Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden: ’n leeskringbespreking

“’n Biblioteek is ’n simbool van die kunste, in sonderheid van die literatuur, as argief van ’n tyd en ook van die tydlose. Iets van hierdie droom word inderdaad verwesenlik in Die biblioteek aan die einde van die wêreld, wat soveel deernis en begrip in die karakterisering vertoon; dis ’n roman wat die volle werklikheid betrek – littekens en liefde, misdaad en verset.”