reg of verkeerd bewys word. Tot op hede het hope sulke wetenskaplike ondersoeke dit nog nie verkeerd bewys nie.

    Ten slotte: Ek dink ook Dawkins is ‘n professionele ateïs; hy maak miljoene daaruit.

  • Angus,
    Darwin was teensinnig om die mens by sy teorie in te sluit en sover ek weet het hy hom ook nie daaroor uitgelaat nie.
    Daar is geen wetenskaplike bewys vir oorgang vanaf die primate en die evolusie daarna tot by Homo Sapiens-Sapiens (hedendaagse se mens) nie.
    Die 'Vermiste skakel' is nog nie gekry nie. (Google - missing link in evolution - bbc.com earth/story/20170517)
    Soos ek sê - daar ìs iets! (en hulle is nog tot 2017 daarvan oortuig.)
    Lyk my ek kan die 'missing link' inpas by jou keuse nr 1 hierbo.
    Wat sê jy?

  • Beste FC Boot,
    Goed, ek maak soos jy vra; ek kyk na al die argeologiese opgrawings in Israel. Daarvoor het ek toestemming nodig om die plaaslike Univesiteitsbiblioteek te besoek, en ek maak ook gebruik van die kennis van ‘n bekende argeoloog, aangesien my kennis omtrent die vak maar uiters beperk is.
    Argeologiese opgrawings in Israel het ‘n ongelooflike hoeveelheid kennis voortgebring oor toestande, tale, historiese onwikkelinge oor die eeue heen ontdek waaruit ou Israel stadigaan uitgekristaliseer het. (Ongeveer 1000 tot 400 vC.) Argeolgiese bewyse het baie bygedra om die poësie van die Bybel beter te verstaan teenoor die werklik gebeure. Deur opgrawings het ons geleer wat die Israeliete geëet het, wat hulle geplant het, hoe hulle hulle stede gebou het, en met wie hulle handel gedryf het. Baie stede wat in die Bybel genoem word, is geïdentifiseer en oopgegrawe. Moderne opgrawingsmetodes en ‘n wye reeks laboratoriumtoetse is gebruik om die beskawings van die verskillende volke te analiseer. Verseelde perkamentrolle is bv. ontdek wat met mense genoem in die Bybel, verband hou.
    Dit beteken egter nie dat die Bybelverhaal waar is in al die besonderhede nie. Ver daarvan. Dit is nou bewys dat baie van die bybelse geskiedenis nie gebeur het nie. Baie bekende gebeure het duidelik nooit plaasgevind nie.
    Argeologie het ons gehelp om die geskiedenis agter die Bybel te rekonstrueer. Nog nooit het ek beweer dat Jerusalem nie vernietig is nie, waar suig jy dit uit jou duim uit? In die geskiedenis het dit twee gebeur.
    As filosowe en die Bybel beweer dat almal sondaars is, beteken die nie dat dit so is nie. Volgens die Bybel was Adam en Eva die eerste sondaars, want hulle het van die appeltjie geëet. Alle mense het hierdie sonde geërf – die sogenaamde erfsonde. Dit is dus ‘n Bybelse/teologiese konstruk, en het niks met ateïste te make nie. Ek dra sowaar nie ‘n sonde op my rug wat ‘n denkbeeldige Adam en Eva gepleeg het nie.
    Daar is ‘n groot verskil tussen ‘n wetsoortreder en ‘n sondaar. ‘n Wetsoordtreder oortree ‘n landswet, gemaak deur mense. ‘n Sondaar oortree die wet van God. Die oersonde is deur Adam en Eva gepleeg toe hulle van die boom se vrug geëet het wat God verbied het. God verbied jou, as Christen, om ‘n bokkie in sy ma se melk te kook. As jy dit doen, is dit tickets met jou. ‘n Landdros of regter sal my nie in die hof ‘n straf oplê nie. Ek kan maar soveel bokkkies in hulle mamas se melk kook as ek wil.
    My Mercedes kan nie die spoedgrens oorskry nie; daarvoor het hy te veel kameras, sensors en ‘n GPS. Paulus kan gerus maar kom saamry.

  • Ag, Terese, niemand is so blind as hy wat nie wil sien nie. Jy weet mos; so horende doof. Sien asseblief wat my ou vriend, FC Boot vir my skryf: “Dus kom nou tot ruste en as dit moontlik is tot bekering,'n ommeswaai in jou siening en levenswyse.” (vir levenswyse, lees lewnswyse.)
    Dis waar: opinies is nie feite nie en feite het ook maar net ‘n halwe lewe. Dis nog eone ver van ‘n teorie af. Jou skepper waarvan jy praat, bestaan net vir jou — nie vir my nie. Ek is nie geskape nie, ek is die produk van miljoene jare se evolusie. (en dis meer as ‘n blote feit – dis wetenskaplik bewys.) Ek is nie binne ‘n dag geskep, (die 5de dag?) volwasse met al die nodige toebehore nie.
    As jy boodskappe van bo gekry het, sê ek, of jy lieg, of jy het covid-19 onder lede gehad, of die mampoer was bietjie aan die sterk kant.
    Miskien verstaan jy verkeerd. Ek verwerp God glad en geheel nie. Hy bestaan; hy is die wrede, selfsugtige, massamoordenaar karakter in die Bybel. Ek glo egter nie in die bonatuurlike nie.Ek glo nie daar bestaan gode, God, engele, spoke, duiwels en die tandemuis, nie.
    Kyk, as jy kan bewys dat God in ons wêreld (nie die verbeeldingswêreld van ‘n boek nie) bestaan, dan is ek more ook ‘n gelowige. Om net name te noem en wat hulle gesê het, en boeke se titels en wat daarin staan, as bewys voor te hou, is nikswerd.

  • Gaan lees bietjie oor Darwin se ervaringe op sy doodsbed... EN wie se naam hy uitgeroep het. Dis ’n open en shut case...

  • Beste Angus
    Voordat jy die betekenis van die word ‘sonde’ op skrif plaas moes jy eers die oorsprong daarvan nagegaan het. Jy sou dan gesien het dat dit as ‘n selfstandige naamwoord en werkwoord gebruik is en nie net betrekking het soos jy beweer op net die oortreding van die wet van God nie.
    Daar is dus geen verskil nie-‘ enige oortreding maak jou skuldig. Sonder wette in watte vorm ook al kan jy nie oortree nie en dus skuldig wees. Jesus leer dan ook dat ons oortree nie net in die daad nie maar ook in gedagte. Dit is van toepassing op alle mense-nie net Adam en Eva nie, ons word so gebore-dit is ons natuur. Jesus het dan ook gekom om ons van dit te verlos.Daarom is dit ‘n stryd waarin ons struikel en val wn opstaan.Dit maak ons geestelik dood. Daarom die gesegde- die gees is gewillig-maar die vlees is swak. In Romeine 7 worstel Paulus met die problem en dit is dan dan sy erkenning.
    Onthou die ‘regeermag’ kom van God en nie die mens nie. Daarom verskyn die mens laaste in die skeppingsverhale en word in beheer gestel. Jy hoef dus nie Adam en Eva se sonde te dra nie, jy dra al swaar aan jou eie.
    Jy praat ook ‘n bietjie twak oor jou Mercedes. As jy op – sê maar ‘n mooi snelpad ry en daar is ‘n konvooi.
    Voertuie wat beweeg tussen 110 en 115, net so onder die wettige spoedgrens gaan jy nie gedwee agter hul inval nie. Nee jy gaan daai Benzie oopmaak en teen so ’n 130-140 by hul verby vlieg, die spoedgrens oorskry en heel voor inval voordat spoedbeheer weer inskakel. Ai man jy sukkel darem met die bokkies.
    Verstaan jy nie dat diereliefhebbers jou gaan kruisig nie, want jy slag ‘n diertjie wat nog besig is om te drink aan sy ma. Dit gaan dus oor die beskerming van die wat nog nie in staat is om vir hul self te sorg nie.
    Nee wat Paulus sy eie problem en het jou geselskap nie nodig en sou jy kort voor lank gatvol geraak het soos hy die begrip ‘sonde’ aan jou verstand probeer bring het-dat dit jou nie lank so gevat het om hom te vra om uit te klim, net soos jy die die klas verlaat het.
    Lekker dag.

  • Beste Angus

    Les aan Terese: ”(vir levenswyse, lees lewnswyse) sowaar..
    Ongeskoolde arbeid en die invloed daarvan op die levenswyse van hulpbehoewende blanke huisgesinne in Pretoria
    Author: Roelof MacLachlan
    Publisher: Pretoria, 1951.
    Nou eerder 'lewenswyse'.

    Lekker dag

  • Ag, my liewe Liela, sal jy vanaand ....... die volgende google:
    https://answersingenesis.org/creationism/arguments-to-avoid/darwins-deathbed-conversion-a-legend/

    dit maak eintlik ook nie saak wat Darwin of enigiemand anders op sy sterfbed gesê het nie. Dit kan nie as bewys gebruik word dat daar 'n God is, of dat die evolusieteorie verkeerd is nie. Feit bly staan: die evolusieleer is die basis vir die mediese wetenskap, vir landbou en veeteelt. Boere kan nie daarsonder nie. Evolusie gebeur daagliks om ons. Die vrugte, groente en vleis wat jy eet, is 'n produk daarvan. Selfs jou troeldier hondjie sit op jou skoot as gevolg van evolusie.

  • Beste FC Boot,
    Die oorsprong van 'n woord en die gebruik daarvan is twee verskillende dinge. Woordbetekenisse het buitendien maar 'n halflewe. Dit is die gebruik daarvan wat belangrik is. 'n Regter of landdros sal nie iemand die straf oplê vir 'n sonde wat hy gepleeg het nie. God sal jou glo straf vir enige sonde wat jy pleeg. en as hy jou nie straf nie, kan jy Jesus daarvoor dank. Sonde is dus 'n godsdientige begrip.
    Ek dag jy ken jou Bybel so goed. Weet jy nie van die sogenaamde erfsonde nie?
    Die eerste woorde van God aan die mens was nie: "Welkom, julle ouens hier in die tuin van Eden. Maak julle tuis, en eet gerus maar van al die vrugte." Nee, sy eerste woorde aan hulle was: "Moenie van daardie boom se vrugte eet nie." Dis toe net wat die twee stoute outjies doen. Hulle eet van die boom se vrugte, en siedaar! Hulle word verban, die eerste sonde is gepleeg, en nou word beweer dat die mens hierdie sonde geërf het. Ek en jy is nou in sonde ontvang en gebore.
    Ek kan jou sommer nou hier sê: laat my uit die storie uit. Ek glo nie aan sulke twak nie. As ateïs oortree ek landswette, ek pleeg nie sonde nie. Dis net Christene en gelowiges wat sondig.
    En kry dit in jou harspan: ek praat nooit twak nie. My Mercedes word statig gery. Hy kan self sy spoed aanpas by enige skedonk voor hom.

  • Ek weet nou nie wie hier skryf nie. Neem aan dit is jy Angus. Twak man jy kan nie sonde erf nie. Oortredings is nie erfgoed nie. Die gevolge van oortredings wel. As jou Pa bv. diefstal pleeg, is jy 'n kind van 'n dief en gaan die gemeenskap jou ook daarmee verbind, al het niks met dit uit te waai nie. So het gewone Duitsers wat niks met Hitler se wandade te doen gehad het onder 'n 'stigma' geleef.

    Kyk 'n bietjie nader aan die huis. Hoe lank dink jy gaan blanke kinders nog lei onder
    die 'misdade' wat die apartheidregering gepleeg het?

    Nee man dit was 'n gehoorsaamheids toets - vir wie gaan luister God of die vader van die leuen? Goeie genugtig man, 'n oortreding van 'n landswet is sonde. Daarom het die woord 'sin' in ou Engels ook beteken 'om te oortree'.

    Nee om sonde ontvang en gebore te word beteken dat jy gebore word met 'n natuur wat jou in staat stel om te oortree. Ons het dus 'n vermoë.'n kapasiteit om dit te doen. As dit nie so was nie, sou daar mos nie misdade wees nie en was die Zondo-kommissie totaal onnodig.

    Natuurlik praat jy twak: jou hele uitleg van die Genesisverhaal is twak. Ag nee man, dit gaan mos nie om statig te ry nie. Dit gaan oor of jy die kapasiteit van jou Benz gaan inspan om stadige verkeer verby te steek.

    Lekker dag

  • Ja ou Angus daar spreek jy nouself die woord "niemand is so blind as hy wat nie wil sien nie" en "so horende doof". Ek sien die gesegde van "gee 'n man genoeg tou en hy sal homself ophang" is hier op jou van toepassing. Jy sal regtig moet begin stilbly, want "stilbly kan selfs 'n dwaas na 'n wyse laat lyk."....I rest my case

  • Beste betekenis aka Angus.

    Jy sê: Die oorsprong van 'n woord en die gebruik daarvan is twee verskillende dinge. Woordbetekenisse het buitendien maar 'n halflewe.

    Ja maar dit beteken nie jy kan nou kom en sê dat die woord dieselfde betekenis vir die antieke mense gedra het nie. Jou probleem is dat jy die hedendaagse betekenis in antieke mense se monde lê en dan sê dit is wat dit ook vir julle moes beteken het.

    In Afrikaans beteken bloots kaal. Om 'n perd egter bloots te ry, beteken sonder saal.
    Wanneer betekenis in die jaar 4020 - wanneer perde uitgesterf het erêns 'n storie aan sy kinders vertel - sal hy ewe ernstig vertel dat die barbare van 2020 die uitgestorwe goed kaalgat gery het.

  • FC Boot, met jou skrywe hierbo, is jy alweer besig om te gorrel.
    Dit is nie duidelik waar die woord sonde sy oorsprong het nie, maar dit wil voorkom of dit van die Sanskrit satya is, waar dit werklik skuldig beteken. Miskien het dit dit hier beteken skuldig aan enige oortreding wat begaan is. ek weet nie. In die Germaans en tale wat daaruit voortspruit, soos Duits, Sweeds, Deens het sonde beteken skuldig aan die oorteding van God se wette.

    Lees tog jou Bybel en jy sal sien dat die eerste sonde deur Adam en Eva gepleeg is omdat hulle teen God se bevel, tog van die verbode vrug geëet het.

    Gaan google die woord sin en kom uit by bybelse verklaringe daarvan.

    As jy daarna nog volhou dat ateïste kan sondig, kan ek niks meer vir jou doen nie.

  • Ag Angus
    Hou tog op nonsens praat. Die oorsprong is baie duidelik. Dit is 'n woord wat uit Latyn kom, wat die betekenis van 'skuldig' en 'oortreder' gedra het. Tyd om by te kom. Dit is dan ook gebruik deur mense wat glad nie met die Bybel bekend was en dus nie geweet het wie Adam en Eva was nie.
    Dit kry dan ook later die betekenis van 'om skuldig bevind te word'.

    Net om te wys hoe min ons voorouers van Adam en Eva geweet het?
    "De heilige Bonifatius wordt ook wel de architect van het christelijke West-Europa genoemd. Stichtte een groot aantal kloosters. Werd op 5 juni 754 bij Dokkum door heidense Friezen vermoord."

    "Moord in Dokkum

    "In 754 reisde de ongeveer tachtigjarige Bonifatius alsnog met 52 andere missionarissen naar Friesland af in een poging de Friezen te kerstenen. Onderweg liet hij onder meer heilige bomen omkappen en doopte hij Friezen die zich bekeerden tot het christelijk geloof. Dat niet alle Friezen veel respect voor de bisschop hadden, bleek op 5 juni 754. Onderweg naar een doopfeest werd de aartsbisschop die dag bij Dokkum overvallen en vermoord door Friezen. Of het de overvallers om buit ging of dat ze religieus geïnspireerd waren, is niet duidelijk. Na zijn dood werd de missionaris al snel heilig verklaard."

    Die Friese wat ook die in wat moord gepleeg het ook van 'sûnde' gepraat.
    Dit mag wees dat soortgelyke woord deur Engelse boogskutter gebruik is as hul teiken gemis het.So het dit dan ook die betekenis van 'om jou doel te mis' gedra.

    Ad jy moet tog leer om woorde in konteks te lees en daarvoor moet jy ook die geskiedenis van mense en hul gebruike ken. Die Friese het vir meer as 700 jaar niks van Adam en Eva of 'n slang of 'n paradys of Christus geweet nie.

    Lekker dag.

  • Hans Richardt

    Angus, is glo aan die wetenskap, nie ook net 'n tipe "geloof" nie? Is glo aan die tokkelossie nie ook 'n tipe "geloof" nie?
    As ons sê ons glo aan heilige algemene kerk en ons glo in God, Skepper van hemel en aarde en heelal, is daar nie 'n verskil nie? Die Alsiende Oog...?
    Tussen die samesweringsteorieë en die nederige eenvoud van geloof, is daar verskil. Ek vra elke dag vir vergifnis, want ek is swak mens, wat voirtdurend sondig. Ek preek vir niemand nie, want ons almal bly maar in sondeval vasgeval. Daar in Genesis is tog duidelik, die appel was toe iets, wat Eva met pyn laat baar het en Adam laat sweet het in son, om onderhoud te betaal... In retrospek, nadat ek 20/20 visie oor lewe gekry het, is ons nog nooit bevry uit ons sondeval nie.
    Ek maak elke dag my stort skoon en wonder oor rooi sand onder die stortmat....dalk die wind wat dit inwaai of ek smelt as ek stort...

  • Beste Hans,
    Die wetenskap is nie glo nie; dis weet. Niks word aan geloof oorgelaat nie. Die wetenskaplike glo nie maar sommer dat water uit suurstof en waterstof bestaan nie.
    Natuurlik is glo aan die tokkelossie 'n tipe geloof; so ook glo aan die duiwel, geeste, engele, gode, hemel en hel.
    As jy 'n gelowige is, en aan God en die Bybel glo, dan is jy in sonde ontvang en gebore. Dan moet jy maar gedurig op jou knieë voor God rondkruip en om vergifnis van al jou sondes bid. Dit kan nie bewys word dat God bestaan nie; daarom moet jy maar net glo.
    Die 'ons' waarvan jy praat sluit my natuurlik uit, want ek is 'n ateïs.
    Jy kan maar gerus stort, die dooie selle wat onder die stortmat verdwyn, word aanhoudend vervang.

  • Beste FC Boot,
    Die oorsprong van die woord ‘sonde’ is nie so duidelik as wat jy wil voorgee nie. Latyn is maar een van die Europese tale, afkomstig van Indo-Europees. Vir meer as tweeduisend jaar het ‘sonde’ nog altyd beteken die oorteding van die gode of God wette. In al die mitologieë sondig die mens as hy teen die gode se wil optree. In die Griekse mitologie was een van die groot sondes wat spoedig gestraf word, welvarendheid. Die Orakel by Delphi het ook ‘n groot rol gespeel in voorspellings. Daar is vir Oedipus bv. by geboorte voorspel dat hy sy vader sou vermoor en met sy moeder sou trou. Toe dit wel gebeur, het die gode hom met blindheid gestraf. Die Rooms-Katolieke Kerk se taal is Latyn (waarmee jy so spog!), en ‘sonde’ het vir hulle nog altyd beteken die oortreding van God se wette. Hulle het sommer self ook gestraf met die brandstapel en kruishout. Google die woord, en slaan dit na in woordeboeke, en jy sal sien dat dit te make het met die oortreding van God se wette. Verklarende woordeboeke sal ook vir jou ander gebruike in die spreektaal gee. As iemand jou pla, sal sê: “Jy soek nou mos sonde”. Of: “As ek my sonde nie ontsien nie!” In Paarl se hoofstraat, het ek die volgende opgeteken. ‘n Bruin man het met ‘n Shopperstrollie die straat afgekom, met omtrent alles wat hy in sy huis gehad het. ‘n Vrou het hom agterna gekyk en gesê: “Dis nou vir jou ougat!” ‘n ander weer: “Ag, die sonne!”
    Jou aanhaling bevestig net wat ek sê. Hierdie Friese is heel waarskynlik alreeds gekersten en vir die Christen is moord ‘n sonde. In ons regstelsel is moord ‘n oortreding van die wet. Buitendien lewe ons in die 21ste eeu – nie die 8ste nie. In ons moderne regstelsel bestaan die woord ‘sonde’ nie.
    Net soos die goddelike wette van ander gelowe jou nie aangaan nie, netso voel ek vere vir die wette van die Abrahamitiese gelowe, of miskien moet ek sê die Joodse mitologie.

  • Nog erger is die skatryk eiendomsagent wat, as jy haar gelukwens met haar sukses, sê: "Die Here is goed vir my".

  • Liewe Vader, dit blyk my tog (na 6500 jaar se "ewolusie") dat ons straks terug is by Kain en Abel. Die dood-gemoerery van mekaar oor geloof is seker ook 'n Koninkryksbeginsel want "dit" staan mos in die bybel.
    Ek stem heelhartig saam met Berdehan. Uit ervaring met 'n trop selgroepe het ek besef; min mense kan "mag" reg hanteer in enige groep.
    Ons lewe nie in 'n wereld waar konings die beste dienaars is nie.

  • Beste Angus

    Ons voorvaders was barbare wat niks van Adam en Eva en 'n slang en 'n paradys geweet het. Trouens dit is bekend dat die antieke Britte weens 'n gebrek aan bierbekers sommer skedels van verslane vyande vir die doel gebruik het en dat dit wragtig 'sonde' was as 'n boogskutter sy teiken mis. Fries as 'n taal is nou verwant aan ou Engels.

    Jy kan nou maar stry soos jy wil, maar om 'n teiken te mis het niks met God se wette te doen nie of die paradys, of Adam of Eva of 'n boom of slang. Wanneer gaan jy ophou om 'n moderne betekenis aan antieke woorde te gee?.

    Dit het niks met voorspellings te doen nie. Die woord het veel later eers soos ander woorde 'n ander betekenis gekry. Selfs in Afrikaans kry woorde 'n nuwe betekenis, as wat dit oorspronklik beteken het, soos bv. kombuis, neuk en verskoon.

    Die laaste twee kan jou 'n snotklap of twee besorg as jy dat 'n dame met dit nader as jy jou toevallig in Nederland bevind. Nee die Friese wat Bonifatius vermoor het was nie gekersten nie.

    Nou gebruik jy weereens in jou kommentaar die moderne betekenis in jou voorbeelde.

    Die grootste fout wat jy en ek en ouderlinge en diakens en dominees en almal wat betrokke is, is om te reken dat die verhale in die ou testament vir ons ore bedoel was en dit dan sommer ons eie kan maak.

    Nee dit is nie, dit was gerig aan 'n spesifieke volk wat met 'n spesifieke doel hier op aarde gelaas is en waaruit elkeen wat 'n oor het om te hoor, kan leer hoe wonderlik die geskiedenis is van 'n volk waaruit die wêreld se Verlosser gebore sou word.

    Lekker dag.

  • Hans Richardt

    FC Boot, wat dink jy het gebeur in die paradys?
    In kort, nie lang relaas nie ...
    Ek dink nie die tweetjies het vrugte gesteel of skelm gerook nie.
    Die deduksie wat ek uit vae beskrywing van voorval kan maak, is dat hul seks gehad het, dis die "vrug van die boom-wysheid" wat hul geëet het, daarom het hul hul skaamte bedek met vyeblare. Daarom baar die vrou in pyn en die man sweet in die son om onderhoud te betaal ... as straf.
    Die eenvoudige afleiding: seks is die sondeval.
    Vrou = tydxgeld
    Tyd = geld
    Vrou = geld kwadraat
    Vierkantswortel van geld kwadraat = kwaad
    Maw deduksie: vrou = kwaad en dis nou maar so.
    Dawid se sondeval was 'n ander man se vrou en hul 2 se seun se sondeval, vele vrouens.
    Maw die vrou is oorsaak van die Sondeval?
    Help my, want ek wil weer in sonde verval ...

  • Die besprekings het baie ver 'afgedwaal' van die artikel wat handel oor gelowiges wat ander gelowiges as nie op 'n 'geestelike vlak' van gelowig genoeg beskou nie. So... gelowiges wat ander gelowiges disrespekvol hanteer en direk verkleineer en hoe mense dit dan kan hanteer of gewoon ignoreer wat die beste is. Voorts dan ook die ding dat sommige gelowiges dink God praat direk met hulle in hulle koppe. Sommige gebruikers wat kommentaar gelewer het, het gestel dat hulle ook hoor dat God direk met hulle in hulle koppe praat. Nou wil ek net argumenteer dat dit net hulle eie gedagtes is, dat hulle nie fisies God se stem hoor nie en dit kan opneem nie en dan hoe om sulke gelowiges bietjie oor die vingers te tik, maar steeds met respek te behandel. Daaruit vloei dan die afdwaling of God werklik bestaan en of hy net 'n karakter in 'n boek was en steeds is, wat ja, mens kan verstaan dat mense afdwaal na die bespiegelings of daar hoegenaamd 'n God is wat ek oortuig is daar is nie so iets nie, want dan sou ons hom almal duidelik kon hoor. En nee mense het nie altyd mampoer in nie, hulle het maar net groot verbeeldings. Nouja. Dis al van my af.

  • Beste FC Boot,
    Nou goed, kom ek stem saam met jou. Die woord ‘sonde’ is ‘n sekulêre begrip, nie teologies nie. Dit pas my as ateïs natuurlik om dit so te beskou. Dit beteken mos dat die Christendom in sy maai is, want die Christendom berus op die oersonde wat deur die mens gepleeg is, deur nie God se woord te gehoorsaam nie, oorerflik is, en waarvoor Christus aan die kruis geboet het.
    Jy moet my verder help met wat ons met die Bybel gaan doen. Die Bybel is ‘n teologiese boek waarin die woord ‘sonde’ amper 500 keer verskyn en telkens staan dit in die konteks van oortreding van God se wette.
    Hoe maak ons met die Rooms-Katolieke kerk vir wie sonde vir 2020 jaar ‘n oortreding van God se wette is?
    Om jou vorige skrywe te beantwoord: dis voorwaar die grootste klomp gemors wat jy nog ooit geskrywe het. Dis duidelik dat jy nie eens weet waaroor jy stry nie. Dis ook duidelik dat jy nie die vaagste benul het van die herkoms van tale nie. Dis ook duidelik dat jy die kluts heeltemal kwyt is.

  • Hans Richardt

    Die besprekings oor geloof sal altyd wye s-draaie gooi, ons Wat al dekades hieroor gesels weet.
    Tog moet ons dit aanvaar dat die ou testament vir 'n bepaalde etniese groepering geskryf was, met bepaalde voirwaarde, beanydenis. Die vraag is nou, is jy besny?
    Dan, die nuwe testament stel dit duidelik dat geloof net genade is, nie op dade of kleredrag aangewese is nie. Verder, word die beanydenis vervang met doop, wat nie gespesifiseer is groot of klein nie.
    Die mense hier doen emosionele plakkery en nie objektiewe bespreking nie.
    Ons het vele sulkes oor dekades gehad, wat ons klomp albatrosse hier, al verdoem het, gelukkig was kwartiermeester uit grawe uit...
    Ek glo nie aan - voorspoed godsdiens of geloofgenesing nie. So, waar laat dit my?
    Ek bid ook maar - "laat U wil geskied"! Ek dink om inkopietrollie of -mandjie gebed te doen, soos wegneemete, is ook vermetel. Tog sê God aan Dawid om nie aan "bloeiende hart" te ly, oor oortredinge nie.
    Waar laat dit ons gewone mense? In sonde ontvang en gebore? In die sondeval..

  • Dit het nou 'n lekker pissing competition ontaard waar almal die teiken lekker gemis het, veral ou Angus, die ateis wat nogal skryf "My naam is Angus. Hoe ek ewe skielik Betekenis genoem word, sal net ons hemelse Vader weet"

  • Beste Hans
    Jy wil weet wat in die Paradys gebeur het? En dan wil jy nog ‘n kort antwoord op die koop toe hê. As dit wil weet moet jy weet wat die Jode in ballingskap aan die Babiloniërs vertel het. Die Paradys was groot volgens: Flavius Josephus of the Antiquities of the Jews — Book I: Now the garden was watered by one river, (5) which ran round about the whole earth, and was parted into four parts. And Phison, which denotes a Multitude, running into India, makes its exit into the sea; and is by the Greeks called Ganges. Euphrates also, as well as Tigris, goes down into the Red Sea. (6) Now the name Euphrates, or Phrath, denotes either a Dispersion, or a Flower: by Tigris or Diglath, is signified what is swift, with narrowness: and Geon runs through Egypt, and denotes what arises from the East: which the Greeks call Nile.”

    ‘n Mens moet maar versigtig wees om afleidings te maak en die twee van ‘n seksuele verhouding verdink want as jy te veel seks op die brein het sit naderhand met ‘n loopneus. Adam se wêreld was nie ‘n lekker wêreld nie. God het hom nadat hy gemaak is gevat en in die tuin geplaas. En toe Eva as geselskap gegee.

    Die vraag is hoekom sou die Jode in ballingskap nou juis die verhaal neerskryf?
    Die eenvoudigste antwoord is, hulle beland in ‘n godsdienstige kultuur met baie verduidelikings oor hoe die heelal ontstaan het met talle gode wat soms in konflik dit tot stand gebring het, hulle het dit weerlê en ‘Een heelal-Een oorsaak’ en baie oorsake-gode nie.
    Hierdie verhaal berus nie op waarneming nie maar op oordrag van geslag tot geslag.
    Nou om jou vraag te antwoord. Hulle het niks in die Paradys gedoen-behalwe om ongehoorsaam te wees en na Satan se slim praatjies te luister. Die uiteinde was dat hul uit die tuin gejaag is maar nie voordat hul hulself boeglam geskrik het omdat hul agterkom dat hul kaal is.
    Seks eers in Genesis 4 nadat hul weggejaag is lees ‘n mens:
    “1 Adam het by sy vrou, Eva, geslaap en sy het ’n kind verwag. Haar eerste kind was ’n seun en sy het hom Kain genoem. Sy het trots gesê: “Met die Here se hulp het ek ’n man in die lewe gebring.”

    So jou gevolgtrekking dat hul seks in paradys gehad het is nie waar nie. Hul oortreding was dat hul hul ore uitgeleen het aan die vader van die leuen en Adam niks gedoen het om vroulief reg te help nie. Jy Adam mag die hoof gewees het maar helaas was Eva die nek en het hom gedraai net waar sy wou hê.

    Klink bekend ook vandag.

    Lekker dag.

  • Hans Richardt

    Terese, as jy nuut hier op Litnet briewe blad is, is ons reaksie seker vreemd. Dis hoe ons ernstige sake bespreek. Angus was ouderling in sy kerk, maar hy mag seker sy eie opinies huldig?
    Die Schroedinger virus idee, het vele raakvlakke met geloof, as jy die postulasie van Schroedinger virus verstaan. Niemand het werklik tasbare bewyse in geloof, anders as vele kere vertaalde bybel nie. Swart bygelowe(uit christelike perspektief), is werklikheid vir swart kulture, bv tokkelossie of heks wat op teelepel vlieg in nag.
    Dit gaan nie oor wat wie glo nie, maar oor die redenasie. Hier was al vele obsessiewes oor dekades, wat "oordeel" oor ons siele gespreek het, maar verbygegaan het.
    Elkeen is tog geregtig op privaatheid van sy geloof?

  • Beste Marnus, ja, ons het afgedwaal van die oorspronklike brief. Dit is ek en FC Boot se skuld. Jy sien, dit gebeur so. Sê nou iemand skryf oor, bv. die paringsgedrag van die Suidsee-walvisse. Ek maak dan 'n opmerking uit 'n evolusionêre oogpunt. Dan sal FC Boot antwoord met: Angus, jy praat nonsens. Dan volg 'n ellelange disjunkte aanhaling uit die Bybel. Ek vertel hom wat hy met sy bybelaanhaling kan doen, en dan is die gort gaar. En so hijack ons die skrywe.

  • Hans Richardt

    Terese, jy is nuut hier. Ons ou klomp glo nie aan voorspoedteologie nie. Verder, Angus noem tog dat die grootste sonde waarna verwys word in bybel, seks is. Die ander sonde is voorspoed.
    Vir my het seks nog net teenspoed gebring. Nou wonder ek of seks, die swart deel van yin-yang idee is? Wat maak vrouens so moeilik oor seks?
    Ek weet as jy jou kaart insit by ATM, moet daar weer iets uitkom... geld.

  • Evolusie, broer, hoef nie progressief te wees nie dit kan ook regressief wees, maw dit wat deur evolusie tot stand gekom het kan ook onder ongunstige omstandighede verloor word.
    "What happens when traits no longer give creatures a competitive edge?

    Some subterranean animals that live in darkness function perfectly well without eyesight, for example. And the tiny leg bones buried in the backs of whales — left over from their land-dwelling ancestors — don't get much action in the ocean."
    https://www.sciencedaily.com/releases/2009/09/090908103904.htm

    Soms kom daar gedagtes by 'n mens op wat volgens Jesus (die Jesus wat jy sê nooit bestaan het) nie jou eie is nie.

    Mat 16.'15Jesus vra hulle toe trompop: “En wat sê julle van My? Wie is Ek volgens julle?”
    16 Simon Petrus het nie ’n oomblik gehuiwer nie: “U is die Christus, die Redder wat deur God na ons gestuur is. U is die Seun van die lewende God.”
    17 Daarop sê Jesus: “Jy is baie gelukkig, Simon seun van Jona! Want jy het dit nie by ander mense gehoor nie. Nee, my Vader in die hemel het self hierdie groot waarheid aan jou bekendgemaak."

    Ongelukkig is daar mense wat jou sal stormloop met waaroor die stuk gaan en raak dit moeilik om die kaf van die koring te skei. Die suurtoets is dan "die spreker/prediker moet verdwyn en Christus na vore kom en gestalte aanneem,” kan jy seker wees dit is die ware Jakob.

    Jy weet tog wat ek met Bybel aanhalings doen. Ek herhaal en herhaal dit, want eendag sal dit tot jou deurdring.

    Lekker dag.

  • Hans Richardt

    FC Boot, hier was ’n ander ou, so dekade gelede wat soos jy geskryf het. Ewolusie het hom ook ingehaal... Ek dink daar is baie wie is soos Bob Marley sing: "everybody wants to go up to heaven, but nobody want to die first"? Dit is wat meeste bang maak oor ewolusie, metamorfose...
    Daar is erger geloifsclichès in SA...
    Dood is deesdae "trauma", instede van onvermydelike noodwendigheid.

  • FC Boot, dis Darwanistiese Evolusie wat jy hier kwytraak – niks nuuts nie. Dit wat nie nodig is nie, nie meer gebruik word nie, verstomp, en verdwyn. Dis waarom die mens mak diere, en troeteldiere het. Dis waarom jy eet wat jy eet. Moet net nie dat jou dominee dit hoor nie, want dis onbybels.

  • Beste Angus
    Nog ‘n stukkie wysheid uit jou ou geykte siening. As dit nie in die Bybel staan nie of die Bybel nie daaroor ‘n uitspraak lewer nie, is dit onbybels. Evolusie dws biologiese evolusie op mikro en makrovlak het begin lank voor die Bybel geskryf is of daar mense op aarde was.
    In Mat 3 preek Johannes die Doper en sê:
    “8Kry eerder julle lewe in orde en doen wat God sê. Wys dat julle berou het oor al julle sondes. 9Moenie julleself bluf deur te sê Abraham is julle pa nie. Dit tel nie by God nie. Hy trek nie mense voor wat uit Abraham se nageslag kom nie. As sulke dinge vir God belangrik was, kon Hy mos die klippe wat hier rondlê in ’n oogwink in kinders van Abraham verander het.”
    Dink jy nie dat God deur ‘n evolusionêre proses mense kon laat ontstaan nie?
    Daar is mos geskrywe: 1 Korintiërs 8:6 DB
    Ons weet egter dat daar net een God is. Alles het deur Hom ontstaan en ons leef net vir Hom. Daar is ook net een Here, naamlik Jesus Christus. Hy is die instrument waardeur alles gemaak is en aan wie ons ook ons bestaan te danke het.
    Die probleem met ateïste is dat hul swaar leun op die wetenskap wat in wese net ontdek wat bestaan.
    Lekker dag!

  • Beste FC Boot, as daar 'n dissipline soos Onlogika was, sou enige universiteit jou as professor daarvan aangestel het. Wys my tog waar in die Bybel word evolusie bespreek, of selfs genoem? Tog nie in die aanhalings van jou nie. Evolusieleer is dus onbybels.
    Ek wil graag ook weet of jy die wette soos dit in die Mormoonse Bybel, The Book of Mormon, uiteengesit is, gehoorsaam? Een daarvan beveel alle gelowiges om die Mormoonse geloof aan te neem. Indien hulle dit nie doen nie, sal hulle in die Katolieke put val, en dit lei tot die hel.
    Indien jy hierdie wette gehoorsaam, weet ons jy is 'n Mormoon. (jy sal tog nie die Katolieke hel kies nie.) As jy nie die Mormoonse wette gehoorsaam nie, wil ek weet waarom nie.
    En verder, Professor, selfs die wetenskap kan nie iets ontdek wat nie bestaan nie. Dis net jou God wat 'n vrou van 'n ribbebeen kan maak. (Of so beweer iemand wat 'n dop Gerin Oil gesluk het.)

  • Beste Angus
    Kom tog by man. Dit het niks te doen wat in die Bybel staan of nie staan nie. Waar sê ek enigsinds dat die Bybel sigself oor evolusie uitraak.
    Goeie genugtig man, was jy werklik 'n lidmaat van enige Christelike kerk?

    Wanneer Paulus in 1 Kolessense vers 16 skryf:

    "God het deur Hom alles geskep wat in die hemel en op die aarde is: alles wat gesien kan word en alles wat nie gesien kan word nie, konings, heersers, maghebbers, gesagvoerders. Alles is deur Hom en vir Hom geskep. "

    Dan beteken dit alles ook die evolusionêre proses.

    Sjoe, van wanneer af gaan dit oor die onderhouding van wette? Verstaan jy dan nie dat Christus juis gekom het omdat die mens nie die wette kan onderhou nie?
    As die mens kon, was Christus onnodig.
    Jy moes nie uitgeloop het nie net so'n klein bietjie meer aandag aan die Heidelbergse Kategismus gegee het.
    Nou is jy nog bietjie oningelig op die koop toe. Dit was nie 'n ribbebeen, maar die woord is sykant. Nou waarom dink jy sou die rabbis nou die vergelyking gebruik het?
    Hoekom nie uit die voet nie? Die man sou op haar getrap het? Ook nie uit die nek nie, sy sou die man gedraai het soos sy wou? Ens. Moenie nou weer kom en sê dat ek so sê nie.

    Omdat jy net nie lus was om enigiets verder in die verband skeppingsverhale te doen pos ek die siening van 'n bekende prof. hier.Die Skeppingsvoorstellings – Adrio König

    Die Skeppingsvoorstellings
    Vir baie Christene is die hoofsaak van wat ons in die Bybel oor die skepping leer, dat God alles net deur die woord, uit niks geskep het. Dit gaan dus om twee voorstellings: God het alles uit niks geskape, en Hy het dit net deur die woord gedoen.

    Alhoewel hierdie twee voorstellings belangrik is, is dit nie korrek dat dit die twee oorheersende voorstellings in die Bybel is nie. As ‘n mens ‘n bietjie moeite doen, kom jy gou agter dat die Bybelskrywers ‘n hele aantal skeppingsvoorstellings gebruik, en dat sommige van die ander baie meer voorkom as hierdie twee, o.a. daadskepping (om iets te maak), en skepping deur voortbrenging (waarvolgens God iets – soos die aarde – beveel om iets anders voort te bring).

    In die volgende bladsye gaan ons in ‘n bietjie meer besonderhede na die skeppingsvoorstellings kyk.
    1 Skepping deur die woord
    Skepping deur die woord kom in die Bybel voor, maar nie so algemeen as wat ons soms dink nie (Gen 1; Ps 33:6,9; Heb 11:3). Omdat so baie mense egter die Bybel so onnoukeurig lees, meen hulle dat Hy volgens Gen 1 alles net deur die woord geskep het. In werklikheid word dit egter net van twee van die agt skeppingsdade gesê: lig, en die skeiding van see en land (Gen 1:3,9). Die ander ses skeppingsdade word wel ingelui deur die formule: `Toe het God gesê…’ maar dit is nie meer ‘n blote bevel waardeur iets tot stand gebring word nie. Dit is eerder ‘n bevel aan iets om iets anders voort te bring. Soms bring hierdie iets dan iets anders voort (bv. die aarde bring plante voort – 1:11ev), maar soms gebeur dit skynbaar nie en doen God dit self (1:24ev). Wat ook nog hier bykom, is die feit dat ons in ‘n paar gevalle iets van ‘n herhaling het. God sê dat iets tot stand moet kom, maar dan maak Hy dit ook nog (6-7;14-18;20-21;24-25). As ons uiteindelik by die skepping van die mens kom, dan is dit selfs glad nie meer ‘n bevel nie, dan is dit ‘n besluit waarop God self reageer en die mense deur ‘n daad skep (v26-27).
    Dit is dus onnoukeurig om te dink alles is net deur die woord geskep. Daar is ‘n ryk verskeidenheid van skeppingsvoorstellings in Genesis 1, en nog meer in die res van die Bybel.
    2 Skepping uit niks
    Skepping uit niks is ‘n voorstelling wat nie in die Bybel voorkom nie. Die beroep op Paulus is nie oortuigend nie want dat God `dinge wat nie bestaan (het) nie, tot stand bring deur sy woord’ (Rom 4:17) sê nie dat Hy hulle uit niks tot stand gebring het nie. Hy kon hulle ook uit iets anders gemaak het, soos Hy inderdaad in baie gevalle gedoen het (plante uit die aarde Gen 1:11ev). So ook nie die beroep op Hebr 11:3 nie. `Die sigbare dinge het dus nie ontstaan uit iets wat ons sien nie’ kan beteken dit het ontstaan uit onsigbare dinge, dinge wat ons nie kan sien nie. Selfs die uitspraak uit 2 Makkabeërs 7:28ev, een van die Apokriewe boeke, is onseker, sodat die oudste duidelike verwysing na skepping uit niks eers in die Herder van Hermas voorkom – ‘n geskrif uit die einde van die eerste eeu nC.
    Daar is egter meer op die spel as dat skepping uit niks nie in die Bybel voorkom nie. Eintlik kon dit nie in die Bybel voorgekom het nie, in elk geval nie in die Ou Testament nie. Die Jode het nie die begrip `niks’ in hierdie sin geken nie. `Niks’ is ‘n teoretiese begrip wat die totale afwesigheid van enige materie aandui. Ons sal nou-nou sien dat die Hebreeuse woord vir `niks’ heeltemal iets anders beteken het. Dit was eers in ‘n Griekse atmosfeer dat `niks’ die betekenis gekry het van die totale afwesigheid van enigiets. Eers toe kon die oortuiging van skepping uit niks ontstaan.
    ‘n Mens kan ook uit ander gegewens aflei dat die Jode nie regtig die vraag radikaal deurdink het of daar absoluut niks voor die skepping bestaan het nie. Dink maar aan die voorstelling van stryd by die skepping. Van die begin af beskerm die Here sy skepping teen vyandelike magte. Teoreties is dit onmoontlik as daar nog niks bestaan het toe Hy geskep het nie. Maar ons weet dat die Bybelskrywers nie in ‘n studeerkamer oor die skepping sit en dink en alle moontlikhede sorgvuldig oorweeg het nie. Hulle het in gespanne situasies van nood opgetree waarin hulle op dringende vrae antwoorde moes probeer gee, vrae soos: Kan God ons uit hierdie nood verlos?
    3 Stryd by die skepping
    Ons het hier te doen met ‘n skeppingsvoorstelling wat vir eeue lank nie eintlik aanvaar is onder Christene nie. ‘n Mens kan dit ook maklik verstaan. Die voorstelling dat God uit niks geskep het, was so oorheersend dat daar nie ruimte was vir hierdie voorstelling nie. As daar niks was by die skepping nie, waarteen moes God dan stry en sy skepping bewaar? Waar dié voorstelling dan tog oorweeg is, is gewoonlik aanvaar dat Hy eers die engele geskep het en dat sommige engele baie gou ongehoorsaam geword het, sodat Hy die res vn sy skepping teen hulle moes beskerm.
    Vandag is dit makliker om ruimte te maak vir die voorstelling van stryd by die skepping. Ons besef beter dat die verskillende voorstellings langs mekaar staan en tegelyk waar is, omdat die skrywers nie daardeur wou sê hoe God geskep het nie, maar eerder iets oor God en oor die geskape werklikheid wou sê. So weet ons byvoorbeeld dat skepping deur die woord nie beteken dat God letterlik alles net deur ‘n bevel geskep het nie, maar eerder dat God magtig is en nie hulp nodig gehad het om te skep nie.
    Stryd by die skepping beteken dat God by die skepping magte oorwin het wat sy skepping bedreig het. Waar dié magte vandaan gekom het, is nie regtig ter sake nie, want Israel het nie teoreties nagedink oor presies wat by die skepping gebeur het nie. Dat hulle nie gedink het aan `niks’ soos ons daaraan dink as die totale afwesigheid van enigiets nie, blyk o.a. uit die feit dat hulle onder `niks’ die afgode verstaan het (o.a. Deut 32:21; 2 Kon 17:15; Jer 8:19; 14:22; 16:19). `Nikswerd afgode’ is eintlik ‘n vertaling van `nikse’ en beteken dat die afgode niks is in vergelyking met God nie – dus glad nie Gode is nie.
    Israel het die voorstelling van stryd by die skepping met die omringende volke gedeel by wie dit ‘n belangrike rol gespeel het. Onder hierdie volke was daar die gedagte dat daar ‘n groot stryd was tussen sekere Gode en dat die een groep dan die oorwinning behaal het en die aarde en die mense uit oorblysels van die oorwonne Gode gemaak het. Tydens die ballingskap in Babilon is Israel gekonfronteer met so ‘n voorstelling. ‘n Mens moet onthou dat hulle oorwin en weggevoer is, en dat hulle oorwinnaars hul oorwinning aan hul eie Gode toegeskryf het. In Babilon is dan elke jaar – ten aanskoue van die ballinge! – die fees vir Marduk gevier, die triomfantelike God wat vir Apsu verslaaan het en uit ‘n deel van haar lyf die aarde gemaak het. Marduk is nou aan hulle voorgehou as die magtige een wat ook die Here oorwin het sodat die Babiloniërs hulle in ballingskap kon wegvoer.
    Dit is in hierdie lig merkwaardig dat die profete bereid was om hierdie voorstelling te gebruik. Dit is in soveel opsigte vreemd aan Israel se geloof in God. Hy was nooit in ‘n bloedige geveg met ander Gode betrokke nie. Hy het ook nie sulke `oerstof’ soos godeliggame gebruik om te skep nie. En tog sien die profete ‘n besondere geleentheid as hulle juis hierdie voorstelling wat so populêr in Babilon was, kan gebruik en in sy teendeel kan omdraai, nie as Marduk wat die ander Gode verslaan het – en per implikasie ook die Here nie – maar as die Here wat die ander verslaan. Dit het die troosboodskap dat God sy volk sal bevry, op ‘n merkwaardige wyse tuisgebring.
    Maar hulle pas die voorstelling aan om by hulle geloof in God te pas. Hulle stel die ander Gode nie as Gode voor nie, maar as chaosmagte wat God se skepping bedreig het. God oorwin die chaosmagte deur hulle te vernietig. Hy maak nie eens verder van hulle liggame gebruik nie. Die boodskap is duidelik: As God hulle eenmaal oorwin het, kan Hy dit weer doen, en daarom kan Israel met vertroue die vervulling van sy belofte van bevryding afwag, ook in hierdie skynbaar hopelose situasie van die ballingskap.
    Hierdie voorstelling kom dikwels in die Bybel voor (vgl o.a. Job 9:36-38; Ps 74; 89; 104; 148; Jes 51:9ev; Jer 5:22).
    Omdat hierdie voorstelling selde ernstig oorweeg word, is dit belangrik om in meer besonderhede na minstens een voorbeeld te kyk, Ps 74.
    Ps 74 kan in drie dele verdeel word: 1-11; 12-17; 18-23. Die eerste deel is ‘n aangrypende klag oor die feit dat God nie ingryp in die vreeslike nood van sy volk nie. (Die Psalm is waarskynlik in Babilon tydens die ballingskap geskryf.) Die tweede deel is ‘n loflied oor die groot oorwinnings wat Hy behaal het oor die chaosmonsters. Die derde deel is ‘n dringende oproep dat Hy terwille van sy eer, sy verbond en sy volk, moet ingryp en Israel verlos van sy wrede oorheersers.
    Sommige verklaarders meen dat 12-17 nie regtig goed hier inpas nie. Die eerste en die derde dele pas pragtig bymekaar: eers die aangrypende klag dat God nie iets doen aan die nood van sy volk nie, en dan die dringende oproep dat Hy moet ingryp. Maar hoe pas die loflied van die tweede deel oor God se oorwinnings hier in? Is dit nie per ongeluk van elders af hier ingevoeg nie?
    Nee, dit pas presies. Die loflied prys die Here omdat Hy die vreeslike seemonsters oorwin het. As Hy dít kon doen, kan Hy dit sekerlik ook met die huidige verdrukkers van Israel doen. Dit sit dus krag by die digter se oproep in die derde deel van die Psalm dat God moet ingryp.
    As ons nou nader ingaan op die tweede deel, is dit duidelik dat dit om God se skeppingsdade gaan. Ook op ander plekke word die seemonsters in verband met die skepping genoem (Ps 89:10-13; Jes 51:9ev). Hier word verder verwys na die skepping van son en maan, na die vasstelling van die seisoene (eintlik grense) van die aarde, na die begin van somer en winter. Dit wys alles terug na die skepping.
    Wat het God dan by die skepping gedoen? Hy het die koppe van die seemonsters vermorsel, ook dié van Leviatan, Hy het die son en die maan geskep, die groot `Gode’ van Babilon, Hy het die grense van die aarde vasgestel, wat beteken dat Hy die dreigende see (wat self as ‘n chaosmonster beskou is – Jes 51:10) `agter grense ingeperk het’ (Job 38:8-11; Jer 5:22).
    Die voorstelling van stryd by die skepping word dus hier aangepas om iets te sê van die groot mag van God wat sy skepping teen bedreiging beskerm – iets soortgelyks as die skeidingsmotief in Gen 1.
    Dit help ons ook verstaan waarom lofliedere so dikwels na die skeppingswerk van God verwys. Hy word geprys oor sy groot krag waardeur Hy alles tot stand gebring het. Dit hou die verwagting lewendig dat Hy ook nou in sy volk se nood sal ingryp. Ons het pragtige voorbeelde hiervan in die pelgrimsliedere in die Psalms (115:15; 121:2; 124:8; 134:3; 146:6).
    4 Skepping deur skeiding
    In verband met stryd by die skepping dink ‘n mens byna onwillekeurig aan nog ‘n voorstelling wat nie so algemeen bekend is nie: skepping deur skeiding. In sy skeppingswerk skei God sekere dinge van mekaar. In Gen 1 skei Hy elke keer iets gevaarliks af van iets wat goed is. Hy skei die donker af van die lig (v4), die waters in die lug (dink aan die sondvloed!) van dié op die aarde (v6-7), die see van die land (v9-10), en die nag van die dag (v14ev). Dit is opvallend dat die skrywer nie noem dat Hy die donker, die water, die see, en die nag geskep het nie. Hy skei juis hierdie dinge af van dit wat Hy geskep het. Ons het hier dus skynbaar dieselfde gedagte as in stryd by die skepping, dat God van die begin af sy skepping teen bedreiging beskerm.
    5 Die duister elemente in die skepping
    Daar is sekere dreigende, duister elemente in die skepping. Sowel in stryd by die skepping as in skepping deur skeiding het ons daarna verwys. Wat word hieronder verstaan?
    Die duister elemente is almal elemente wat Israel baie negatief beleef het. En dit is nie so vreemd nie. Die meeste mense het ‘n bepaalde huiwering vir hierdie dinge: vir donkerte en die nag; en vir die mag van water, veral in die vorm van die see. Wie dit betwyfel, kan net volgende keer ‘n bietjie te diep in die see ingaan as daar groot golwe is.
    Israel het hierdie elemente met die magte van die duisternis geassosieer. In die meeste skeppingsverhale in die Bybel word nie gesê dat hierdie duister elemente deur God geskep is nie (al is daar uitsonderings soos byvoorbeeld die see – Ps 95:5; 146:6). Die skrywers het nie teoreties nagedink oor waar hierdie negatiewe dinge vandaan kom nie.
    Dit kan interessant wees om vir ‘n oomblik in die Bybel oor die see te lees. Dit word voorgestel as ‘n mag wat die mense wat op die droë grond leef, met sy golwe wil vernietig deur ons te oorspoel. Daarom het God die see `agter grense ingehok’ wat dit soos tralies inperk (Job 28:8-11 Ps 104:6-9; Jer 5:22). Hierdie siening gaan deur tot in die NT waar Jesus die see soos ‘n bose mag behandel. As die storm op see sy lewe en dié van die dissipels bedreig, `bestraf’ Hy die wind, dieselfde wat Hy met bose magte in mense se lewens doen (Mark 4:39). En as Johannes op Patmos ‘n gesig sien van die nuwe hemel en die nuwe aarde, is daar nie meer ‘n see nie (Op 21:1). Dit het geen plek op die nuwe aarde nie! So radikaal is die see deur Israel vereenselwig met die bose wat vernietig sal word.
    ‘n Mens kan dieselfde pad loop met die duisternis en die nag. Daar is nooit sprake van die skepping van die nag of die donker nie. As eerste skeppingsdaad skep God die lig en skei die duisternis daarvan af. Dwarsdeur die OT het duisternis ‘n negatiewe betekenis. In die NT word Jesus die lig van die wêreld genoem, en die duisternis word vereenselwig met dié wat teen Hom is. Ook sy volgelinge word lig genoem en kinders van die lig. En op die nuwe aarde is daar geen duisternis en nag meer nie. Natuurlik ook nie meer ‘n son of ‘n lamp nie, maar nie omdat daar iets met lig verkeerd is nie, maar omdat God en die Lam self die lig vir die nuwe aarde is (Op 22:5).
    Daar is dus van die begin af negatiewe magte ter sprake, en die Bybelskrywers is nie so bekommerd soos ons oor waar hulle vandaan kom nie. Hulle is meer bekommerd daaroor dat hulle vernietig moet word sodat die nuwe aarde vry van hulle sal wees. En is dit nie ‘n paslike reaksie nie? Wat is die belangrikste: dat daar vóór die skepping van hemel en aarde niks negatiefs was nie, of dat daar ná die vernuwing van die aarde niks negatiefs sal wees nie?
    Interessant dat ons in hierdie verband meestal meer bekommerd is oor die verlede as oor die toekoms. Israel was nie. Hulle het min aandag aan de vraag gegee of daar alreeds bose magte tydens die skepping was. As hulle iets daaroor gedink het, was dit waarskynlik dat hulle al bestaan het, maar hulle het hul nie teveel daaroor bekommer nie. Ons dink meestal egter anders. Ons wil ten alle koste die versekering hê dat daar niks voor die skepping van hemel en aarde bestaan het nie, maar intussen aanvaar ons sonder probleme dat daar tot in ewigheid boosheid en ellende in die hel sal wees.

    Mense wonder dikwels oor verskeie aspekte van die Christelike geloof. Fokus op 300 Geloofsvrae deur prof Adrio König is ʼn baie nuttige naslaanwerk wat ʼn verduideliking van 300 geloofsvrae bied.
    Bybelkennis gaan gereeld gedeeltes uit hierdie bron publiseer. Ons dank aan prof König en Lux Verbi.BM vir hierdie vergunning.

    Skrywer: Prof Adrio König

  • Beste FC Boot,
    Ek weet nie eens wat “dat die Bybel sigself oor evolusie uitraak” beteken nie; dus kon ek nie sulke woorde geskryf het nie. My ou buurman het gekla dat hy uit whiskey uitraak, en dis al hoe ek die woord ken.

    Ek het jou ‘n vraag gevra. Ek wil weet waarom jy nie die wette, soos vervat in die Mormoonse bybel, gehoorsaam nie.

  • Baie eenvoudig dit is 'n herhaling van die 10 gebooie. Jy word nie deur die wet gered nie. Die Bybel kan nie gebruik word on evolusie as waar of onwaar te bewys nie.
    Wat die Bybel wel sê dat alles, die sigbare en onsigbare, deur Christus (wat jy sê nie bestaan het nie) tot stand gekom het.
    In eenvoudige taal God is ook die God van evolusie.

  • FC Boot, Nee, dis sommer net 'n herhaling nie. Een van die belangrike wette van die Mormoonse bybel vereis dat gelowiges die Mormoonse geloof moet aanneem, of moet kies om in die Katolieke put wat na die hel lei moet val.

    My vraag is: waarom gehoorsaam jy nie hierdie wet nie? (Moenie my vraag probeer ontwyk nie.)

  • Beste Angus
    Ag nee man. As jy enigiets van die Mormoonse geloof geweet het, sal jy weet dat dit buite die sambreel van die sambreel van die Christendom val. Nou vir die laaste keer die wet waarna jy verwys, is die instrument waaraan geen mens vanweê sy natuur kan voldoen nie.
    Omdat jy sukkel om die 'Die Verband tussen die Wet en Genade' te verstaan pos ek hier volledig en met erkenning aan Johan Malan, Universiteit van die Noorde:
    Dit is vir baie Christene problematies om tussen God se wet en sy genade te kan onderskei. Soms word daar in die Nuwe Testament geen verdere bestaansreg aan wetsnakoming verleen nie, maar in ander gevalle word die verhewe en tydlose beginsels van God se wet aan ons voorgehou as ’n riglyn vir ons lewe en iets waarin ons onsself moet verbly. Hierdie twee uiteenlopende standpunte blyk duidelik uit Paulus se briewe:
    Enersyds sê hy dat ons nie onder die wet is nie, maar onder die genade (Rom. 6:14), en ook dat deur die werke van die wet geen vlees voor God geregverdig sal word nie, omdat die wet die hele wêreld as sondaars brandmerk en doemwaardig voor God maak (Rom. 3:19-20). Vir die Galásiërs sê hy dat die wet vir ons ’n vloek geword het (Gal. 3:13) omdat ons nie deur wetsnakoming gered kan word nie: “Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval” (Gal. 5:4).
    Andersyds sê Paulus dat die wet heilig, regverdig en goed is (Rom. 7:12) en dat die relevansie daarvan as ’n goddelike riglyn vir ons lewens steeds vas staan: “Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet” (Rom. 3:31). Die Here Jesus sê ook dat Hy nie gekom het om die wet en die profete te ontbind nie, maar te vervul. Niemand mag geleer word om hierdie gebooie te verbreek nie (Matt. 5:17-19). Hoe moet ons dan die wet beoordeel en wat is die verband tussen die wet en genade?
    Verskillende soorte wette:
    Die wet van die Here word in die eerste vyf boeke van die Bybel beskryf en in Hebreeus die Torah genoem. Torah beteken om te onderrig en behels God se riglyne waarvolgens sy volk Israel moes lewe. Daar is 613 voorskrifte in die Torah, wat ook as die Pentateug bekend staan. Hieronder kan die volgende sewe soorte wette onderskei word:
    • Wette oor Israel se verhouding met God, veral met betrekking tot die aanbidding, verering en navolging van Jahweh, asook die feit dat Israel nie afgodediens mag beoefen nie. Geen ander gode mag voor die aangesig van die Here gebring word nie.
    • Wette oor ‘n teokratiese regering. God het oppergesag geld oor sy volk, daarom moes hulle Hom raadpleeg en ken in al hulle besluite. Die leiers van die volk moes al God se wette eerbiedig, hulle onderdane in die onderhouding daarvan onderrig, met die priesters en profete van die Here saamwerk, toesien dat die jong geslag in die vrees van die Here onderrig word, en oorloë teen die vyande van God voer.
    • Wette oor menseverhoudings en morele en etiese sake. Dit sluit ’n groot aantal bepalings oor die huwelik, verhoudings tussen mans en vrouens, ouers en kinders, werkgewers en werknemers, regeerders en onderdane, asook verhoudings met vreemdelinge soos slawe en proseliete in. Verder word persoonlike gedrag, barmhartigheidsdiens, sedelike kuisheid, verskeie vorms van verontreiniging, rein en onrein voedselsoorte, en reinigingsrituele omskryf.
    • Wette oor ekonomiese sake. Hierby inbegrepe is wette oor arbeid, lone, die gee van tiendes, landbou-aktiwiteite, oes- en slagprosedures, asook natuur- en grondbewaring.
    • Seremoniële wette soos feeste en sabbatte, wat almal skaduagtige heenwysings na die koms van die Messias is. Israel moes hierdeur op die koms van die Messias voorberei word.
    • Offers en ander ritusse as tydgebonde heenwysings na die eenmalige offer van die Messias, wat in die volheid van die tyd gebring sou word. Israel is hierdeur voorberei om die betekenis van die Messias se eenmalige offer aan die kruis te begryp, toe Hy homself as die volmaakte Lam van God geoffer het om versoening vir alle mense se sondes te doen.
    • Wette oor priesterskap onder die leiding van ‘n hoëpriester. Die middelaarsrol wat deur priesters beoefen is, sou met die koms van die Messias vervul word, was as Hoëpriester in die orde van Melgisédek ’n amp sou vervul wat nie op ander priesters sou oorgaan nie. Deur sy kruisdood sou vrye toegang aan alle gelowiges tot die genadetroon verleen word.
    • Wette oor profete. Die Ou Testament bepaal dat profete 100% korrek moes profeteer, ooreenkomstig dit wat die Here aan hulle bekend gemaak het. Valse profete wat hulle eie, misleidende woorde gespreek het, moes gestenig word. Hierdie amp sou, volgens Moses, voortduur totdat God ’n ander Profeet (die Messias) sou stuur (Deut. 18:15,18).
    Uit die aard van die verskillende kategorieë wette is dit duidelik dat sommige daarvan tydlose, universele reëls is wat vir almal geld, terwyl baie daarvan slegs ’n voorbereidende funksie met die oog op die koms van die Messias gehad het. In Hom is hulle finaal vervul en sou nie daarna in hulle oorspronklike vorm voortgesit kon word sonder om die Messias te verloën nie. Selfs die tydlose reëls is ook in die Messias vervul omdat net Hy die hele wet volmaak kon nakom. Deur sy genadewerk en die krag van die Heilige Gees stel Hy gelowiges in staat om die geestelike en morele beginsels van God se wet (’n rein hart, ’n rein lewe en opregte diens aan die Here) te eerbiedig en uit te leef. Hy maak dit vir ons moontlik om die verhewe doelstellings van die wet te kan uitleef: “Wat vra die Here van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?” (Miga 6:8).
    Die Nuwe Testamentiese wet van die liefde:
    Hoe moet ons weet watter aspekte van God se wet nog steeds in die Nuwe Testament geld? Die Here Jesus het dit alles vir ons in die wet van die liefde saamgevat toe vraag aan Hom gestel is: “Meester, wat is die groot gebod in die wet? En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hieraan gelykstaan: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete” (Matt. 22:36-40).
    In hierdie opsomming het Christus Skrif aangehaal wat die Tien Gebooie in twee dele verdeel, nl. Liefde tot God (Deut. 6:5) en liefde tot ons naaste (Lev. 19:18,34). In die nakoming van die wet van die liefde sal ons alle wette vervul wat op ons verhouding met God en ons naaste betrekking het. As ons God waarlik liefhet, sal ons heilig voor Hom leef en nooit ander gode voor sy aangesig bring nie (2 Kor. 6:14-18). Dieselfde beginsel van liefde geld vir ons verhouding met ander mense: “Wees aan niemand iets skuldig nie, behalwe om mekaar lief te hê; want hy wat ‘n ander liefhet, het die wet vervul. Want dit: jy mag nie egbreek nie, jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, jy mag nie begeer nie, en watter ander gebod ook al, word in hierdie woord saamgevat: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet” (Rom. 13:8-10).
    Nege van die Tien Gebooie word in die Nuwe Testament herhaal, in die wet van die liefde saamgevat en op alle gelowiges van toepassing gemaak. Die eerste drie gebooie vereis liefde tot God (Ex. 20:2-7) en die laaste ses bepaal ons menseverhoudings (Ex. 20:12-17). Die vierde gebod het op die onderhouding van die sabbat op die sewende dag van die week betrekking (Ex. 20:8-11). Dit is die enigste van die Tien Gebooie wat nie in Christus se opsomming weerspieël word nie, omdat Hy dit doelbewus uitgelaat het. Waarom? Omdat dit slegs aan Israel gegee is as ’n teken tussen hulle en God (Ex. 31:17). Die onderhouding van die sabbat moes die volk se aandag op die uittog uit Egipte vestig (Deut. 5:15) en hulle daaraan herinner dat die Here hulle verlos, heilig en afsonder vir sy diens (Eseg. 20:12). Ná die Babiloniese ballingskap het die viering van die sabbat onder Jode ontaard en het veral die Fariseërs verskeie nuwe bepalings bygevoeg oor wat nie op hierdie dag gedoen mag word nie. Oor hierdie leerstuk van hulle het Jesus dikwels met hulle in botsing gekom (vgl. Matt. 12:1-8).
    Die sabbat was een van die seremoniële wette wat net ’n skaduagtige betekenis in die Ou Testament gehad het, hangende die koms van die Messias. Paulus sê: “Laat niemand julle dan oordeel in spys of in drank of met betrekking tot ‘n fees of ‘n nuwemaan of sabbat nie, wat ‘n skaduwee is van die toekomstige dinge; maar die liggaam behoort aan Christus” (Kol. 2:16-12). Ons is nie meer onder die verpligting van wette oor kos (behalwe dit wat deur afgode besoedel is), feeste en sabbatte nie, omdat die nuwe lewe in Christus nie van die onderhouding daarvan afhanklik is nie. In Hom het ons die rus van die Here betree, en behoort elke dag ‘n dag van toewyding aan Hom te wees.
    Of ons spesiale dae vir toewyding aan die Here het of nie, is ’n saak van persoonlike oortuiging in die lig van ons omstandighede: “Die een ag die een dag bo die ander, die ander ag al die dae gelyk. Laat elkeen in sy eie gemoed ten volle oortuig wees” (Rom. 14:5). Ons het nie rigiede wetsbepalings wat dit betref nie, slegs ’n lang Christelike tradisie van Sondag-aanbidding. Dit het begin by Jesus se opstanding uit die dood op ‘n Sondag en sy prediking aan die dissipels op dieselfde dag (Joh. 20:1,19-22), hulle ontmoeting ’n week later weer op ’n Sondag, en die uitstorting van die Heilige Gees op die sewende Sondag ná Jesus se opstandingsdag. Daarna het die Here Jesus se dissipels spontaan op Sondae byeengekom om sy opstandingsdag te vier en hulleself ook duidelik van wettiese byeenkomste deur die ortodokse Jode op die sewende dag te distansieer (Hand. 20:7; 1 Kor. 16:1-2).
    Nuwe Testamentiese gelowiges uit die nasies moet daarop bedag wees dat hulle nooit deel van Israel en sy verbonde en wette was nie, en dit ook nie ná hulle bekering word nie. ’n Belangrike deel van God se verbond met die Jode sluit die reg tot die bewoning van die land Israel in. Hierdie reg, sowel as ander aspekte van hulle verbonde met die Here, is nie op die kerk oordraagbaar en dus ook nie op hulle van toepassing nie.
    Die vraag is: watter wette moes die apostels op die heidene van toepassing maak, want daar is tog algemeen geldende beginsels in God se wet vir alle mense. Daar is reeds op gewys dat die wet van die liefde vir alle gelowiges geld en dat dit in verskeie Nuwe Testamentiese voorskrifte vervat word. Hierbenewens is daar volgens ’n besluit wat in Handelinge 15 bespreek word, net drie van Israel se wette wat op gemeentes in die nie-Joodse wêreld van toepassing gemaak is:
    Eerstens is daar in Handelinge 15:20 die verwysing na voedsel wat deur afgode besoedel is. Dit moet in die lig van Openbaring 2:14 en 20 beoordeel word, waarin die Here Jesus twee van sy gemeentes duidelik teen die eet van afgodsoffers waarsku. Dit was ’n algemene gebruik onder die nie-Joodse nasies om onthale in afgodstempels te hou en daar kos te eet wat aan die afgode geoffer is. Paulus het hierdie gebruik in 1 Korinthiërs 10:14-20 sterk veroordeel en onder meer gesê: “Wat sê ek dan? Dat ’n afgod iets is, of dat ’n afgodsoffer iets is? Nee, maar dat die heidene wat dit offer, aan duiwels offer en nie aan God nie. En ek wil nie hê dat julle met die duiwels gemeenskap moet hou nie.”
    Tweedens was hoerery so algemeen onder die heidense nasies dat hierdie vorm van immoraliteit ook deur baie gelowiges beoefen is. Paulus waarsku in 1 Korinthiërs 6:12-18 hierteen. Hy wys daarop dat ons liggame ‘n tempel van die Heilige Gees is, en sê dan: “Vlug vir die hoerery... wie hoerery bedryf, sondig teen sy eie liggaam... Julle is duur gekoop. Verheerlik God dan in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.”
    Die derde gebod gaan terug na Genesis 9 waar God ‘n verbond met Noag sluit, wat vandag nog van krag is. Hy het aan mense die reg gegee om vleis te eet, maar die bloed moes uit die vleis gedreineer word. Dit beteken dat daar ook nie bloedwors geëet mag word nie.
    Al drie hierdie verbodsbepalings moet as moreel-etiese reëls gesien word. Deur dit na te kom, sal Christene hoë morele standaarde handhaaf en nie aanstoot aan Jode gee nie, aan wie hierdie verbodsbepalings goed bekend was. Let wel, dat hierdie wette wat aan die Christene uit die heidense nasies gegee is om te onderhou, glad nie enige seremoniële wette soos feeste of sabbatte ingesluit het nie, en ook nie diere-offers of ritusse soos die besnydenis nie.
    Kenmerke van die wet:
    Die feit dat die groot meerderheid van Israel se 613 wette nie op die Nuwe Testamentiese kerk onder Jode én heidene oorgedra is nie, en dat dié wat wel oorgedra is binne die raamwerk van ’n totaal nuwe genadeverbond gedefinieer word, dui daarop dat die bedeling van die wet as sodanig verby is. In die lig van die progressiewe ontplooiing van God se raadsplan met die mens het die wet dispensasioneel egter ‘n baie belangrike doel in Israel gedien. Wat is hierdie doel?
    Die wet het niks met verlossing of redding te doen nie. Israel het eers die wet ontvang nadat hulle deur ’n soewereine daad van God uit die slawehuis van Egipte gered is. Die slag van die offerlam in Egipte en die besprinkeling van sy bloed aan hulle deurposte, asook hulle wonderbaarlike uittog daarna, was uiterlike tekens van God se reddende genade oor Israel. Die paaslam dui profeties op die Lam van God wat in die volheid van die tyd sy lewe aan die kruis afgelê het sodat Hy die sondes van Israel en die hele wêreld kon wegneem (Joh. 1:29; 1 Kor. 5:7; 1 Pet. 1:18-19).
    Die wet is uitgebreide riglyne waarvolgens God se verloste volk moes leef. Tydens die gee van die wet was Israel reeds die verloste volk van God gewees: “Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het” (Ex. 20:2). Israel moes nou geleer word om ‘n afgesonderde, heilige lewe te lei sodat hulle God kon behaag en dien. Hulle het geen kennis van die geregtigheid van God gehad nie, en moes deur middel van ’n groot aantal wette prakties leer wat om te doen en wat om nie te doen nie. Deur dit getrou na te volg en uit te leef, sou hulle die Here dien en geen aandeel aan die morele verdorwenheid en afgodediens van die heidennasies rondom hulle hê nie.
    Die wet skerp die beginsel van liefde by Israel in. Hulle moes die Here hulle God van harte liefhê en hulleself met al hul kragte hieraan toewy (Deut. 6:5). Hulle moes ook hul mede-volksgenote liefhê soos hulleself en hierdie liefde verder uitbrei om ook die vreemdelinge in hulle midde in te sluit (Lev. 19:18,34). Die innerlike, geestelike motivering het in die bedeling van die wet egter ontbreek om die liefde van harte uit leef, omdat die wet mense nie gehelp het om oorwinning oor hulle sondige natuur te verkry nie.
    Die wet bring kennis van die sonde. Sonder die wette van God sou Israel nie geweet het wat sonde is nie, want sonde is ’n bewuste oortreding van ‘n bekende wet van God. Paulus sê: “...deur die wet is die kennis van sonde... Ek sou die sonde nie anders as deur die wet geken het nie; want ek sou ook die begeerlikheid nie geken het nie as die wet nie gesê het: Jy mag nie begeer nie... waar geen wet is nie, daar is ook geen oortreding nie” (Rom. 3:20; 7:7; 4:15). “Die krag van die sonde is die wet” (1 Kor. 15:56), want die wet is die spieël waarin ons die sonde en rebellie van die mensdom kan sien. Die wet het in werklikheid die sonde meer laat word omdat dit die sonde in sy groot omvang beskryf het – hoe meer wetlike bepalings, hoe meer sonde is daar (Rom. 5:20).
    Die wet maak van mense slawe van die sonde. Omdat die wet nie die gevalle, sondige natuur van die mens kan verander nie, maak dit van hom ’n slaaf van die sonde deur ’n onbereikbare hoë standaard aan hom te stel. As gevolg van sy sondige natuur is die mens wat onder die wet is, van nature ’n wetsverbreker en per definisie ’n helverdiende sondaar. Die wet verklaar mense nie net tot sondaars nie, maar plaas hulle ook onder die toorn van God omdat hulle die wet nie voortdurend en in alle opsigte kan nakom nie: “Want die wet werk toorn; maar waar geen wet is nie, daar is ook geen oortreding nie... want voor die wet was daar al sonde in die wêreld; maar sonde word nie toegereken as daar geen wet is nie” (Rom. 4:15, 5:13)
    Die wet vereis sondevergifnis op grond van God barmhartigheid en genade. Omdat die wet ’n standaard stel wat behalwe vir God se volmaakte Seun, Jesus Christus, nog nooit deur een mens gehandhaaf kon word nie, vereis dit daaglikse instellings waardeur die volk vergifnis van hulle menigvuldige sondes kon verkry. Hieruit het die uitgebreide offerdiens van die Ou Testament voortgevloei, asook ’n orde van priesters wat as middelaars tussen sondige mense en ’n heilige God kon optree. Die wet het die hele volk, insluitende die priesters, tot sondaars verklaar, en dit het meegebring dat selfs die hoëpriester net een maal per jaar die Allerheiligste van die tempel kon betree om ’n bloedoffer vir die versoening van die volk se sondes te bring. Op grond van sy barmhartigheid en genade het God telkens die volk se sondes van wetsverbreking vergewe as hulle dit met opregte harte bely en hulle daarvan bekeer het.
    Die wet is ’n noodsaaklike voorbereiding op die koms en genadewerk van die Messias. Die diere-offers wat ooreenkomstig die eise van die wet as versoening vir sondes gebring is, was onvolmaak en onvoldoende – dit moes in ‘n volmaakte, eenmalige offer vir die sondes van die hele wêreld vervul word: “Want die wet, wat ’n skaduwee het van toekomstige weldade... kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gebring word, die wat toetree tot volmaaktheid lei nie... want die bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem. Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie, maar U het vir My ’n liggaam berei... Toe het Ek gesê: Kyk Ek kom... om u wil te doen, o God... Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal” (Heb. 10:1-10). Die offers in die bedeling van die wet kon dus nie ‘n blywende verandering bring nie, daarom is die belofte van ’n nuwe verbond onder die Messias by Israel ingeskerp. Hulle het reikhalsend na die koms van die Messias uitgesien, maar was geestelik so afgestomp dat hulle volksleiers Hom nie eers kon herken toe Hy wél gekom het nie.
    Die offers onder die wet het net ‘n skaduagtige betekenis as heenwysings na die Messias se kruisiging gehad. Jode in die Ou Testament is by voorbaat op grond van die Messias versoeningswerk aan die kruis gered, gevolglik het die diere-offers net ‘n tipologiese betekenis gehad. “Alhoewel hulle almal deur die geloof getuienis ontvang het, het hulle die belofte nie verkry nie” (Heb. 11:39). Die Messias, op wie hulle hul hoop gestel het, hét egter gekom en daardeur die tweede Adam vir alle mense geword wat as gevolg van die eerste Adam se sondeval ’n verdorwe natuur gekry het. Net die Messias kon aan al die eise van die wet voldoen en daardeur vryspraak vir almal bewerk wat op grond van die wet se bepalings sondaars geword het op wie die toorn van God rus. Hy is die hoop van Israel én die hele wêreld – die enigste Verlosser wat vryspraak aan sondaars kan bied (Rom. 5:19).
    Die wet het verskeie beperkings as gevolg van menslike swakhede en onvolmaakte offers gehad. Die bedeling van die wet het mank gegaan aan dienswerk deur onvolmaakte hoëpriesters, daarom moes dit deur die genadewerk van ’n volmaakte Hoëpriester vervang word. Die diere-offers was ook onvoldoende en moes deur die offer van ‘n volmaakte Offerlam vervang word. “Want die wet stel as hoëpriesters aan mense met swakhede” (Heb. 7:28). Hulle moes eers vir hul eie sondes offers bring en dan vir dié van die volk (Heb. 7:27). Die offers wat hulle gebring het, kon ook nie regtig ’n wesenlike verskil maak nie: “Elke priester staan wel dag vir dag om die diens waar te neem en dikwels dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sondes kan wegneem nie” (Heb. 10:11). Deur die wet is Israel in bewaring gehou totdat die Messias gekom het om vir hulle te doen wat die wet nie kon doen nie: “Voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word. Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof” (Gal. 3:23-24).
    Die wet moes die weg na ’n beter verbond baan. Die wet het duidelike maar menslik onbereikbare eise oor God se geregtigheid aan mense gestel. Die gebrek aan ’n vaste grondslag vir versoening, asook die onvolmaakte bediening deur priesters wat self met swakhede bevange was, verklaar die feit dat dit net ‘n voorbereidende fase vir ’n beter verbond was. “Jesus [het] van ‘n beter verbond borg geword... Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan... Want so ’n Hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemele geword het; wat nie elke dag nodig het, soos die hoëpriesters, om eers vir sy eie sondes offers te bring en dan vir dié van die volk nie. Want dit het Hy net een maal gedoen toe Hy Homself geoffer het. Want die wet stel as hoëpriesters aan mense met swakhede, maar die woord van die eedswering wat ná die wet gekom het, stel die Seun aan wat vir ewig volmaak is... Hy [het] ’n voortreflike bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ’n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is. Want as daardie eerste [verbond onder die wet] onberispelik was, sou daar nie plek vir ’n tweede gesoek word nie” (Heb. 7:22,25-28; 8:6-7).
    Toetrede tot die ou verbond:
    Die ou verbond is net met die volk Israel gesluit, naamlik die biologiese afstammelinge van Abraham deur Isak en Jakob. Uiterlike lidmaatskap van die verbondsvolk is deur geboorte verkry, daarom het die seuntjies die verbondsteken, naamlik die besnydenis, ’n paar dae ná geboorte ontvang. Ten spyte van Israel se roeping as God se volk, asook die verbondsteken in hulle liggame, is hulle almal ’n sonde ontvang en gebore en moes dus nog steeds geestelik lewend gemaak word. Hulle moes dus gelowige Israeliete word wie se harte ook besny is.
    Deur hierdie geestelike ondervinding is hulle harte verander en is God se wet van liefde op die tafels van hulle harte geskryf: “Die Here jou God sal jou hart besny en die hart van jou nageslag, om die Here jou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel, dat jy kan lewe” (Deut. 30:6). Hierdie oproep tot bekering is dikwels aan die besnyde Israeliete gerig: “As jy jou bekeer, Israel, spreek die Here, bekeer jou tot My... Besny julle vir die Here en verwyder die onbesnedenheid van julle hart, manne van Juda en inwoners van Jerusalem” (Jer. 4:1,4).
    Die hartsbesnydenis is ’n geestelike ondervinding wat die Here Jesus aan ’n onkundige Joodse godsdiensleier as “wedergeboorte” beskryf het (Joh. 3:3). Biologiese geboorte alleen, saam met ’n verbondsteken aan die vlees, het nie ware, geestelike Israeliete met veranderde harte opgelewer nie. Geloof het nog steeds in hulle harte ontbreek, daarom het die Here geen welbehae in sulke Israeliete gehad nie (1 Kor. 10:5). Hulle probleem was ’n gebrek aan geloof: “...die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie” (Heb. 4:2).
    Geen Israeliet kon op grond van uiterlike pogings tot wetsnakoming gered word nie – hy of sy móés ook ’n geloofsverhouding met die Here hê. Dit beteken dat hulle van harte tot bekering moes kom en binne die raamwerk van die Ou Testamentiese offerdiens om die vergifnis van hulle sondes moes bid. “Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die Here bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik” (Jes. 55:7). “Die trotsheid van Israel getuig openlik teen hom; en tog bekeer hulle hul nie tot die Here hulle God nie” (Hos. 7:10). ’n Ware bekering en die vergifnis van sondes op grond van die Messias se toekomstige soenoffer (dit waarheen al die diere-offers heengewys het) was die grondslag van die Ou Testamentiese verlossingsleer. Geen uiterlike pogings tot wetsnakoming alleen, sonder bekering en sondebelydenis, kon enige Jood red nie. Sy sondes wat deur die wet geopenbaar is, moes hom na die Here dryf om vergifnis te verkry.
    Die beëindiging van die bedeling van die wet:
    Met die koms van die Messias, en spesifiek sy kruisiging, opstanding en die uitstorting van die Heilige Gees ná sy hemelvaart, het die bedeling van die wet as ’n geïntegreerde sisteem heeltemal tot ‘n einde gekom. Nie net het die offerdiens en die bemiddeling deur onvolmaakte priesters vir gelowiges verval nie, maar die slawerny aan sondes wat deur die wet geïdentifiseer en as ’n swaar juk op mense geplaas is, is deur die verlossingswerk van Christus beëindig. “Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo” (Rom. 10:4).
    Christus is die einddoel van die wet omdat Hy dit volmaak nagekom het. Ook het Hy deur sy dood die prys betaal vir die verlossing van alle mense wat weens hulle sondes deur die wet veroordeel word. Deur die versoening in die geloof te aanvaar, word die genade van die Here se verlossingswerk aan verloregaande sondaars toegereken. Alle mense het hieraan behoefte, want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die geregtigheid van God. Baie van die Jode het egter die onmoontlike weg verkies om hulle eie geregtigheid deur middel van onvolmaakte pogings tot wetsnakoming uit te werk, en het sodoende die geregtigheid wat God deur die Here Jesus aan hulle gebied het, verwerp.
    Wat dan van die Jode wat onder wet geleef en gesterf het? Baie van hulle het nie net uiterlik volgens die letter van die wet probeer leef nie, maar hulle harte is ook deur die Here besny (Rom. 2:28-29). Hulle het ‘n duidelike begrip van hulle oortredings gehad en het deur die offerdiens om die vergiffenis en verlossing van die Here gebid. Dit is aan hulle geskenk, omdat die offerdiens vorentoe gewys het na die offer van die Messias. Hoewel hulle nie in hulle lewe die belofte van die koms van die Messias ontvang het nie, het hulle dit in die verte gesien en begroet (Heb. 11:13). Hulle het nie op hulle onberispelike wetsnakoming geroem nie, maar eerlik hulle sondes bely en vergifnis daarvoor gevra.
    Dawid het gebid: “Teenoor U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë... was my, dat ek witter kan wees as sneeu... delg uit al my oortredinge. Skep vir my ‘n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ’n vaste gees... Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer” (Ps. 51:6-15). Ou Testamentiese gelowiges soos hierdie het almal die verlossing van die Here verwag. Volgens Jesaja 53:5 het hulle geweet dat Hy ter wille van hulle oortredinge deurboor en ter wille van hulle ongeregtighede verbrysel sou word. Die straf vir hulle oortredings van wetsverbreking sou op Hom kom, en deur sy wonde aan die kruis sou daar vir hulle krank siele genesing kom.
    Om hierdie rede het ’n engel voor Jesus se geboorte aan Josef gesê: “Jy moet Hom Jesus noem [dit beteken Jahweh is Verlossing], want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos” (Matt. 1:21). Godvresende Israeliete was sterk op die koms van die Messias ingestel en het hulle grootliks verbly toe dit gebeur het. Sagaria het gesê: “Geloofd sy die Here, die God van Israel, omdat Hy sy volk besoek het en vir hulle verlossing teweeggebring het” (Luk. 1:68). Simeon was ook ‘n vroom man wat die vertroosting van Israel verwag het. Die Heilige Gees het aan hom geopenbaar dat hy nie sou sterf voordat hy die Messias gesien het nie. Toe Jesus se ouers Hom in die tempel ingebring het, het Simeon Hom in sy arms geneem en gesê: “Nou laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede... omdat my oë u heil gesien het wat U berei het voor die oë van al die volke – ‘n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel” (Luk. 2:29-32).
    Mense soos dié het hulle geregtigheid deur die geloof in die Messias gesoek en sodoende deelgenote van God se reddende genade geword. Hulle het nie op hulle eie prestasies van wetsnakoming geroem nie, maar op die genade en vergewensgesindheid van ’n barmhartige God. Dit het al die gelowige Jode voor die koms van die Messias gedoen. Ná sy koms het die Messiaanse Jode nét in sy genadewerk geroem en glad nie in die wet of die werke van die wet nie. Die Messias was vir hulle die einde van die wet tot die ware geregtigheid van God.
    Paulus het ook hierdie duidelike oorgang van die bedeling van die wet na die bedeling van genade gemaak, wat op geloof in Christus se dood en opstanding gebaseer is. Voor sy redding was hy ‘n wettiese Fariseër wat sy geregtigheid in wetsnakoming gesoek het en nie in die barmhartigheid en sondevergifnis van God nie. Hy beskryf sy lewe voor sy bekering só: “As iemand anders meen dat hy op die vlees kan vertrou, ek nog meer. Ek is besny op die agtste dag, uit die geslag van Israel, uit die stam van Benjamin, ‘n Hebreër uit die Hebreërs; wat die wet betref, ’n Fariseër; wat ywer betref, ‘n vervolger van die gemeente; wat die geregtigheid in die wet betref, onberispelik” (Fil. 3:4-6).
    Paulus se wetsnakoming was net in sy eie oë en in die oë van die ander Fariseërs onberispelik. Hy was ten spyte hiervan so ver uit voeling met God dat hy die Messias én die gemeente van die Messias vervolg het. Die wet kon hom nie red nie, daarom sy gebed om in Christus gevind te word, “nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar met dié wat deur die geloof in Christus is, die geregtigheid wat uit God is deur die geloof; sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word” (Fil. 3:9-10).
    Die verpersoonliking van die liefde:
    Liefde is die belangrikste kenmerk van God (1 Joh. 4:8). Dit was die basiese motivering waarom Hy genade aan ’n gevalle mensdom betoon het deur sy Seun as ’n offer vir ons sonde na die aarde toe te stuur (Joh. 3:16). God se liefde vorm die grondslag van alle geregtigheid, omdat dit die goddelike beginsel is waaruit die verlossingsplan gebore is. Jesus Christus is die verpersoonliking van God se agape-liefde. Hy het sy hemelse heerlikheid verlaat en mens geword om die Vader se liefde te gedemonstreer deur aan die kruis die doodstraf te betaal vir alle sondaars wat God se wette verbreek het. Die wet het vir Israel ’n vloek geword omdat dit die doodstraf op almal gelê het wat die wet verbreek. Christus het vir hulle én alle sondaars buite Israel ‘n vloek geword – dit is ‘n doodsveroordeelde wat volgens Galásiërs 3:13 aan ’n kuis moes sterf – om hulle van die vloek te verlos wat op sondaars en wetsverbrekers rus (Eseg. 18:20; Gal. 3:10).
    Die Here Jesus verwag van almal wat Hom as hulle Verlosser wil aanneem, om deur die wedergeboorte nuwe mense te word en in sy voetspore te volg: “Hy wat sê dat hy in Hom bly, behoort self ook so te wandel soos Hy gewandel het” (1 Joh. 2:6; 1 Pet. 2:21). Omdat Jesus die verpersoonliking van God se liefde is, moet Hy deur die geloof in ons harte woon sodat ons self ook in sy liefde gewortel en gegrondves kan word (Ef. 3:17). Hierdie liefde wat deur Jesus Christus aan ons geopenbaar en deur die Heilige Gees in ons harte uitgestort is (Rom. 5:5), is ons lewensbeginsel en die wet waarvolgens ons lewe. Hieruit vloei verskeie opdragte, of gebooie, wat die Here Jesus aan ons gee.
    Ons moet ten alle tye Christus se wet van die liefde wat deur geloof in Hom uitgeleef word, van die Ou Testamentiese wet onderskei. Ons is nie nou met uiterlike, menslike pogings tot wetsnakoming besig nie, maar leef die goddelike liefde uit wat ons reeds van die Here af ontvang het. Ons kan slegs liefhê omdat Hy ons eerste liefgehad het (1 Joh. 4:19). Dit is ons opdrag en gebod om die gebod van die liefde uit te leef:
    • “’n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê: soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê” (Joh. 13:34).
    • “As julle my liefhet, bewaar my gebooie” (Joh. 14:15).
    • “Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar” (Joh. 14:21).
    • “As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly... Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het” (Joh. 15:10,12).
    • “En wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom” (1 Joh. 3:22).
    • “Want dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar; en sy gebooie is nie swaar nie” (1 Joh. 5:3).
    Die Here skenk aan ons die krag en genade om sy gebooie te kan hou, m.a.w. om Hom waarlik lief te hê, asook vir alle mense – insluitende ons vyande. Ons word ook tot hoër hoogtes in hierdie lewe van liefde geroep, naamlik om die Here se Woord só te bewaar en te eerbiedig dat ons volmaak in sy liefde kan word (1 Joh. 2:5). Hierdie liefde bewaar ons só dat ons vrymoedigheid sal hê om te weet dat ons nie die oordele van God oor die sondaars hoef te vrees nie (1 Joh. 4:17), “en sy Seun uit die hemele te verwag... Jesus wat ons van die toekomstige toorn verlos” (1 Thess. 1:10).
    Ons moet onthou dat die liefdevolle God wat ons siele deur Jesus Christus wil red en aan ons sy liefde wil skenk om sy gebooie te bewaar, ook sy regverdige toorn oor al die sondaars gaan uitstort wat sy liefde versmaai het. Ons moet nie die fout maak om die Here se genade in ongebondenheid te verander nie, want dan verloën ons die Here Jesus (Judas v.4). Die Nuwe Testamentiese wet van liefde tot God en liefde tot ons naaste, vereis van ons om alle vleeslike, sondige werke wat in stryd daarmee is, af te lê en deur die Gees te wandel (Gal. 5:13-25).
    Met die oog hierop kon Paulus met vrymoedigheid sê dat hy “onder die wet van Christus” is (1 Kor. 9:21). Leef jy hierdie wet teenoor jou medebroeders én ander mense uit? “Dra mekaar se laste en vervul so die wet van Christus” (Gal. 6:2).
    Die grondslag van Israel se wettiese vormgodsdiens:
    Die meeste Jode, soos ook hulle leiers – die Fariseërs, Sadduseërs en ander skrifgeleerdes – het die Messias verwerp en met hulle wettiese vormgodsdiens voortgegaan. Hulle het in hulle eie pogings tot wetsnakoming geroem, as gevolg daarvan nie onder sonde-oortuiging gekom nie en dus nie die Here van harte gedien nie. Hulle het van die wet self ‘n verlossingsinstrument gemaak, wat dit nooit bedoel was om te wees nie. Die wette is as riglyne vir God se verloste volk gegee en sou nie sonder die Here se hulp en die gereelde vergifnis van oortredinge eerbiedig kon word nie. Baie van die Jode het egter, soos Paulus voor sy bekering, in hulle onberispelike, wettiese lewens geroem. Die Fariseër in die tempel het die Here gedank omdat hy so ‘n goeie mens was: “O God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie – rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie. Ek vas twee keer in die week, ek gee tiendes van alles wat ek verkry” (Luk. 18:11-12). Die tollenaar het net gesê: “O God, wees my, sondaar, genadig!” Die Here Jesus se beoordeling van hierdie twee mense is soos volg: “Ek sê vir julle, hierdie laaste een het geregverdig na sy huis gegaan, eerder as die eerste een” (Luk. 18:14).
    Dit is hieruit duidelik dat baie Israeliete nie ernstig na God gesoek het nie en dus nie onder die oortuiging van hulle sondes gekom het nie. Hulle het die Here net met hulle lippe gedien, maar hulle harte was ver van Hom af (Matt. 15:8). Die Here Jesus het die Jode gewaarsku dat as hulle geregtigheid nie meer oorvloedig as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs is nie, hulle die koninkryk van God nie sou sien nie (Matt. 5:20). Hierdie mense se lewens lyk net uiterlik mooi, soos witgepleisterde grafte, maar hulle harte is verdorwe.
    Jesus het vir hulle gesê: “Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie” (Matt. 23:13). In hulle vormgodsdiens was die letter van die wet die enigste norm, daarom het hulle Jesus ook net uit ‘n eng wetlike oogpunt beoordeel en verkeerdelik as ‘n wetsverbreker en sondaar bestempel (Matt. 11:19; Joh. 19:7). Hulle het sy mag om duiwels uit te dryf en siekes gesond te maak as komende van die duiwel beskou (Matt. 9:34; 12:24; Joh. 8:48). Daardeur het hulle teen die Heilige Gee gelaster en sodoende ’n onvergeeflike sonde gedoen (Matt. 12:28,32).
    Slegs die vroom Jode wat nie by ‘n wettiese vormgodsdiens berus het nie, hulle sondes bely het, op God vertrou en op die koms van die Messias gehoop het, het Jesus as Messias erken en aanvaar. Hulle het Johannes geglo toe hy van Jesus gesê het: “Daar is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem!” (Joh. 1:29). Hy was die volmaakte Lam van God wat sonder sonde was (Heb. 4:15; 7:26). In Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik (Kol. 2:9).
    Die genade van Christus is meer uitnemend as die wet:
    Met die koms van die Messias het die bedeling van die wet met al sy skaduagtige instellings en menslike beperkings verbygegaan. In Christus het die beloftes van God se toekomstige weldade ‘n heerlike werklikheid geword. Die tyd toe onvolmaakte, sondige priesters die tempeldiens waargeneem het om “dikwels dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sonde kan wegneem nie” (Heb. 10:11), is met die koms van die Messias afgesluit. Hy is sondeloos volmaak en het deur sy bereidwilligheid om Homself tot die dood van die kruis te verneder, ‘n volmaakte soenoffer vir die sondes van alle mens geword. Dit is net Hy wat sy volk van hulle sondes kan verlos – ‘n sondeskuld wat deur die bepalings van die wet op hulle geplaas is. Dit is waarom Josef voor Jesus se geboorte die opdrag gekry het: “Jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos” (Matt. 1:21).
    Hoe word die genade van sondevergifnis aan mense toegereken? Deur dit in die geloof as ‘n geskenk van God te ontvang. ‘n Sondaar moet op sy pad van sonde wat weg van die Here af lei, omdraai (homself bekeer) deur in die geloof sy sondes te bely as hy vryspraak vir sy oortredings en ‘n nuwe lewe in Christus wil ontvang. Daar is ’n hele paar sleutelbegrippe wat kenmerkend van die Nuwe Testamentiese heilsplan van God is:
    Genade deur die kruisdood van Christus. Met sy kruisdood en opstanding het Jesus Christus die geregtigheid van God vir ons bewerk. Hy het die volmaakte lewe gelei wat deur die wet vereis word, daarom was Hy ‘n volmaakte offer vir die sondes (wetsoortredings) van alle verlore mense op aarde. “Want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is. Hom het God voorgestel in sy bloed as ’n versoening deur die geloof” (Rom. 3:23-25). Vir ons saligheid kan ons net in die gekruisigde Here Jesus roem – nie in ons eie geregtigheid wat op ’n goeie lewe of onvolmaakte pogings tot wetsnakoming berus nie. Ons is nie onder die wet nie, maar onder die genade (Rom. 6:14). In die bedeling van genade is al die skaduagtige wette en offers van die Ou Testament in Christus vervul, daarom noem ons onsself “Christene” en geredde Jode noem hulleself “Messiaanse Jode.” Die universeel geldende wet van die liefde is as ‘n lewensbeginsel op die tafels van ons weergebore harte geskryf. Die genade van God word nie net aan ons verleen om die Here Jesus as ons Verlosser aan te neem nie, maar ook om Hom te kan dien en ons nuwe lewensbeginsels volkome uit te leef: “Want die reddende genade van God... leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe... en ywerig [te wees] in goeie werke” (Titus 1:11-12,14).
    Die eis van geloof. Die klem val op ons geloofsverhouding met die Here, want sonder geloof kan niemand die Here behaag nie (Heb. 11:6). Alle ongeredde mense word in die Bybel as ongelowiges beskryf wat geestelik dood is omdat hulle deur Satan mislei word (2 Kor. 4:4). Die Heilige Gees stel ons in staat om nie net met ons sintuie en verstand van die evangelie kennis te neem nie, maar dit ook in die geloof (met ons harte) aan te neem (Rom. 10:9-10,17). In die Ou Testament kon Jode ook nie deur die werke van die wet, sonder geloof, geregverdig word nie (Rom. 3:20; Gal. 3:11). Hulle moes in die geloof hulle sondes bely en glo dat God hulle sou vergewe (Hand. 15:8-11). Is jy deur die geloof aan Christus verbind en is die juk van sonde wat die kennis van die wet op jou geplaas het, verbreek? Met vlerke van geloof kan ons vanaf hierdie besoedelde aarde en sy slawerny aan sonde opstyg na die ruimtes van God waar ons ons vryheid in Christus kan geniet. “Uit genade is julle gered, deur die geloof” (Ef. 2:8).
    Die noodsaaklikheid van bekering. Omdat alle sondaars weg van die Here af op pad hel toe is, moet hulle noodwendig tot bekering kom deur op die pad van verlorenheid en selfvernietiging om te draai. “God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer” (Hand. 17:3). Dit is ‘n oproep aan alle mense oral – nie net aan ‘n groepie “uitverkorenes” nie. Daar is geen manier waarop mense gered kan word as hulle net met hulle lippe bely dat hulle die Here Jesus as Verlosser aangeneem het, maar hulle volhard nog op die pad van sonde nie. Die fondament van bekering moet in ’n persoon se lewe gelê word, gevolg deur heiligmaking en geestelike groei (Heb. 6:1). Volgens Jesus Christus was die hoofdoel van Paulus se prediking onder die heidene: “om hulle oë te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en ’n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang” (Hand. 26:18).
    Die bediening van die Heilige Gees. Met die uitstorting van die Heilige Gees ná die kruisiging, opstanding en hemelvaart van die Here Jesus het ’n heel nuwe bedeling begin. In samehang met die verkondiging van die Woord oortuig die Gees alle mense van sonde, geregtigheid en oordeel. Sonde is alle dade en gedagtes wat in botsing met die Nuwe Testamentiese wet van die liefde is. Geregtigheid verwys na die geregtigheid van Christus wat die straf vir ons sonde betaal het. Oordeel verwys nie net na God se oordeel oor die duiwel en sy engele nie, maar ook oor alle mense wat Jesus Christus se boodskap van verlossing verwerp. Wanneer die berouvolle sondaar tot bekering kom, wederbaar die Heilige Gees hom, gee aan hom ‘n nuwe natuur, en wag ook op die geleentheid om hom heeltemal te vervul en te beheer. Dit is afhanklik van die persoon se bereidwilligheid om die ou, sondige natuur volkome af te lê om gekruisig te word (Ef. 4:22-24). Die nuwe natuur is op die gebod van die liefde gebaseer: “Die doel van die gebod is liefde uit ‘n rein hart en ‘n goeie gewete en ‘n ongeveinsde geloof” (1 Tim. 1:5). Het jy die beginsels van die ou lewe afgelê sodat die Here sy liefde deur die Heilige Gees in jou hart kan uitstort? (Rom. 5:5). Dan sal die Gees jou só lei en bekragtig dat jy meer as ‘n oorwinnaar in Jesus Christus sal wees.
    Die Middelaarskap van Jesus. In die Nuwe Testament is die voorhangsel na die Allerheiligste geskeur en kan elke gelowige sonder die bemiddeling van menslike priesters of geordende leraars tot die genadetroon van die Here toetree (Heb. 10:19-22). Die Here Jesus is ons Hoëpriester en Middelaar. “Terwyl ons dan ‘n groot Hoëpriester het... laat ons met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word” (Heb. 4:14-16). Elkeen van ons móét ‘n persoonlike verhouding met die Here Jesus hê, en behoort nie ons hoop op menslike ampsdraers en bemiddelaars te vestig om vir ons in te tree nie. Gelowiges het wel ‘n geestelik ondersteunende rol ten opsigte van mekaar, maar is op ‘n gelyke vlak voor die Here (Gal. 6:1-2). In ‘n gesindheid van nederigheid en broederskap moet die een die ander hoër ag as homself (Fil. 2:3).
    Die gemeenskap van die heiliges. Ons is lede van die liggaam van Christus (Rom. 12:4-5) en Hy is die Hoof van die gemeente (Ef. 1:22). Die Here Jesus het gesê: “Waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde” (Matt. 18:20). Ons moet absoluut seker maak dat ons net in die Naam van die gekruisigde en verrese Here Jesus saamkom en dat ons met die onvervalste melk van die Woord bedien word. Daar moet ‘n opvallende eenvoud en opregtheid in die byeenkomste van weergebore Christene wees. Vir die gemeenskap van die heiliges en onderrig in die Woord moet ons nie na ‘n denominasie soek nie, maar na ‘n man van God wat opreg met die Here wandel en die Woord van die waarheid reg sny. In sekere gemeenskappe mag ek só ‘n man in ‘n evangeliese denominasie aantref, maar in sy bediening sal dit om die eer van die Here Jesus en die redding van siele moet gaan, en nie in die eerste plek oor die belange en leerstellings van die betrokke denominasie nie. In ander gemeenskappe sal ek hom in ‘n tentmakersbediening aantref – byvoorbeeld in ’n huisgemeente, of as ’n interkerklike evangelis of sendeling. Ondersoek sulke mense se leer, kyk na die godsvrug in hulle lewe, assosieer dan met die opregtes, ondersteun hulle en dien saam met hulle die Here. As ons nie met betrekking tot die gemeenskap van die heiliges streng standaarde handhaaf nie, sal ons onder die geklank van vormgodsdienstige prediking kom en weens ons eie gebrek aan onderskeidingsvermoë ook deur valse leraars mislei word. Ons word ernstig vermaan om die Woord van die waarheid reg te sny en dit ten alle tye suiwer en sonder bymotiewe te verkondig (2 Tim. 2:15; 3:16-17; 4:2-5).
    Die verborgenheid van die koninkryk. In die Nuwe Testamentiese bedeling, tussen die eerste en tweede koms van Christus, bestaan die gemeente van Christus saam met die meerderheid lede van Satan se koninkryk in die wêreld. Omdat die wêreld in die mag van die Bose lê (1 Joh. 5:19) waarin hy as die god van hierdie gevalle wêreld die sinne van mense verblind (2 Kor. 4:4), is ons soos vreemdelinge en bywoners in “die teenwoordige bose wêreld” (Gal. 1:4). Ons moet met die krag van die Heilige Gees en die geestelike wapenrusting van God beklee word sodat ons staande kan bly teen die liste van die duiwel (Ef. 6:10-12). Ons is nie nou konings en heersers in die koninkryk van God nie, maar soldate vir die kruis. Ons word vervolg deur Satan en sy trawante, daarom moet ons deur vele verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan (Hand. 14:22). Dit is nie nou die tyd om ‘n voorspoedsteologie van rykdom, heerskappy, die oorname van die wêreld, en tekens en wonders te verkondig nie. Eers met die wederkoms van Christus sal sy koninkryk wêreldwyd geopenbaar, die magte van die duisternis by die slag van Armagéddon gebreek en die duiwel gebind word. Dan sal ons saam met Christus as konings regeer.
    Simbole van die Nuwe Testament. Die doop is ’n simbool, of teken, van die genadeverbond in Jesus Christus. Dit is net vir gelowiges ingestel en kan slegs ná die belydenis van ’n persoonlike geloof in die gekruisigde en verrese Here Jesus aan ‘n persoon bedien word (vgl. Hand. 8:36-38). “Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?” (Rom. 6:3). Dit is ’n belangrike getuienis om by die doop af te lê, naamlik dat ek my ou lewe aflê om saam met Jesus te sterwe sodat ek in ‘n nuwe lewe met Hom kan wandel. Die waterdoop is egter net ‘n simbool van die doop met die Heilige Gees wat plaasvind die oomblik wanneer ons weergebore word: “Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam” (1 Kor. 12:13; vgl. Gal. 3:27). Die ander simbool van die Nuwe Testament is die Nagmaal. Dit is ook net vir gelowiges ingestel. Die tekens van die brood en die wyn (druiwesap) het nie in sigself enige heilswaarde nie, maar dui op die liggaam van die Here Jesus wat aan die kruis gebreek en sy bloed wat vir die vergifnis van ons sondes gestort is: dit dui op die nuwe verbond in sy bloed (1 Kor. 11:25). Deelname aan hierdie tekens en simbole dien tot versterking van ons geloof.
    Die nuwe verbond is oneindig beter as die ou verbond. Die hele wet met sy skaduagtige bepalings en beloftes is in Jesus Christus vervul, daarom is Christus die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo (Rom. 10:4). Ook wat die tydlose bepalings oor liefde tot God en ons naaste betref, is die standaard aansienlik hoër in die Nuwe Testament. Ons moet almal deur die vervulling en instaatstellende krag van die Heilige Gees met die Here Jesus beklee word (Rom. 13:14; Gal. 4:19) wandel soos Hy gewandel het (1 Joh. 2:6) en medewerkers van God deur Jesus Christus word (1 Kor. 3:9). Wat ons verhouding met ons naaste betref, word die standaard ook gelig: Dit is nie meer net sonde om die daad van owerspel te pleeg nie, maar selfs net om sulke gedagtes te bedink (Matt. 5:27-28). Wraaklus moet deur vergewensgesindheid en mededeelsaamheid vervang word (Matt. 5:38-42) en haat deur liefde (Matt. 5:43-47). Ons moet na hoër hoogtes op die leer van goddelike volmaaktheid uitstyg (Matt. 5:48) deur in ons hele lewenswandel heilig te word soos wat die Drie-enige God heilig is (1 Pet. 1:15).
    Geen kompromie met die ou verbond nie:
    Verlostes uit genade kan nie terselfdertyd onder die wet én die genade wees nie: ”Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade” (Rom. 6:14). Die Amplified Bible vertaal hierdie teks só: “Die sonde sal nie langer heerskappy oor julle voer nie, want julle is nie onder die wet [as slawe van die sonde] nie, maar onder die genade as die voorwerpe van God se guns.”
    Ons is wél onder die wet van Christus, waaronder die tydlose beginsels van die Ou Testamentiese wet vervat is. Ons kan egter nooit ons saligheid buite Christus in futiele pogings tot wetsnakoming soek nie, want as ons deur die wet geregverdig wil word, het ons van die genade verval (Gal. 5:4).
    Daar is ongelukkig mense wat met die ou verbond kompromie maak deur na sekere bepalings daarvan terug te keer, ten spyte van die feit dat die nie-Joodse volke nooit onder die ou verbond was nie. Dit hou baie ernstige implikasies in omdat die vervulling van die wet in Jesus Christus daardeur verloën word. Paulus sê vir die Judaïseerders wat die gemeente in Galásië weer onder die wet van Moses wou plaas: “O onverstandige Galásiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig? Dít alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof? ... Kyk, ek, Paulus, sê vir julle dat as julle jul laat besny, Christus vir julle tot geen nut sal wees nie. En ek betuig dit weer aan elke mens wat hom laat besny, dat hy onder verpligting is om die hele wet te onderhou. Julle wat geregverdig wil wees deur die wet, is losgemaak van Christus; julle het van die genade verval” (Gal. 3:1-2, 5:2-4).
    Kompromie van hierdie aard geld nie net die besnydenis nie, maar ook die wettiese onderhouding van sabbatte, feeste, offers en dieetkundige wette wat nie deel van die Nuwe Testamentiese opdrag van liefde teenoor God en ons naaste is nie. Die wet is klaar vervul in Christus en sy liefde is deur die Heilige Gees in ons harte uitgestort. Dit sou ‘n verloëning van Hom wees indien ons weer na die skaduwee van die wet sou terugkeer. Paulus blameer mense wat dit doen verder deur te sê: “Hoe keer julle weer terug tot die swakke en armoedige eerste beginsels wat julle weer van voor af aan wil dien? Julle neem dae en maande en tye en jare waar” (Gal. 4:9-10).
    Proff. Walvoord en Zuck (The Bible Knowledge Commentary, bl. 602) sê die volgende oor hierdie teks: “Onder die invloed van Judaïseerders het die Galásiërs weer die Mosaïese kalender begin volg. Hulle het spesiale dae waargeneem (die weeklikse sabbat), en maande (nuwe mane), en seisoene (seisoenale feeste), en jare (sabbatsjare en jubeljare). Hulle het gemeen dat hulle hierdeur ekstra guns in die oë van die Here sou vind. Paulus het dit egter duidelik gemaak dat hulle deur die werke van die wet niks tot hulle saligheid kon bydra nie.” Uit die werke van die wet sal geen vlees voor die Here geregverdig word nie, want deur die wet is die kennis van die sonde (Rom. 3:20). Ons moet vasstaan in die vryheid waarmee Christus ons vrygemaak het, en onsself nie weer onder die diensbaarheid aan die sonde en die wet bring nie (Gal. 5:1). Enigeen wat ‘n evangelie bring in stryd met redding uit genade word ‘n vervloeking genoem (Gal. 1:8-9).
    As die beginsels van goddelike liefde deur die Heilige Gees op die tafels van ons weergebore harte geskryf is, het ons waarlik ’n boodskap vir ‘n wêreld in sy nood en kan ons die lieflike geur van Christus se kennis oral versprei. Dit sal ons in staat stel om die kwaad deur die goeie te oorwin en sodoende toonbeelde van Christus se liefde, vergewensgesindheid en reddende genade te wees. Ons is ook geroepe om die ortodokse Jode jaloers maak deur die wyse waarop ons die God van Abraham, Isak en Jakob deur die Messias dien (Rom. 11:11). Hierdie doel sal heeltemal verydel word as ons saam met die Jode feeste vier wat deur die wet voorgeskryf word, bv. die sabbat, omdat Jesus Christus daarop verloën word. Dan sou ons weer skaduwees najaag in plaas van die werklikheid van die Messias wat reeds gekom het. Alle Messiaanse Jode wat vroeër onder die wet was, moet saam met Paulus kan sê: “Nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons [die Here] dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie” (Rom. 7:6).
    As sulke verlostes dán feeste vier, moet dit eg Messiaanse feeste soos die Nagmaal wees, of die opstandingsfees van die Messias op Sondae. Ook die pinksterfees en die loofhuttefees kan as Messiaanse feeste gevier word waarin die eerste koms van die Messias, die uitstorting van die Heilige Gees, en die hoop op die Here Jesus se wederkoms uitdruklik erken word. Wanneer dit gedoen word, is die betrokke fees nie meer ’n blote skaduwee van toekomstige dinge nie, maar dit het ‘n konkrete gestalte en vervulling in die Messias verkry (Kol. 2:16-17). Daardeur sal die deelnemers aan die fees vir Israel én die hele wêreld sê dat hulle viering nie binne die raamwerk en bepalings van die wet is nie, maar binne die raamwerk van die Messias se Nuwe Testamentiese heilsplan vir alle mense. Dit is só ’n Christelike fees wat Paulus in gedagte gehad het toe hy gesê het: “Want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus. Laat ons dan feesvier...” (1 Kor. 5:7-8). Ons wat Christene is, moet ons nie ter wille van aanvaarbaarheid deur ortodokse Jode of ongeredde wêreldlinge vir Jesus skaam en sy Naam verswyg wanneer ons feesvier en die Here dien nie. Hy is ’n lig tot verligting van die nasies én tot heerlikheid van sy volk Israel (Luk. 2:32). Israel is egter nie sy volk as hulle Hom nie as Messias erken en aanvaar nie. Dieselfde vereiste geld vir lede van die nie-Joodse volke, wat Jesus Christus in die geloof moet aanneem as hulle aan Hom wil behoort en deelgenote van sy genade wil word. Het jy dit al gedoen en dien jy Hom van harte onder die leiding van die Heilige Gees?

  • Nou goed, ek aanvaar dit dat jy nie die Mormoonse wette gehoorsaam nie, omdat jy ‘n Christen is, en die Mormonisme is nie-Christelik.
    Nou wil ek by jou weet waarom jy Bybelse wette op my wil afdwing, terwyl ek nie ‘n Christen is nie? Ek is ‘n ateïs, of eerder nog, ‘n skeptikus. Ek gehoorsaam die wette van my land, nie die wette van ‘n denkbeeldige, fiktiewe gedaante nie.

  • Beste Angus

    Jy het 'n ateïs uit onkunde geword en ek is nie besig om enigiets aan jou op te dring nie, maar wel om jou onkunde aan die kaak te stel.

  • Beste FC Boot, of moet ek liewer sê, die kundige FC Boot, as die oneindige, ellelange aanhalings uit die Bybel nie opdring is nie, as die talle kere wat jy nie jou Jesus aan my opdring, nie opdring is nie, dan weet ek nie wat opdring is nie.

    Jy sal maar 'n swak onderwyser uitgemaak het as jy iemand se "onkunde aan die kaak" wil stel. Ek het nog nooit daaraan gedink om jou onkunde aan die kaak te stel nie. Wat ek wel probeer doen het, is om jou te help om nie so kortsigtig, nie verder as jou neus (vir neus, lees Bybel), te dink nie.

  • As jy die Gees van God nie het nie, sal jy nie weet wie God is of om te weet of daar ’n God is nie. God besluit wie Hy wil hê en nie wil hê nie. Judas Iskariot was ook so lens. Hy het maar net God se plan nagevolg. God maak soos Hy wil en geen mensie met ’n vyfpond brein kan ooit weet hoe groot God is nie. So mens moet verwag dat as die Gees van God nie in jou is of beheer gevat het nie, sal jy nooit in jou hele lewe verstaan wie God is nie en al die vlak goed wat mense wat nie wil weet hulle het sondes nie en wil lewe asof hulle geen probleem op die aarde het nie en net foutloos in hulle sonde voort leef... Ja ek weet nie so mooi nie. Mens kan duidelik sien die Angus-man het een helse probleem, hy is sy eie probleem. Die dag wanneer jy dalk sal wonder hoekom jy nie kan dink daar is ’n Lewende God nie, is omdat Hy jou al lankal sien kom het soos Iskariot jou eie selfsugtige lens moet almal hoor hoe jy lense wat glo siek probeer gesels met wat jy nie glo of in glo nie. Jy hoef nie te glo nie, ou. Stop die worrie en gaan voort in jou dinge wat jy aanhang, let wel dit is mense se dinge hoor. Dit wat soos jy glo het geen kennis van ’n vrede wat nie van die wêreld is nie. Sjoe jy het baie kennis van dinge waarop dit op niks aangaan nie.

  • Alet, aangesien jy my naam so ydel gebruik, moet ek jou sê, ek het geen helse probleme nie. Om die waarheid te moet beken, ek het absoluut geen probleem nie, behalwe as jy miskien dink dis 'n probleem om nie aan spoke en gode te glo nie. Dis slegs Christene wat helse probleme het, want vir hulle bestaan die hel, en as hulle hulle god nie gehoorsaam nie, dan gaan hulle daarin braai. Ek hang ook g'n aan mense se dinge nie. Dis beter om kennis te hê van "dinge" wat werklik bestaan, as om te glo aan "dinge" wat deur die menslike verbeelding geskep is, en nie werklik bestaan nie.

  • Matthys Streicher

    Dit is interessant dat mense wat hulself ateïste of skeptisie noem, en selfs so ver gaan om Godslasterlik op te tree, so ywerig aan 'n debat deelneem rondom die Christelike geloof of Bybelse waarhede? Moet ek dit as 'n goeie begin beskou? Al vloek hulle, braak gal teen die Christlike leer en raak rou ligsinnighede kwyt. Maar ek weet nie of ek opgewonde moet raak nie. Ek "sien" of "hoor" egter 'n tendens op hierdie stadium. Dit klink vir my liewer soos Satan self wat op hierdie stadium die inspirasie by Angus en sy maters is! Maar selfs Angus kan tot bekering kom. Wie weet, dalk skryf hy later daaroor!

    Dis jammer dat hierdie platform nie slegs vir geestelike groei aangewend word nie. Maar Satan slaap duidelik nie. En die NG Kerk sal wakker moet word. Die NG Kerk is nie meer deel van die stryd teen Satan nie. Die NG Kerk is op die oomblik besig om meegesleur te word in die eeu van misleiding, Die NG Kerk, veral in die Wes-Kaap is nie veel meer as 'n Humanistiese beweging.nie.

  • Beste Matthys Streicher,
    Na aanleiding tot jou skrywe, is daar so ‘n paar dingetjies wat jy moet weet.
    Ek noem my nie ‘n ateïs nie, ek is ‘n ateïs, want ek kan eenvoudig nie, soos Christene, aan towery, satan, gode, hemel, hel , spoke en allerhande bonatuurlike goed glo nie. Dis ‘n infame leuen dat ek Christene vloek en galbraak op hulle. Net soos ek geregtig is daarop om nie te glo dat die bonatuurlike waar is nie, netso is enige Christen daarop geregtig om in sulke goeters te glo. Ek wil nie hê enige Christen moet sommer ‘n ateïs word nie. Ek wil nie hê hulle moet soos ek dink nie. As hulle verstande toe is, moet dit maar so toe bly.
    Al wat ek teen elke Christen het, is dat hulle wil hê dat ek soos hulle moet dink. Elkeen wil hê dat ek tot bekering moet kom. Ek moet soos hulle dink; ek mag nie my eie denke hê nie. Ek het al ‘n ou Christenvriend van my gevra wat dit beteken om tot bekering te kom. Volgens hom moet ek glo Jesus aanneem as my verlosser van al my sonde. Dis vir my onmoontlik, want in die eerste plek pleeg ek nie sonde nie. Dis net Christene wat kan sondig as hulle die wette van die God van die Bybel oortee. Tweedens kan ek mos nie sommer ‘n mitologiese figuur aanneem en sê hy gaan my nou red nie.
    Satan kan ook nie my inspirasie wees nie, want vir my bestaan so ‘n bonatuurlike wese nie. Dit is slegs Christene wat in hom glo. Trouens, die Christendom kan nie sonder ‘n Satan bestaan nie. Daar moet iets wees om hulle in vrese en bewing te hou.

  • Nou is kerke toe, selgroepe toe, maar God praat steeds met ons op verskeie maniere. Maar dalk kom die probleem in dat ons al die boodskappe met menslike insig wil ontleed en soos 'n Moses wil verkondig. Ja die platteland is nie vir sissies nie, ons inkommers bly maar die vreemdeling, tog het God jou daar geplaas dalk om 'n nuwe selgroep te stig. Daar is so baie siele om te red.

  • Boot, nee ek gebruik maar 'n woordeboek as ek die betekenis van 'n woord soek. Ek sal jou aanraai om dit ook te doen.

  • Iemand het eenkeer gesê: "As jy God wil hoor praat, lees die Bybel. As Hom hoorbaar wil hoor praat, lees die Bybel hardop."

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top