Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Mei 2026

  • 0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Mei 2026 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Mei in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

4 Mei

RESENSIE | Yuzuki bied eiesoortige blik op Japan
Sonja van der Westhuizen resenseer Hooked deur Asako Yuzuki

RESENSIE | Dodelike spel van geheime, verraad en begeerte
Joan Hambidge resenseer Voor dit te laat is deur Quintus van der Merwe 

RESENSIE | ‘Kanniedood’ ’n krimi met tydige groen boodskap
Francois Bekker resenseer Kanniedood deur Irna van Zyl

TOPVERKOPERS | Netwerk24 se topverkopers vir April

11 Mei

BOEKEVAT | Eerder saamdroom met digkuns as klikaas-geraas
Deur Herman Wasserman

RESENSIE | Die vreemde weë van ’n SA dienspligtige
Johanna van Eeden resenseer Dogtag memories deur Jon Goetzsche

RESENSIE | ‘Beauty’ ’n verhaal van moed en menslikheid
Trisa Hugo resenseer Beauty deur Réna Rauch

RESENSIE | ‘Danie’ ’n fenomeen wat Afrikaans getref het
Ilza Roggeband resenseer Ek is nie Danie, ’n samestelling uit Danie Marais se digkuns

15 Mei

KYK | Die boeke wat David McCloskey wens syne was

18 Mei

RESENSIE | ‘Trace’ neem lesers agter die skerms van die dood
Stefaans Coetzee resenseer Trace deur Ryan Blumenthal

BOEKEVAT | Vier versreëls teen die oorweldigende werklikheid
’n Rubriek deur Daniel Hugo

RESENSIE | Winckler brei oeuvre uit met heerlike ‘knussie’
Anschen Conradie resenseer ’n Knippie moord deur Elsa Winckler

RESENSIE | ‘Vuur’ ’n onblusbare soeke om iewers te behoort
Jonathan Amid resenseer Die vuur huil deur Allen Grootboom

22 Mei

Boeke: Durbanse skrywer Roslynne Toerien wen Nile-boekprys

23 Mei

RESENSIE | ‘Joshlin’ daag gehoor met skerp fragmente van spieël
Kobus Burger resenseer Joshlin: Meer as ’n naam deur Herschelle Benjamin

25 Mei

NUUT OP DIE RAK | Moord, drama en sang van sonnette om die winter te besweer

RESENSIE | Verse wat tot op die been gestroop is
Joan Hambidge resenseer Tussen asem deur Hannes Visser

RESENSIE | ‘Serwiër’ die goudstandaard van spanning
Martin Laubscher resenseer Die Serwiër deur Carel van der Merwe

26 Mei

RESENSIE | Vreemde, hipnotiese grootwordverhaal oorrompel
Jonathan Amid resenseer Vreemde vos deur Carel van Rooyen

Boeke: ‘Rompslomp van die lewe’ botvier in Pieter Hugo se tweede digbundel

28 Mei

Boeke: NP van Wyk Louw se geboortedag 120 j gelede gevier

Boeke: Ware sluipmoord in Kaapstad vonk vir ‘Die Serwiër’
Deur Mariana Malan

29 Mei

LUISTERBOEK | ‘Die ooggetuie’ deur Wilna Roux

 Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Mei op LitNet verskyn:

Boekevat met Deborah: Op die spoor van die stasiemoordenaar deur Julian Jansen en 18 years an addict deur Anne Lapedus Brest

Celeste Slabber-Loriston se Die speletjie: ’n lesersindruk

Oor God en die Afrikaner: Die Spoegvanger deur Stefanus S Vivier, ’n lesersindruk

Seuns weet deur Frederick Botha: ’n resensie

Raaiselman deur Salma Swanepoel: ’n resensie

Waar bloed kruip deur Marieta Carrick: ’n resensie

Reus en Raka? ’n Lesersindruk van Die reus uit die bos deur Piet van Rooyen

Christelientjie die sonskynfeetjie van die Grootrivier deur Riana Scheepers: ’n resensie

Hoe lank is vir altyd? deur Dina Botha: ’n resensie

Spienekelientjies, saamgestel deur Antjie Krog: ’n resensie

Morena en Rorisang-leesreeks deur Refiloe Moahloli: ’n resensie

We inherit the fire deur Kagiso Lesego Molope: ’n resensie

Lesersindruk: Die seun met die swaeltjie deur Fanie Viljoen

Kaiings van wysheid deur Daniël J Louw: ’n resensie

Elize Parker in gesprek met Alwyn Roux oor Weerskyn

Twee halwes maak ’n hele: ’n onderhoud met Marita van der Vyver

Bleeksiele kan brul deur Brigette Labuschagne: ’n onderhoud

Joe Mynhardt laat stories leef

Die volgende resensies en rubrieke het gedurende Mei in Rapport verskyn:

3 Mei

 

Rubriek: Lesers kla nie oor swak boeke nie – hulle hou net op koop
Deur Ronnie van Jaarsveld

Resensie: Dis ’n bloedbad as voorreg en fatalisme ontmoet
Jannes Erasmus resenseer Beauty deur Réna Rauch

Uittreksel: Die boelie wat wens hy kon lewe soos ek
Uit Klawer deur Rocco de Villiers

10 Mei

Resensie: Is dit gif in daai glas, of is jy net bly om my te sien?
Jannes Erasmus resenseer Voor dit te laat is deur Quintus van der Merwe

Resensie: Dié boek wys hoe om Bokke van skape te skei – ook in die lewe
Gielie Hoffmann resenseer The Bok Way deur PJ Claasen

Pieter Mulder: Watse F-woord is dié nou, agbare LP?
Uittreksel: Parlement-praatjies deur Pieter Mulder

Resensie: Max se nuwe boek lê die valsheid van wit Suid-Afrika bloot
Pieter du Toit resenseer The End of Normal deur Max du Preez 

17 Mei

Boeke: Vreemde (en fantastiese) dinge gebeur in Jaco Jacobs se 300ste boek

Resensie: Tannie Maria woel in ’n wêreld waar Engels klink soos Afrikaans
Deborah Steinmair resenseer Wild things never die deur Sally Andrew

Resensie: Op ’n dag verskyn ’n reeksmoordenaar in die see . . .
Mercia Coetzee resenseer Die eilandbruid se sluier deur Elize Parker

Resensie: ‘Ja, Max, dit gaan goed met ryk Afrikaners, maar wat van die res van ons?’
Andries Cornelissen resenseer The End of Normal deur Max du Preez

24 Mei

Resensie: Irna is ’n meester: Daar’s niks so gruwelik soos die stille gevaar
Stefaans Coetzee resenseer Kanniedood deur Irna van Zyl

Resensie: Ontmoet die gesin van waansin, wonde (en ’n glimps genade)
Jannes Erasmus resenseer Lost lambs deur Madeline Cash

Resensie: Hoe leef jy verder as jou man én jou kind skielik sterf?
Riette Rust resenseer Lessons from loss deur Dominique Olivier

31 Mei

Resensie: ’nie Danie’ is hier: Proe aan die room van Marais se gedigte
Karen de Wet resenseer Ek is nie Danie: ’n Keur uit die gedigte van Danie Marais

Resensie: As jou kaartjie geboek bly op die trein van pyn
Paul Kammies resenseer Ashes of euphoria deur Jean-Paul Willemse

Resensie: Ons word halfmense: KI se opmars is ’n oorlog om die siel
Pieter Madibuseng Odendaal resenseer Die gebed van ’n halfmens deur Nicola Hanekom

Uittreksel: Patoloog vertel: Jy sal nie glo wat in die man se maag was nie
Uit Trace deur Ryan Blumenthal

Die volgende resensies en onderhoude het in Mei onder redaksie van Suné van Heerden op Maroela Media verskyn.

10 Mei

Ma-wees anders vir elke vrou

“Jy is die beste ma vir jou kinders.”

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/ma-wees-anders-vir-elke-vrou/

10 Mei

Glansryke Gloria: Van Elsiesrivier tot internasionale stralerjakker

Oor haar stralerjakkerlewe en talle reise waarvan ander net kan droom of in toerismebrosjures sien, sê Gloria Arendz Theiler: “Suid-Afrika sowel as Switserland is in my hart veral omdat daar so ’n groot kontras tussen die twee lande is. Ek voel Suid-Afrikaans én Switsers.”

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/glansryke-gloria-van-elsiesrivier-tot-internasionale-stralerjakker/

17 Mei

Doodgewoon wees nie ‘mevrou Smit’ se styl

“Sy mag dalk na ’n nuwe rat oorslaan, maar mevrou Smit sal nooit werklik doodgewoon kan wees nie.”

Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/doodgewoon-wees-nie-mevrou-smit-se-styl/

23 Mei

Kyk | Staaltjies uit Pieter Mulder se dae as politikus 

In ’n reeks video-onderhoude met Maroela Media kyk Pieter Mulder terug op sy tyd in die politiek: van die groot historiese oomblikke wat die land verander het, tot die stories, gebruike en mense wat die parlement se wêreld gevorm het. 

Kyk hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/kyk-staaltjies-uit-pieter-mulder-se-dae-as-politikus/

26 Mei

Antjie Krog lees kinderrympies voor met nuwe boek

“Nou die dag vra iemand my: Waarom speel die kinders hier in jou tuin in Engels? Hulle klink soos Peppa Pig? Ja, en dit is wat gebeur. Omdat daar nie meer spesiale Afrikaanse programme is nie, het die kinders nie meer ’n woordeskat om in te speel nie.”

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/antjie-krog-lees-kinderrympies-voor-met-nuwe-boek/

28 Mei

Luister | Tannie Maria pak vetplantstropers in nuwe boek

Met haar liefde vir kos, die Karoo en mense – en ’n besondere talent om haarself telkens in moordraaisels vas te loop – het sy oor die jare ’n unieke plek in lesers se harte gekry. 

Luister saam: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-tannie-maria-pak-vetplantstropers-in-nuwe-boek/

29 Mei

Boekresensie | Peter Blum staan sentraal in ‘Hortjies dig’

Die grootste wins van die teks is egter dat dit wyer blootstelling gee aan Peter Blum se poësie, skryf Johan Myburg. 

Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-peter-blum-staan-sentraal-in-hortjies-dig/

30 Mei

Boekresensie | Onthou is nie genoeg nie

Zelda Bezuidenhout bevestig met “Mei en alles daarna”, weer ’n keer, dat sy ’n verhaal kan skryf wat toeganklik bly sonder om liggewig te word, skryf Jannes Erasmus.

Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-onthou-is-nie-genoeg-nie/ 

31 Mei

Waarom ‘Onthou jy nog?’ steeds saak maak 

“Jongmense moet só konsentreer op die deurlopend veranderende ‘toekoms’, dat hulle minder tyd het om aan die verlede te dink.”   

Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/waarom-onthou-jy-nog-steeds-saak-maak/

Klyntji.com is ’n voortlewing van Ons Klyntji, die eerste en oudste Afrikaanse tydskrif. Klyntji.com bestaan van 2014 af en is ’n onafhanklike webjoernaal wat fokus op diverse en progressiewe Suid-Afrikaanse kuns en kultuur.

7 Mei

Zelda Bezuidenhout en Antoinette Louw is nie oor die muur nie
Deur Maryke Roberts

15 Mei

Uittreksel: Seuns weet deur Frederick Botha

Wadde-WAT is ’n leksikograaf?
Deur Maryna Adshade

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Mei op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/skrywers-en-boeke/

Woensdag 6 Mei  

Ilse Salzwedel gesels met Tom Dreyer, wie se debuutbundel, Nou in infrarooi, onlangs met die Hertzogprys bekroon is. Jy kan ook hoor hoe klink van die gedigte uit die bundel. In Johan Myburg se drie insetsels uit die internasionale boekewêreld, kan jy meer uitvind oor die Miguel de Cervantes-prys vir Spaanse letterkunde. Hy vertel ook meer oor Marcia Hutchinson, ’n 63-jarige vrou van Nigerië, wie se debuutroman gekortlys is vir die gesogte Women’s Prize for Fiction. Johan bring ook hulde aan die Australiese skrywer, David Malouf, wat onlangs oorlede is. Daar is nuus oor die Dalene Matthee-boekefees op Herold in die Outeniqua-berge. Ina Strydom gee in twee insetsels goeie skryfraad vir almal wat ’n radiodrama wil skryf.

Woensdag 13 Mei

Ilse Salzwedel gesels met Bun Booyens, wie se boek, Troep, onlangs met die LW Hiemstraprys vir nie-fiksie bekroon is. Johan Myburg gesels oor literêre toerisme, en vertel meer oor Angel down deur Daniel Krause, wat as die wenner van die Pulitzerprys vir fiksie aangewys is. Hy bring ook hulde aan die Britse digter, Carol Rumens, wat onlangs oorlede is. Radiodramaskrywers moet inskakel vir Ina Strydom se raad oor die skryf van dialoog.

Woensdag 20 Mei

Luister na ’n onderhoud uit 1996 waarin wyle Madelein van Biljon met Daniël Hugo gesels oor lees. Johan Myburg sorg weer vir interessante nuus uit die internasionale boekewêreld. Hy gesels oor die wenners van die British Book Awards, of Nibbies, en vertel ook meer oor Haruki Murakami se jongste roman en ’n Engelse vertaling van die skrywer Mario Vargas Llosa se jongste roman. Voornemende skrywers – veral van radiodramas, maar eintlik sommer almal wat daarvan droom om fiksie te skryf – moet ook ingeskakel bly vir nog twee bydraes wat Ina Strydom en Kobus Burger saamgestel het as skryfhulp vir radiodramaskrywers. Jy kan ook hoor wie aangewys is as wenners van LAPA se Jeugromankompetisie.

Woensdag 27 Mei

Ilse Salzwedel gesels met Anoeschka von Meck oor haar boek, Twa die tydloper. Johan Myburg het bydraes oor die wenners van twee gesogte internasionale letterkundepryse, die Dylan Thomas-prys en die Booker International. Hy gesels ook oor nuwe boeke vir jou leeslysie. Vir radiodramaskrywers is daar twee laaste slypklasse met raad oor die ontwikkeling van ’n storielyn en die gebruik van byklanke. Jy kan ook hoor van die eer wat Dalene Matthee onlangs te beurt geval het toe sy postuum met die Orde van Ikhamanga (Brons) vereer is.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Mei op RSG uitgesaai is, kan geluister word by: https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/vers-en-klank/

Dinsdag 5 Mei

Sophia van Taak gesels met Anita van der Walt oor haar vyfde digbundel, Die aap kom uit die mou. Hulle bespreek ook verskillende digvorme soos die haikoe, die tanka en die villanelle, en ander elemente wat aan gedigte ’n sekere soort musikaliteit verleen.

Dinsdag 12 Mei

Watter mens hou nie van die Karoo nie? Dié dorre binneland roer ons almal om die een of ander rede. Ons vind uit waarom so baie digters verknog is aan die Karoo, selfs aan spesifieke streke of dorpe in die streek. Wilhelm van der Walt is die voorleser.

Dinsdag 19 Mei

Luister na gedigte oor hoe besig die brein is. Hoe ons maar altyd besig is om te beplan, te ontleed, te vergelyk, te onderskei, te benoem, te onthou…! Die brein is nooit stil nie. Die digter, T.T. Cloete, het van ’n ‘heilige nuuskierigheid’ gepraat – daardie ding wat maak dat ons nie kan ophou vrae vra oor die wêreld om ons nie. Die voorleser is Nienke Geldenhuys.

Dinsdag 26 Mei

Sophia Kapp praat met Jennifer Pape oor haar eerste digbundel, Waar daar eens ’n see was, wat by Turksvy Uitgewers verskyn het. Met ’n agtergrond in geologie, delf Jennifer graag in die oerverlede en die natuurwetenskappe. Haar skryfstyl is ’n heerlike vermenging van feite en verdigsels, wetenskap en verbeelding.

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied. Ons lys hier enige resensies wat op radio voorgelees is of op ander mediaplatforms verskyn het wat nie reeds by die oorsig ingesluit is nie. Klik op die skakel na die tuisblad vir alle ander inhoud op die blog: http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

4 Mei

Resensie: Ek’t act deur Klara du Plessis
Resensent: Nini Bennett-Moll

15 Mei

Resensie: Vryval deur Pieter Hugo
Resensent: Joan Hambidge 

Resensie: SpienekelientjiesTaalmusiek vir kleintjies, saamgestel deur Antjie Krog
Resensent: Marlies Taljard 

19 Mei

Onderhoud: Joan Hambidge in gesprek met Johan Myburg oor sy nuwe bundel Steierwerk

27 Mei

Resensie: Tussen asem deur Hannes Visser
Resensent: Marlies Taljard

Die volgende resensies, skrywersonderhoude en boekuittreksels het in Mei verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green: 

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Michiel Heyns oor The wildest beauty

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Dominique Olivier oor haar boek, Lessons from loss

Onderhoud: Phyllis Green gesels met Sam Beckbessinger oor Femme feral

Onderhoud: Antoinique van Staden gesels met Matt Haig oor The midnight train

Boeke: Marzanne Schoeman deel haar indrukke van die Franschhoek Literêre Fees

Resensie: Antonio Cantoni resenseer Katabasis deur RF Kuang

Resensie: Marzanne Schoeman resenseer Biltong & Dior deur Louis Jansen van Vuuren 

Uittreksel: Klawers deur Rocco de Villiers

Uittreksel: Mei en alles daarna deur Zelda Bezuidenhout

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top