Nuwe stemme 6 – 6 vrae vir Jaco van der Merwe

  • 1

Nuwe stemme 6 het pas by Tafelberg verskyn. Bibi Slippers en Charl-Pierre Naudé is die samestellers van dié bundel, ’n versameling van die beste verse van Afrikaans se opkomende digters.

Liné Enslin gesels met die gepubliseerde digters. Lees hier die ander onderhoude.


 

Jaco van der Merwe

 

1. Beskryf jouself in ses woorde.

Taalmengerig. Krieketliefhebbend. Ontnugter. Kakaanjaend. Foundfootagefilmmaking. Wiseassish.

2. Noem ses dinge waarsonder jy nie kan leef nie.

Vegvissies, Christa, toetskrieket, woordgrappies, Peach-en-Louis, synthesisers.

3. Wat is die vreemdste plek of medium waarop of waarmee jy al ooit ’n gedig geskryf het?

Ek het eenkeer in ’n tent by Splashy Fen ’n gedig in totale donker geskryf, seker so 4 vm – my selfoon was pap, ek het my journal en ’n pen uit my rugsak losgekrap, geblaai tot naby aan die agterkant (waar ek gehoop het daar ’n paar leë bladsye was), en ’n bladsy vol “digkuns” geskryf sonder om enigiets te kan sien.

4. Hoe lyk jou werkruimte?

5. Wie is jou gunstelingskrywer of -digter?

Om net een te noem is onmoontlik. Mense wat ’n seminale invloed op my eie skryfwerk gehad het, sluit Saul Williams, Mos Def & Talib Kweli (Black Star), Charles Simic en Toast Coetzer in.

6. Vertel asseblief bietjie meer omtrent een van jou gedigte wat in Nuwe stemme 6 opgeneem is.

Ek dink die hele projek waarmee ek en Wikus de Wet besig is, is dalk ’n meer interessante ding om te beskryf as net een van die gedigte. Ek geniet en verken al vir jare die verhoudings tussen woorde en beelde, so ek was moer opgewonde toe Wikus vir my sy foto’s wys en voorstel dat ons saam ’n projek moet aanpak. Dit ontwikkel nou in ’n reeks fotogedigte (ek skryf prosagedigte as reaksies op Wikus se foto’s) wat ons uiteindelik wil publiseer in ’n boek (werkstitel: Wat binne is). Wikus se foto’s breek my, hulle is meer poëties as my woorde wat my betref, en die werke wat nou so tussen ons ontstaan is vir ons al twee opwindend en kragtig.

Foto van Jaco van der Merwe: Bernard Brand

Kyk hier na ’n video waarin Jaco een van sy gedigte voorlees.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top