Toekomsmens deur Isa Konrad: ’n onderhoud

“Die beste wetenskapfiksie daag die leser uit om jou realiteit opnuut in oënskou te neem deur jou ’n alternatiewe realiteit aan te bied. Mens kan dit seker as sinlose bespiegeling afmaak, maar goeie wetenskapfiksie laat my nadink oor my eie wêreld: waar ons vandaan kom, waarheen ons op pad is, en ons plek in die kosmos.”