Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Churchil Naudé

  • 0

Nuwe stemme 6 het pas by Tafelberg verskyn. Bibi Slippers en Charl-Pierre Naudé is die samestellers van dié bundel, ’n versameling van die beste verse van Afrikaans se opkomende digters.

Liné Enslin gesels met die gepubliseerde digters. Lees hier die ander onderhoude.


 

Churchil Naudé

 

1. Beskryf jouself in ses woorde.

Ek is ’n lekker mens.

2. Noem ses dinge waarsonder jy nie kan leef nie.

Internet, musiek, woorde, die see, low-maintenance vriende en whiskey.

3. Wat is die vreemdste plek of medium waarop of waarmee jy al ooit ’n gedig geskryf het?

Toiletrol.

4. Hoe lyk jou werkruimte?

Ek het eers ’n ruimte gehad, maar ek skryf soos dit kom en waar ek is. Ek gryp ’n gap al is dit wanneer ek saam mense kuier, want dis maar hoe dit is.

5. Wie is jou gunstelingskrywer of -digter?

Breyten Breytenbach

6. Vertel asseblief bietjie meer omtrent een van jou gedigte wat in Nuwe stemme 6 opgeneem is.

Ek het lank trug al geleer om nie te attached te raak met enige van my skryfdinge nie, want sodra dit uit is beteken dit vir mense whatever hulle besluit dit beteken. Dis soms swaar, maar dis beter so. Vir my om een uit te sonder is soos om tussen jou kinders te kies, so ek los dit liewer vir die leser of luisteraar om te voel as vir my om te verduidelik.

Luister hier na opnames van Churchil se gedigte.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top