Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Marcel Spaumer

  • 1

Nuwe stemme 6 het pas by Tafelberg verskyn. Bibi Slippers en Charl-Pierre Naudé is die samestellers van dié bundel, ’n versameling van die beste verse van Afrikaans se opkomende digters.

Liné Enslin gesels met die gepubliseerde digters. Lees hier die ander onderhoude.


 

Marcel Spaumer

 

1. Beskryf jouself in ses woorde.

Introspektief, ekspressief, sensitief, impulsief, melankolies, nuuskierig.

2. Noem ses dinge waarsonder jy nie kan leef nie.

Genade, liefde, my broer, musiek, letterkunde, YouTube.

3. Wat is die vreemdste plek of medium waarop of waarmee jy al ooit ’n gedig geskryf het?

Op ’n Pizza Perfect-servet met ’n loperige bloupen.

4. Hoe lyk jou werkruimte?

Ek het nie ’n vaste ruimte waar ek skryf nie – ek hou daarvan om op nuwe plekke te gaan sit en skryf (stil koffiewinkels, interessante restaurante wat swak belig is, die strand).

5. Wie is jou gunstelingskrywer of -digter?

Hilda Smits; Ingrid Winterbach

6. Vertel asseblief bietjie meer omtrent een van jou gedigte wat in Nuwe stemme 6 opgeneem is.

“Gaga het ’n song in 10 min geskryf” kom al ’n lang pad. Ek het dit as universiteitstudent geskryf in ’n stadium toe ek omring was deur die suksesse en talente van ander jongmense (asook die skrywers en digters aan wie ons blootgestel is gedurende ons studies) en dit het my gepla hoe maklik dinge vir ander mense net gebeur. Ek wou die volgende groot gedig, of drama, of roman skryf, maar dit gebeur nie net nie. Die gedig is ook ’n soort uitspraak teen die onregverdigheid van die lewe: slegte goed gebeur te maklik, terwyl iets wat goed kan wees, nie so maklik gebeur nie.

Kyk hier na video's waarin Marcel van sy gedigte voorlees.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top