Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Oktober 2017 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Boeke24
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Oktober in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
2 Oktober
- Boekevat-rubriek deur Lina Spies: Digbundels verskyn op die ‘lopende band’
- Boekeblad: Boek slaan mites die nek in
Gert van der Westhuizen resenseer Hoe verklaar jy dit? #2 - Kunsblad. Trisa Hugo praat met Juliana Coetzer: ‘Skryf maak van my ’n beter mens’
9 Oktober
- Boekeblad: Om die leser te laat opvlieg, self te skryf
Marius Crous resenseer Nuwe stemme 6 saamgestel deur Bibi Slippers en Charl-Pierre Naudé - Boekeblad: ’n Familiesage fyn verweef met wêreld en SA gebeure
Stella Fourie resenseer Alles begin met Anna deur Annemari Coetser - Boekeblad: Van Harry Griesel na Potter in ’n japtrap
Jo Prins & dogter lees Harry Griesel 3: Die spookmeesters deur Sonja Kaiblinger en Fréderic Bertrand - Nuus/Aardklop-gesprek: ‘PG die hoekwoord in Afrikaans se mooiste sin’
10 Oktober
Nuusberigte oor die dood van Ryk Hattingh:
16 Oktober
- Boekeblad: Die boegbeeld van die Afrikaanse letterkunde
Louise Viljoen resenseer Gespreksgenoot: ’n Brieweboek deur Heilna du Plooy (samest.) - Boekeblad: ’n Tuiskoms na vertroude familiegeregte
Tania du Toit resenseer Debora gaan huis toe deur Helene de Kock
17 Oktober
19 Oktober
21 Oktober
23 Oktober
- Boekeblad: Normaliteit van dood as deel van die lewe
André Bartlett resenseer Die dood en die sin van die lewe deur Anton van Niekerk - Boekevat-rubriek deur Bibi Slippers oor Man Booker-wenner George Saunders
’n Kortverhaalskrywer wen met ’n roman
25 Oktober
- Profiele/Netwerk24: In Steve se boek tjop wit en swart af
Jo Prins onderhoud met Steve Hofmeyr oor sy jongste boek Die ontaantasbares
30 Oktober
- Boekeblad: Dié liefde bedek, glo en hoop amper alles
Frederick Botha resenseer Hartlam saamgestel deur Gerda Taljaard en Deborah Steinmair - Boekeblad: Wanneer jy oor jou vriende wonder
Jacques Myburgh resenseer Tussen vriende deur Derick van der Walt - Boekeblad: Boeiende blik op mense, gruwels
Carien Grobler resenseer Sielsiek deur Carla van der Spuy en Henk Swanepoel
Die Groot Ontbyt
Dia van Staden het in Oktober die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:
3 Oktober
1. Uniek en amazing deur Jennifer Rothschild
2. Dagstukkies vir besige vroue deur Christelle Webb-Joubert
3. ’n Leeftyd later deur Marthie Prinsloo-Voigt
4. Die laksman se dogter deur Gerda Taljaard
10 Oktober
1. Smarties vir die siel deur Susan Coetzer
2. Hoezit, Antie! Vrikkie hier deur Deon Visser
3. Die krokodil wat vir water gegril het deur Gemma Merino
4. Krappie en die kroon deur Fanie Viljoen
17 Oktober
1. Liefde wen – beplanner 2018 deur Bouwer Bosch
2. Haas Das se Nuuskas deur Louise Smit
3. Field Guide to Succulents in South Africa
4. Bielie Bybel Pretboek 4 deur Marius Greeff
24 Oktober
1. Laatoes deur Hennie van Deventer
2. Koms van die motman deur Chris Karsten
3. Hartlam saamgestel deur Gerda Taljaard en Deborah Steinmair
4. 30 – 30-minute-resepte, wenke en wyshede deur Herman Lensing
31 Oktober
1. Terreur in Kaboel deur Hannelie Groenewald
2. Vrae en feite vir nuuskierige agies deur Adinda Vermaak
3. Bennie Boekwurm se tonnelhuisie deur Louise Smit
4. Karel Kraai se kitaar deur Louise Smit
5. Sarel Seemonster se avontuur deur Louise Smit
Flits
Flits is ’n weeklikse joernaalprogram oor kuns, kultuur, mode, sosiale gebeure en vermaak, aangebied deur Bouwer Bosch en Rozanne McKenzie op kykNET (DStv-kanaal 144).
Op 6 Oktober het Stephantasties gesels met Jaco Adriaanse – ’n PhD-student in die letterkunde met ’n groot belangstelling in wetenskapsfiksie. Adriaanse verduidelik die rol wat dié genre in die samelewing speel:
Op 27 Oktober het Bouwer Bosch met die gewilde misdaadskrywer Martin Steyn gesels oor gruwelflieks en -boeke, en waarom dié genre mense so aangryp.
LitNet
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Oktober op LitNet verskyn:
![]() |
Die dood en die sin van die lewe deur Anton van Niekerk: ’n resensie
Cas Wepener "Van Niekerk help ons om ’n spieël voor die leser te hou, nie alleen die spieël rakende jou eie sterflikheid nie, maar ook die spieël gegewe jou reaksies en optrede met betrekking tot ander se lyding, sterwe en dood." |
![]() |
My storie van hoop deur Hykie Berg: ’n resensie
Marthie Hauptfleisch "Dit het my laat dink aan die probleme van ons land in Suid-Afrika: hoë werkloosheidsyfers, mense wat hoop soek in bottels en hole met tik en dagga, mense sonder rigting. En ek wens ek kan in elkeen se hand ’n Hykie-hoopboek stop sodat hulle kan lees van die ander kant en dat dit 12 baie presiese nuanses van stappe kos om die lig te sien." |
![]() |
Gister is verby deur Juanita Aggenbach: ’n resensie
Elbie Adendorff "Die uitbeelding van kanker en kankerbehandeling wys daarop dat dit jou hele lewe oorneem en dat daar ’n fisieke en ’n psigiese dimensie daaraan verbonde is. Dit is veral ’n verhaal van oorwinning oor borskanker." |
![]() |
Die Boendoesbaai-ding deur Rudi Venter: ’n resensie
Anke Theron "Anders as die tradisionele speurverhaal is hier nie ’n moord in die ware sin van die woord betrokke nie en kan hierdie speurverhaal die grondslag lê vir die jong leser om speurverhale te geniet." |
![]() |
Paul Kruger. Toesprake en korrespondensie van 1881–1900 deur Johan Bergh: ’n resensie
Heinie Heydenrych "In die finale instansie sal die versameling toesprake en korrespondensie in Johan Bergh se boek vir navorsers van groot hulp wees omdat hulle nie meer in ’n groot verskeidenheid van bewaarplekke en publikasies daarvoor hoef te gaan soek nie, en daardeur is ’n ontsaglik groot diens aan die geskiedeniswetenskap bewys." |
![]() |
Uit die Beek deur Barend Vos: ’n resensie
Cas Vos "Soms is die son skroeiend, die wind nukkerig, die maan ’n flou skynsel. Elke dag het genoeg van sy kwaad en goed. Juis daarom bied Uit die Beek drinkplek vir elke dag. Dit is ook vir alle dae se stemminge bedoel." |
![]() |
Boereverneukers deur Izak du Plessis: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe "Met Boereverneukers volg Du Plessis sterk in die spore van sy voorgangers, die joernalis-historici, en lewer hy ’n aangename bydrae tot die Afrikaanse boekeskatkis." |
![]() |
Op die vingerpunte van die heelal deur René Bohnen: ’n resensie
Jaco Barnard-Naudé "’n Bundel soos Op die vingerpunte van die heelal is, onvermydelik, ’n soort testament – ’n nalatenskap aan die toekoms, ’n optekening van hoe ons nou is en hoe ons nou leef: op die mespunt van die Antroposeen ..." |
![]() |
Die laaste wals – Hennie Aucamp se keuse uit sy verhaalkuns: ’n LitNet Akademies-resensie-essay
Lina Spies "By my bespreking van die verhale in Die laaste wals gaan ek uit van die Aucamp-oog waardeur ’n personasie binne sy/haar interieur gestalte aanneem en wat van die menslike toestand daaruit spreek binne ’n betrokke verhaal." |
![]() |
Radbraak deur Jolyn Phillips: ’n resensie
Nini Bennett “Radbraak is ’n uitstaande debuut, ’n bundel waarin suiwer poëtiese segginge onverpoos uit die afbraak van taal gemyn word.” |
![]() |
Op pad deur Dana Snyman: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe "Snyman se beskrywinge simboliseer toeganklikheid, nie net maar in die taal nie, maar ook in die karakters. Dit is dinge waarmee al die gewone mense kan assosieer, in ’n taal waarmee gewone mense kan assosieer." |
![]() |
Jan Smuts – van boerseun tot wêreldverhoog: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe "Smuts se lewe en loopbaan is nie een wat eenvoudig begrawe kan word op grond van sy rasbeleid nie; daarvoor is sy nalatenskap eenvoudig te groot. Jan Smuts: Van boerseun tot wêreldverhoog is daarom ’n mylpaal in die Suid-Afrikaanse historiografie." |
![]() |
Lig wankelend deur Gerard Scholtz: ’n FMR-resensie
Jaco Barnard-Naudé "Lig wankelend is ’n aangrypende herinnering daaraan dat ons grootste wens vir ons kinders, en dus vir die toekoms, moet wees dat hulle nooit die vernietigende gevolge van ’n oorlog in die gesig hoef te staar nie." |
![]() |
Boerekos met ’n twist deur Annelien Pienaar: ’n resensie
Ilse van der Merwe "Boerekos met ’n twist is ’n volledige handleiding vir enigiemand wat met ’n arsenaal van bekende gunstelinge wil onthaal, maar met ’n moderne baadjie aan." |
![]() |
Die einde van die storie deur Santie van der Merwe: ’n resensie
Yolanda Wessels "Haar bladsye lewer een na die ander waarheid op – dat mens altyd ’n keuse het, dat jy die kaptein van jou eie skip is. Die karakters se wroegings, hartseer en woede, onsekerheid en vertwyfeling is iets wat mens self as leser kan aanvoel – ons almal kan met baie van dié gevoelens of situasies identifiseer." |
![]() |
Alles begin met Anna deur Annemari Coetser: ’n resensie
Trisa Hugo "Dit behoort aanklank te vind by ’n wye lesersmark. Dit is soos Fees van die ongenooides – bedrieglik eenvoudig geskryf, sodat aanhangers van ligter boeke dit ook sal geniet. Tog het dit veel meer om die lyf as net ’n familiesage." |
![]() |
Oorkant jou deur Juliana Coetzer: ’n lesersindruk
Trisa Hugo "Vir my moet enige verhaal waar sou kon wees om geloofwaardig te wees. Hierdie was veel meer as dit: dit was asof universele emosies en gedrag uit ’n bron van buite geneem is en op ’n vlak aangespreek is wat in ons almal se onbewuste teenwoordig is." |
![]() |
Wintersrust deur Joyce Kotzè: ’n resensie
Francois Verster "Dis sonder pretensies van literêre gloeiings. Dit probeer nie pedagogies inlig nie, maar dit getuig van goeie kennis van die betrokke historiese milieu en tydgees." |
![]() |
Nou, hier deur Corné Coetzee: ’n resensie
Dewald Koen "Onopgesmukte eerlikheid, die eenvoud en prag van die lewe, verganklikheid en humor maak van hierdie bundel ’n leeservaring soos min." |
![]() |
Dwarsklap deur Piet Matipa: ’n resensie
Bettina Wyngaard "Sy verwondering oor en bewondering vir die taal slaan egter oral deur in sy kleurvolle en verbeeldingryke gebruik van woorde, die manier waarop hy vars beelde oproep, en sy geesdrif om in Afrikaans te skryf." |
![]() |
Aantekeninge teen die skemeruur deur Clinton V du Plessis: ’n lesersindruk
Barend van der Merwe "Du Plessis se skryfwerk wemel van eietydse vraagstukke en karakters. Die heengaan van ikone soos David Bowie en Leonard Cohen. Die politiek. Die pynlike apartheidsverlede. En daarby ingemeng kom outobiografiese motiewe." |
![]() |
Uittogboek deur Johan Myburg: ’n resensie
Helize van Vuuren "Dis nie moeilik om in die idee van die dooie taal Latyn, indertyd nog lewende spreektaal, ’n parallel met die gevreesde lot van Afrikaans te lees nie." |
![]() |
Oorlog en terpentyn deur Stefan Hertmans: ’n lesersindruk
Johan Schoeman "Hierdie teks is ’n persoonlike ervaring van waarde in ’n realiteit wat alte dikwels ’n gebrek aan betekenis, samehang en allerhande vorme van moderne korrektheid voorhuigel. Dit beskryf ’n tyd voordat alles ’n kommoditeit geword het; ’n handelswaarde gekry het." |
![]() |
Alles begin met Anna deur Annemari Coetser: ’n lesersindruk deur Alta Cloete
Alta Cloete "Die grootste waarde van hierdie roman lê in die oopskryf van die lyding en psigiese ineenstorting van ’n enkeling en die langdurige uitwerking daarvan op haar nasate. Dis ’n tragiese verhaal, ja, maar dis eintlik verfrissend dat ’n stoere Boervrou in haar menslike swakheid uitgebeeld word." |
![]() |
Die diepblou see deur François Loots: ’n FMR-resensie
Danie Botha "Soos in sy vorige romans is magiese realisme weer aanwesig. Bewonderaars daarvan sal bly wees dat die onreële baie sterker as vantevore is." |
![]() |
Vermis deur Jeanette Stals: ’n resensie
Riette Rust "Liefhebbers van die spanningsgenre én Huisgenoot-lesers kan naderstaan. Jeanette Stals se nuwe roman, Vermis, bevat die vereiste spanning en drama. Daarby wag ’n paar sappige geheime om blootgelê te word." |
![]() |
Die laksman se dogter deur Gerda Taljaard: ’n resensie
Louis Esterhuizen "Hierdie roman is inderdaad ’n sierlike sprong van tegniese vernuf wat nog lank in my gemoed bly naklink – soos die musiek van opgestopte voëls in glaskaste wat op kassette vasgelê is." |
![]() |
Hierdie huis: Herman Lategan gesels met Kleinboer
Kleinboer, Herman Lategan "My Lotto-spelery, elke Woensdag en Saterdag, is ’n leitmotief, ja. Die lewe is mos ’n siklus ... braai elke Saterdag, opkyk na die volmaan elke 28 dae, daagliks jou Viagra sluk en vir die vlaghysing wag (nee, ek speel sommer ... slegs twee maal ’n week)." |
![]() |
Koms van die motman: ’n onderhoud met Chris Karsten
Chris Karsten, Naomi Meyer "Fiksie het my ook uiteindelik verlos van die boeie van die joernalistiek en niefiksie, in die sin dat ek vry was om enige van my karakters as’t ware ’n snor te gee of die snor af te skeer, sou ek wou." |
![]() |
Tussen vriende: ’n onderhoud met Derick van der Walt
Derick van der Walt , Naomi Meyer "Ons mans is net so bekommerd oor ons kinders en ons ouers wat oud word soos oor die wel en wee van die Blou Bulle en die effektebeurs. En ja, ons praat baie oor alles. Hoekom ken julle ons so sleg?" |
![]() |
Onderhoud met Shéri Brynard oor haar boek Shéri, nes ek is
Shéri Brynard, Naomi Meyer "Selfs mense wat sogenaamd normaal is, is almal anders. My ma sê altyd ons pas nie almal in dieselfde boksie nie en dis oukei." |
![]() |
Hartlam, kortverhale oor die liefde: ’n onderhoud met Deborah Steinmair en Gerda Taljaard
Deborah Steinmair, Gerda Taljaard, Naomi Meyer "Daar is ’n hele aantal verhale wat wel gaan oor romantiese liefde, maar beslis nie almal nie, want romantiese liefde is maar net een manier waarop die mens kan liefhê. Die liefde is sekerlik die mees genuanseerde menslike emosie, en liefde lê soms baie naby aan haat." |
![]() |
Boereverneukers: ’n onderhoud met Izak du Plessis
Izak du Plessis, Jean Oosthuizen "Hy is ’n veroordeelde moordenaar en hoewel daar nie bewyse is nie, word hy ook met ander mense se dood verbind. Ek dink ek sou bang wees vir Ralph Haynes. Maar mense wat hom geken het, sê hy kon jou begogel met sy sjarme." |
![]() |
Die boosaardige broers Botha: ’n onderhoud met Adeline Radloff
Adeline Radloff, Naomi Meyer "Die stories borrel sommer so van orals uit." |
![]() |
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Trudie Coetzee
Trudie Coetzee, Liné Enslin "Ek het nie ’n vaste werksruimte nie, maar ek skryf (en lees) meestal op my bed. Enige ruimte met koffie en vars lug is vir my ’n werksruimte. My gunstelingplek om te skryf is Paternoster." |
![]() |
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Ryan Pedro
Ryan Pedro, Liné Enslin "It’s about belonging, not belonging and longing – dis die beste manier hoe ek dit kan beskryf. Dis ’n poem wat my elke keer as ek dit lees konfronteer met vrae wat ek sukkel om goed te beantwoord." |
![]() |
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Remona Voges
Remona Voges, Liné Enslin Remona Voges beskryf haarself as ’n "absolute grapjas. Ongeduldig, maar sonder drama." |
![]() |
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Naudé Kritzinger
Naudé Kritzinger, Liné Enslin "Leonard Cohen se skryfwerk is wat my betref ’n spasie waar al die dinge wat ek geniet, saamkom: misterie, sinisme, die estetiese, klank en ritme, godsdiens, seksualiteit – en dit alles met woordekonomie en ’n waardering vir die lewe." |
![]() |
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Marthé McLoud
Marthé McLoud, Liné Enslin "Ek is altyd bly as ’n gedig ook universeel gelees word, want dan toon dit dat jy daarin geslaag het om iets te sê." |
![]() |
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Marcel Spaumer
Marcel Spaumer, Liné Enslin "Ek wou die volgende groot gedig, of drama, of roman skryf, maar dit gebeur nie net nie. Die gedig is ook ’n soort uitspraak teen die onregverdigheid van die lewe: slegte goed gebeur te maklik, terwyl iets wat goed kan wees, nie so maklik gebeur nie." |
![]() |
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Johan Jack Smith
Johan Smith, Liné Enslin "Ek ken nie regtig digters nie. Bruce Springsteen as liriekskrywer. Is hy naby genoeg aan ’n digter? Ek hoor wel ek sal aanklank vind by Allen Ginsberg." |
![]() |
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Jaco van der Merwe
Jaco van der Merwe, Liné Enslin "Ek geniet en verken al vir jare die verhoudings tussen woorde en beelde, so ek was moer opgewonde toe Wikus vir my sy foto’s wys en voorstel dat ons saam ’n projek moet aanpak." |
![]() |
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Ingrid Penzhorn
Ingrid Penzhorn, Liné Enslin "'Kougom gekou' het op ’n bus in Londen gebeur. Die taxibestuurder langs ons het nes my pa gelyk. Dit was baie vreemd. Ek kon nie ophou kyk nie. Toe vat dit my terug na my kinderdae." |
![]() |
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Hannes Visser
Hannes Visser, Liné Enslin "Die sewe gedigte is deel van ’n bundel wat ek pas voltooi het vir voorlegging. Al die gedigte speel af in 1967, die jaar toe my pa dood is." |
![]() |
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Franco Colin
Franco Colin, Liné Enslin "Die beskrywing van Brian Cox oor die samekoms van sterstof om die menslike brein te vorm, en dat daar dan die kreatiwiteit uit voortspruit, was die inspirasie vir die gedig 'Kopkring'." |
![]() |
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Elodi Troskie
Elodi Troskie, Liné Enslin "In ’n perfekte wêreld is elke dag Sondag in ’n koffiewinkel in Buffelsbaai terwyl dit reën en ek ’n geel trui aan het terwyl ek na foto’s van vreemdelinge se katte kyk." |
![]() |
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Elna van Niekerk
Elna van Niekerk, Liné Enslin "Ek lees baie digbundels en merk die gedigte waarvan ek hou, onderstreep die frases in die gedig wat my tref, kom dan daarna terug om weer te lees. Ek kom gereeld terug na Wilna Stockenström en Antjie Krog." |
![]() |
Skrywersargiewe gaan landuit: ’n onderhoud met Fanie Olivier
Fanie Olivier, Naomi Meyer "Dit sou wonderlik wees as dorpe ’n plek kan inruim vir hulle skrywers, maar wie gee die geld en wie versorg dit later? Gaan kyk maar hoe lyk begraafplase op die platteland ..." |
![]() |
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Angie Gallagher
Angie Gallagher, Liné Enslin "Ek sal seker nog kan leef, maar my lewe sal baie armer wees sonder gereelde gesels met my mense oor meer as net die prys van brood en melk." |
![]() |
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Elmarie Viljoen-Massyn
Elmarie Viljoen-Massyn, Liné Enslin "Ek is baie bevoorreg om in ons huis ’n 'room of my own' te hê (soos Virginia Woolf aanbeveel). Hier is ’n tafel vir werk, ’n rusbank vir skryf, geweldig baie boeke (die helfte nog ongelees!), ’n paar plante vir ekstra suurstof, trinkets wat saam met my graf toe gaan, tot onlangs nog ’n kat." |
![]() |
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Donnay Torr
Donnay Torr, Liné Enslin "Ek het nog altyd ’n 'proses' met die skep van enige projek, wat ook al dit is. Soos dinge spertyd toe beweeg, raak my lessenaar al hoe meer deurmekaar en bisar. Wanneer alles voltooi is, maak ek skoon." |
![]() |
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Anton Döckel
Anton Döckel, Liné Enslin "Kiaatlessenaar met vier laaie so vol soos ’n mossienes. Dis semi-art deco en vir ’n appel en ’n ei gekoop by ’n firma wat wou uitgooi en nuut oormaak. Op hom staan die laptop, drukker, papiere en ’n blik Doom." |
![]() |
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Churchil Naudé
Churchil Naudé, Liné Enslin "Ek het lank trug al geleer om nie te attached te raak met enige van my skryfdinge nie, want sodra dit uit is beteken dit vir mense whatever hulle besluit dit beteken. Dis soms swaar, maar dis beter so." |
![]() |
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Annami Mailovich
Annami Mailovich, Liné Enslin "’n Gedig is indrukke, stories en gesprek. Soms is dit gesprekke tussen vriende, familie en die kanon, ander dae is dit jou brein wat prentjies uitspoeg." |
![]() |
Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Erentia Bedeker
Erentia Bedeker, Liné Enslin "Alhoewel die dood altyd hartseer en seer is vir die een wat agterbly, is dit ook ’n viering van nuwe lewe, want ek glo mens leef voort in die Skepping: uit sterstof geskep, word ons atome weer deel van die natuur en die kosmos." |
Maroela Media
Die volgende resensies het gedurende Oktober op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
12 Oktober
Dromers veg vir wat hul wil hê
As mens die kans van ’n leeftyd kry om jou drome bewaarheid te sien, dan doen jy wat jy moet om elke kans op geluk aan te gryp … skryf Louise Viljoen.
19 Oktober
Die Greyson-probleem volgens Amalie Verhoef
“Sy het my moeiteloos weggevoer met ’n allerheerlike, teer liefdesverhaal wat my vrouehart sommer warm laat klop het en goedvoelhormone deur my hele lyf laat spoel het,” skryf Louise Viljoen.
24 Oktober
‘Die laksman se dogter’ deur Gerda Taljaard
Die eerste vyf bladsye met Gerda Taljaard se soepel skryfstyl en haar boeiende verteltrant is genoeg om die wip by wyse van spreke bo-oor jou te laat hoor toeval. En ongestoord voort te lees, skryf Johan Myburg.
26 Oktober
Woordskilder Anzé Bezuidenhout beïndruk
Poësie hoef nie noodwendig swaar, literêr of akademies van aard te wees nie. Soms lê die mooi van gedigte reeds in die taal se eenvoud.
Rapport
Die volgende resensies het gedurende Oktober in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
1 Oktober 2017
Wenners van die kykNET-Rapport-boekpryse
- Nuusberig: Vroue wat voor by boekpryse
- Ryk Hattingh: “Skop teen die reëls is ’n heilige roeping”
- Elsabé Brits: “’n Mens worstel, maar dit is goed”
- Marita van der Vyver: “Ek skryf omdat ek vrae het”
- Valda Jansen: “Ek wóú nie dié storie skryf nie”
8 Oktober 2017
- Resensie: Slot van die dag (Karel Schoeman) deur Cas van Rensburg
- V&A: Nicol Stassen oor Karel Schoeman
15 Oktober 2017
- Resensie: Gespreksgenoot (Elize Botha, saamgestel deur Heilna du Plooy) deur Jean Meiring
- Resensie: Oorkant jou (Juliana Coetzer) deur Kobus Burger
- Nuusbrok: Feite verkoop soos soetkoek
22 Oktober 2017
- Resensie: Shéri: Nes ek is (Shéri Brynard en Colleen Naudé) deur Liz en Sean Surmon
- Resensie: Alles begin met Anna (Annemari Coetser) deur Jeanette Ferreira
- Nuusbrok: Prins Albert Leesfees
29 Oktober 2017
- Onderhoud: Elsa Joubert deur Johan van Zyl
- Resensie: Die dood en die sin van die lewe (Anton van Niekerk) deur Desmond Painter
- Nuusbrok: Andrew Murray-pryse + Skryfkursus op Stilbaai
Skrywers en boeke (RSG)
Potgooie van die volgende boekbesprekings, wat gedurende Oktober op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270
Woensdag 4 Oktober
Ilse Salzwedel gesels met Izak du Plessis oor sy boek Boereverneukers. Darryl David vertel meer oor die Boekbedonnerd Boekefees wat van 25-28 Oktober in Richmond plaasvind. Johan Myburg gesels oor die internasionale boekbedryf en vertel onder meer meer van die Banned Books-week in die VSA.
Woensdag 11 Oktober
Corina van der Spoel gesels met die skrywer Fanie de Villiers, beter bekend as Kleinboer, oor sy nuwe roman Hierdie huis. Christelle Webb-Joubert gesels met die skrywer Dolf van Niekerk oor sy skryfwerk. (Dolf se jongste radiodrama, Mymeringe van 'n ou man, word op 12 Oktober in Radioteater uitgesaai.) Johan Myburg gesels oor die Nobelprys wat verlede week toegeken is, en 'n nuwe bundel uit die pen van wyle Leonard Cohen.
Woensdag 18 Oktober
Ons bring hulde aan die skrywer Ryk Hattingh wat verlede week oorlede is. Kom vind uit wie is die vyf Afrikaanse skrywers wat pas benoem is vir SALA-toekennings. Milton Weber het die Week van die Afrikaanse Roman bygewoon en gesels met twee Nederlandse vertalers, Rob van der Veer en Dorien de Vries, asook met die skrywers Rudie van Rensburg en Ingrid Winterbach. Johan Myburg vertel meer oor die oplewing in die Britse digkuns.
Woensdag 25 Oktober
Ilse Salzwedel gesels met Irma Joubert oor haar jongste roman, Mentje, kind van die Pasop-kamp. Daniel Hugo vertel meer oor die Prins Albert-leesfees. Johan Myburg vertel in sy bydrae oor die internasionale letterkunde meer oor die jongste bespiegelings oor die Chileense digter Pablo Neruda se dood.
Vers en klank (RSG)
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Oktober op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102
Dinsdag 3 Oktober
Ronelda Kamfer lees verse uit haar bundel Grond/Santekraam.
Dinsdag 10 Oktober
Marvin Beukes lees verse van Thomas Deacon.
Dinsdag 17 Oktober
Johann Nel lees verse van MM Walters.
Dinsdag 24 Oktober
Juanita Swanepoel lees gedigte uit Ilse van Staden se bundel Waar die oog van stil word.
Dinsdag 31 Oktober
Erik Holm lees verse van Hennie Aucamp.
Versindaba
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
Op 6 Oktober het ’n resensie van René Bohnen se digbundel Op die vingerpunte van die heelal verskyn.
Op 17 Oktober het ’n resensie van Carel Anthonissen se Vuurvas verskyn.
Vrouekeur
Willie Burger het gedurende Oktober die volgende resensies en rubrieke gelewer:
16 Oktober
Op pad deur Dana Snyman
23 Oktober
Isabella deur Mariël le Roux, en Wintersrust deur Joyce Kotzé, vertaal deur Daniel Hugo
31 Oktober
Groen soos die hemel daarbo deur Eben Venter
Woorde wat weeg
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/
Skakels na boekbesprekings vir haar blog asook verskillende publikasies vind besoekers aan dié webblad in die kiesbalk regs van blog-inskrywings.
Hier is ’n skakel na die skriftelike weergawe van ’n resensie van Elize Botha –Gespreksgenoot: ’n Brieweboek saamgestel deur Heilna du Plooy, wat Hambidge gedurende September op Fine Music Radio gelewer het.
Hier is ’n skakel na die skriftelike weergawe van haar resensie van Die dood en die sin van die lewe deur Anton van Niekerk, wat gedurende Oktober op Fine Music Radio gelewer is.