Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Februarie 2021 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Boeke24
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Februarie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
1 Februarie
Resensie: ’n Teks van grense wat oorgesteek word
Joan Hambidge resenseer Met die oog op môre deur Antjie Krog
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/n-teks-van-grense-wat-oorgesteek-word-20210131
Resensie: Teer, opwindende jeugroman ruk leser aan die hart
Jonathan Amid resenseer Baster deur Jan Vermeulen
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/teer-opwindende-jeugroman-ruk-leser-aan-die-hart-20210131
Resensie: Boeiende vertelling wek diep deernis
J.B. Roux resenseer Die kind se naam is Anneke deur Juliana Coetzer
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/boeiende-vertelling-wek-diep-deernis-20210131
Resensie: Obelix dié keer verlei met sakke vol geld
Jo Prins skryf oor Obelix & kie
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/obelix-die-keer-verlei-met-sakke-vol-geld-20210131
4 Februarie
Boekenuus: Verwoord jou gevoelens oor pandemie vir beoogde bundel
AJ Opperman skryf oor ’n digbundel waarin digters oor hul ervaring van die Covid-19-pandemie skryf.
5 Februarie
Boekenuus: 36 jaar se Grey-stories uit oud-onnie se pen
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/36-jaar-se-grey-stories-uit-oud-onnie-se-pen-20210204
Profiel: Haikoebundel ’n debuut wat klop met inner-ritme
Oor Gérard Scholtz se haikoebundel Stipstaar
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/haikoebundel-n-debuut-wat-klop-met-inner-ritme-20210205
6 Februarie
Profiel: ‘Die lekkerste werk onder die son’
Hanli Deysel vertel vir Elretha Britz oor haar werk by Protea Boekhuis as ontwerper en uitlegkunstenaar
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/die-lekkerste-werk-onder-die-son-20210204
Boekenuus: Maand oor om vir Ingrid Jonker-prys in te skryf
Aansoeke sluit 1 Maart.
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/maand-oor-om-vir-ingrid-jonker-prys-in-te-skryf-20210205
Boekenuus: Qarnita Loxton wen Philida-boekprys
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/qarnita-loxton-wen-philida-boekprys-20210206
7 Februarie
Boekenuus: Langlys bekend vir HSS-pryse
Die Nasionale Instituut vir Geestes- en Sosiale Wetenskappe het die langlys vir sy jaarlikse HSS-pryse bekend gemaak.
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/langlys-bekend-vir-hss-pryse-20210207
Resensie: Lekker krimi teen die koue
Sonja van der Westhuizen resenseer Sleep Well, My Lady deur Kwei Quartey
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/lekker-krimi-teen-die-koue-20210207
Resensie: Die wonder van dinge soos hulle hier, nou is
Johan Myburg resenseer Stipstaar deur Gerard Scholtz
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/die-wonder-van-dinge-soos-hulle-hier-nou-is-20210207
Resensie: ’n Vuurtoring teen donkerte
Francois Bekker resenseer Vuur in sy vingers: Die verreikende invled van N.P. van Wyk Louw
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/n-vuurtoring-teen-donkerte-20210207
Boekevat: Dink weer oor Ingrid Jonkerprys se klousule
’n Rubriek deur Daniel Hugo
8 Februarie
Boekenuus: Qarnita Loxton dankbaar vir ‘liefde’ van Philida-prys
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/qarnita-loxton-dankbaar-vir-liefde-van-philida-prys-20210208
12 Februarie
Profiel: Kleinkinders bied inspirasie vir kinderboeke
Oor die Oos-Kaapse kunstenaar Ruth Nesbit en haar kinderboekreeks
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/kleinkinders-bied-inspirasie-vir-kinderboeke-20210211
13 Februarie
Profiel: Jeanette Stals se historiese roman “Diep Spoor” verskyn
Oor Jeanette Stals se historiese roman oor die Groot Trek.
15 Februarie
Boekevat: Weskoppie-woede, waansin en weerloosheid
’n Rubriek deur Koos Kombuis
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/boekevat-weskoppie-woede-waansin-en-weerloosheid-20210215
Resensie: Hugo se verhaal oop, eerlik
J.B. Roux resenseer Soldaat deur Reynardt Hugo
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/hugo-se-verhaal-oop-eerlik-20210214
Resensie: Voortdurende stryd om lewe
Jonathan Amid resenseer The Survivors deur Jane Harper
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/voortdurende-stryd-om-lewe-20210214
Resensie: Belangrike blik op die man én sy omgewing
Francois Bekker resenseer Slabbert: Man on a Mission deur Albert Grundlingh
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/belangrike-blik-op-die-man-en-sy-omgewing-20210214
Boekenuus: Erotiese kortverhale verkoop soos soetkoek
Lyfskap, ’n bundel erotiese kortverhale, is ’n topverkoper onder Afrikaanse e-boeke op Amazon.com.
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/erotiese-kortverhale-verkoop-soos-soetkoek-20210215
Profiel: Faizel se kop is in die sterre en sy voete op die aarde
Laetitia Pople oor Rafiek Mammon, skrywer van die kinderboek Faizel en die sterre.
Profiel: TV-joernalis skryf eerste jeugboek
’n Splinternuwe jeugboek is op die rakke, neergepen deur die TV-nuusleser en joernalis Danïella van Heerden
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/tv-joernalis-skryf-eerste-jeugboek-20210215
17 Februarie
Boekenuus: Fluitjieblasers onder loep op skrywersfees
Die blootlegging van korrupsie deur fluitjieblasers is die hooftema op vanjaar se aanbieding van Time of the Writer (15–21 Maart).
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/fluitjieblasers-onder-loep-op-skrywersfees-20210217
21 Februarie
Luister: Breyten en Jolyn lees gedigte vir Moedertaaldag
Ter viering van Internasionale Moedertaaldag het PEN Afrikaans die digters Jolyn Phillips en Breyten Breytenbach gevra om hul gedigte oor moedertaal te lees.
22 Februarie
Resensie: Ragel se storie huppel behoorlik
Helen Schöer resenseer Ragel Petoors in die malhuis deur Wilnetta van Reenen
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/ragel-se-storie-huppel-behoorlik-20210221
Resensie: Vreesloos, speels, vol verbeelding en gewiks
Jonathan Amid bespreek Vel deur Emma Bekker
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/vreesloos-speels-vol-verbeelding-en-gewiks-20210221
Boekenuus: FAK huldig Dalene Matthee in Knysna-bos
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/fak-huldig-dalene-matthee-in-knysna-bos-20210222
25 Februarie
Resensie: Misdaadroman ruk jou tot in jou fondamente
Marita van der Vyver resenseer Mermaid Fillet deur Mia Arderne
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/misdaadroman-ruk-jou-tot-in-jou-fondamente-20210225
26 Februarie
Boekenuus: Luwes se roman ‘’n moet-lees vir elke Karoomens’
Elretha Britz skryf oor Nico Luwes en sy roman Die Reënboogmaker
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Teater/luwes-se-roman-n-moet-lees-vir-elke-karoomens-20210227
LitNet
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Februarie op LitNet verskyn:
Slabbert: Man on a mission. A biography deur Albert Grundlingh: ’n resensie
Jesus vir almal: Die gay-gesprek in die kerk deur Neels Jackson – nog ’n lesersindruk
Jesus vir almal: Die gay-gesprek in die kerk deur Neels Jackson – ’n lesersindruk
Om ’n boomhuis te vertaal: ’n onderhoud met Kobus Geldenhuys
Die kind se naam is Anneke deur Juliana Coetzer: ’n resensie
Hoephoepieland – tien omgeestories met hart deur Ronél van der Watt: indrukke en ’n onderhoud
Die gladde stiltes in glas deur Louis Esterhuizen: ’n resensie
Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden: ’n leeskringbespreking
Vammelewe se vuurstories vat vlam: Ware verhale uit Namakwaland deur Gert Sarrisam
Lesersindruk: Dante se mistieke reis. Tweede tog: Purgatorio deur Kobus Krüger
Rapport
Die volgende resensies het gedurende Februarie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
7 Februarie
Resensie: Jonathan Amid resenseer 1986 deur William Dicey
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/n-kragtoer-oor-ons-naarste-jaar-20210205
Resensie: Emigrant immigrant deur William Lottering, geresenseer deur Annelise Erasmus
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/trauma-van-emigrasie-verdien-iets-eerliker-20210205
Nuut op die rak: “Grootse werke nou in ons taal”
- Die pelgrimsverhale van Geoffrey Chaucer, vertaal deur John Boje
- Alles keer om: Tomas Tranströmer in Afrikaans, deur De Waal Venter uit Sweeds vertaal
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/grootse-werke-nou-in-ons-taal-20210205
14 Februarie
Resensie: Rachelle Greeff oor Lyfskap: Erotiese kortverhale saamgestel deur Sophia Kapp en Leonie van Rensburg
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/pluk-n-storie-van-die-lyf-20210214
Resensie: Juliana Coetzer resenseer Die goeie matrone deur Janey Kresnick-Robinson
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/gruboodskap-gaan-ongelukkig-verlore-20210213
Resensie: Magdel Vorster bespreek Kiets in Parys deur Dianne Hofmeyr met illustrasies deur Piet Grobler
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/lekkerte-in-lees-en-kyk-20210213
Nuut op die rak: “Gee jou geld gô”
- Dink soos ’n miljardêr: Geheime van ’n suksesvolle entrepreneur deur Daniel Strauss
- Douglas Kruger se How to grow rich: 50 ways to debunk money myths and master wealth
- Nic Haralambous se How to start a side hustle: A playbook for a new economy
- Midlife Money Makeover: Second Life as a Modern Elder deur Kim Potgieter
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/binnekort-op-die-rak-gee-jou-geld-go-20210214
21 Februarie
Resensie: Louise Viljoen resenseer Swatland deur Ashwin Arendse
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/gebore-innie-swatland-20210220
Resensie: Jonathan Amid bespreek Brandmerk deur Christelle van Rooyen-Wessels
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/intrige-in-brandmerk-flouer-as-n-beker-tee-20210220
Nuut op die rak: “Lees vir die gees”
- Julian Jansen se Seuns sonder pa's
- Gangster deur Carla van der Spuy
- Jamie Marais se Determination: The Autobiography
- Soldaat deur Reynardt Hugo
- Leef lig deur Jaco Strydom
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/nuut-op-die-rak-lees-vir-die-gees-20210221
Skryfnuus: “Skryf saam met Rachelle”
Oor Rachelle Greeff se nuwe skryfmentorskapprogram
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/skryf-saam-met-rachelle-20210220
Nuut op die rak: “Niefiksie wat jeug inspireer”
- Jy kan die wêreld verander deur Lucy Bell, in Afrikaans vertaal deur Fanie Viljoen;
- As jy droom deur Daniëlla van Heerden en Megan Werner
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/niefiksie-wat-jeug-inspireer-20210220
28 Februarie
Resensie: Johann Kriegler resenseer Slabbert: Man on a Mission deur Albert Grundlingh
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/word-wehn-se-impak-oorskat-20210227
Resensie: Jean Meiring resenseer ’n Hart is so groot soos ’n vuis deur P.P. Fourie
https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/hoop-stukkie-vir-stuk-bekyk-20210227
Maroela Media
Die volgende resensies het gedurende Februarie op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
3 Februarie
Vyf boeke oor Oubaas se honne
Dit is mos sommer gróót pret om boeke te lees waarin die mens se beste vriend ook verskyn en dikwels die held (en soms die skurk) is.
Lees die resensie deur Louise Viljoen
10 Februarie
Bak dit self
“Ek het lankal verlief geneem daarmee dat ek beter is daarmee om gebak op te eet as om dit op te tower. Maar nou het ek geen verskoning meer om uithalergebak te bedien nie, want ek het Marlene Schoeman se ‘Bak dit self’ ontdek!” skryf Louise Viljoen.
17 Februarie
Die Ickabog
Ek het sommer baie lekker aan hierdie splinternuwe sprokie uit die pen van een van die wêreld se voorste storievertellers gelees, skryf Louise Viljoen.
25 Februarie
Welvaartskeppers
Ek hou baie van die nugter, realistiese én byna vaderlike wyse waarop dr. Botha met sy lesers in gesprek tree. Dit alleen plaas Welvaartskeppers vir my in ’n ander klas as die magdom boeke deur ghoeroes wat met allerhande slimpraatjies aan jou ’n mirage van kitsrykdom voorhou net om boekverkope te verseker, skryf Louise Viljoen.
Boek van die maand: As die Cape Flats kon praat
Brian Fredericks se onopgesmukte en priemende manier van kyk word dikwels weergegee in sinsnedes wat vermaaklik is. Daarby laai hy sy sinne net so maklik met ʼn woedende energie. Met die taal wat die Cape Flats praat, skryf Johan Myburg.
Klyntji
Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Februarie onder redaksie van Francois Lion-Cachet verskyn:
Andries Buys oor Afrikaans, geloof, die reg en letterkunde
Francois Lion-Cachet in gesprek met oudregter Andries Buys, skrywer van Die dao van Daan van der Walt
https://klyntji.com/joernaal/2021/2/27/andries-buys-die-dao-van-daan-van-der-walt
Skrywers en boeke (RSG)
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Februarie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-episode/?series=4793
Woensdag 3 Februarie
Ilse Salzwedel gesels met Christien Neser, jeugboekskrywer en spraakterapeut, oor die belangrikheid van boeke, stories en hardop-voorlees, ter viering van Internasionale Hardopvoorleesdag op 3 Februarie. Christelle Van Rooyen-Wessels gesels oor haar spanningsroman Brandmerk, en Eugene Gregan gesels oor haar lysie lekkerleesboeke. Theo Kemp gesels oor die Jakes Gerwel Stigting se residensieprogram vir Afrikaanse skrywers. Johan Myburg gesels in sy internasionale bydrae oor die wenner van die Costa Boek van die Jaar-prys, en ’n nuwe digbundel uit die pen van Bhanu Kapil. Jy kan ook luister na ’n kort voorlesing uit Susanna Clarke se Piranesi.
Woensdag 10 Februarie
Elmari Rautenbach, die organiseerder van die US Woordfees se skrywersprogram, gesels met Ilse Salzwedel oor haar onlangse leeslekkertes, en jy kan luister na ’n argiefbydrae oor die werk van J.M. Coetzee, wat op 9 Februarie sy 80ste verjaarsdag gevier het. Johan Myburg gesels in sy bydrae oor die kortlys van die Dublin-letterkundeprys, ’n boek oor klimaatfiksie op die Booker-kortlys en die skrywer agter een van die groot feministiese boeke van die vorige eeu.
Woensdag 17 Februarie
Ilse Salzwedel gesels met Daniël Lötter oor sy boek 17 x moord, en jy kan luister na ’n kort voorlesing deur J.M. Coetzee uit sy roman Diary of A Bad Year. Johan Myburg vertel meer oor die Folio-prys se kortlys, die lewe van John Keats en Chimamanda Ngozi Adichie se jongste biografiese werk.
Woensdag 24 Februarie
Ilse Salzwedel gesels met Annemarie van der Walt van die Innibos se boekprogram oor haar lekkerleeslysie, en die kinder- en jeugboekskrywer Elizabeth Wasserman gesels oor haar boeke en die voordele van lees vir kinders. Johan Myburg deel nuus oor die rolprentverwerking van Aravind Adiga se roman The White Tiger, en die Time of the Writer-letterkundige fees van die Universiteit van KwaZulu-Natal. Jy kan ook luister na ’n uittreksel uit die oud-radioman Malcolm Gooding se Confessions of a Voice Artist.
Vers en klank (RSG)
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Februarie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-episode/?series=4896
Dinsdag 2 Februarie
Ons neem afskeid van RSG se geliefde Margot Luyt, alhoewel haar invloed en mentorskap van vele asook haar kenmerkende stem altyd met ons sal bly. Jy kan luister na van Margot se gunsteling-gedigte en gedigte wat ons aan haar laat dink. Verse deur César Vallejo (vertaal deur Uys Krige), D.J. Opperman, Elisabeth Eybers, Antjie Krog, George Weideman, Petra Müller, Sheila Cussons, Clinton V. du Plessis, Boerneef en N.P. van Wyk Louw.
Dinsdag 9 Februarie
Wessel Pretorius lees gedigte uit Marius Crous se vierde digbundel, Tussenganger, wat in 2020 uitgegee is. Louis Esterhuizen skryf: “Tussenganger is ’n digverweefde, deurgekomponeerde en uitdagende teks wat die leser nie net met die totaliteit van sy/haar menswees konfronteer nie, maar ook dwing om afstand te doen van geykte opvattings en veral verwagtings.”
Dinsdag 16 Februarie
Gideon Lombard lees gedigte voor uit die bundel Liefde, miskien deur die Vlaamse digter Herman de Coninck, vertaal deur Daniel Hugo. De Coninck staan bekend as die man wat sy volk geleer het om poësie te lees. Hy was bekend as digter, kritikus en joernalis. Kenmerke van sy werk is die alledaagse tema, die verrassende gesigshoek, die praatstyl, die oorspronklike beeldspraak en versagtende ironie.
Dinsdag 23 Februarie
Die literator, dosent, resensent en digter Bernard Odendaal is in die ateljee, en ons luister na gedigte oor vrugte. Jy kan uitsien na gedigte deur Ina Rousseau, D.J. Opperman, George Weideman, T.T. Cloete, Lucas Malan, Uys Krige, Breyten Breytenbach, N.P. van Wyk Louw, Wilma Stockenström, Marlene van Niekerk, Sheila Cussons en Boerneef.
Woorde wat weeg
Prof. Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/
Versindaba
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
23 Februarie
Onderhoud: Joan Hambidge
Marlies Taljard gesels met Joan Hambidge oor haar bundel Konfessies, kaarte en konterfeitsels. Imprimatur, 2021
https://versindaba.co.za/2021/02/23/onderhoud-met-joan-hambidge-konfessies-kaarte-en-konterfeitsels/