Hanno Visagie2026-07-21Beste Cornelius
Ek waardeer jou opregtheid en die manier waarop jy die spanning tussen twee eerlike, Skrifgefundeerde insigte uitspel: dat God beide met etniese Israel ’n volhardende roeping het én dat Hy in hierdie era deur die Kerk as ’n nuwe “m
Cochenille2026-07-21Ek het die boek van doktor Mulder ook gelees. Die boek dien ook sommer as 'n goeie verslag van die Vryheidsfront se eerste 30 jaar in die parlement. Die Vryheidsfront was parlement toe onder die voorwendsel (dekmantel?) dat hulle daar tussen al die belang
Amanda Sherrin2026-07-21Edna beskryf hier die onvermoë van 'n man om sy eie verlies te verwerk, deur dit met drank te probeer regkry.
In plaas daarvan om sy dogtertjie, mooi aangetrek, na 'n opwindende plek soos die sirkus te neem of saam met haar kerk toe te gaan, waar die gro
Cornelius Henn2026-07-20Beste Hanno,
Baie dankie vir jou deeglike en duidelike kommentaar. Ek waardeer die hart wat jy in die gesprek hou.
Ek stem saam: die Skrif is die maatstaf. Ons moet onderskei tussen etniese Israel en die Kerk.
Terselfdertyd is die Nuwe Testament
Hanno Visagie2026-07-20Beste Cornelius,
Dankie vir jou deeglike en eerlike brief. Ek waardeer die manier waarop jy die moeilikheid en die diepte van die Skrifte rondom Israel en die Kerk uitlig. Ek wil in liefde en duidelikheid reageer.
1) Ek stem saam dat die Skrif self die pr
Hannes Stander2026-07-20Hallo Anneke, jammer vir die stadige respons. Inderdaad. Katriena was in haar hemel. En ja, dit is 'n gelukkige einde - al is dit met 'n traan.
Hannes Stander2026-07-20Baie dankie vir julle kommentaar, Heidi en Juliette. Laetititia Deborah het wel hierdie paal gehaal, maar dit was baie duidelik nie die plan nie! - Truitjies brei en die nappy drill is haar voorland 😉
Pierre Oosthuizen2026-07-20Baie dankie vir hierdie raak en insiggewende resensie, Jan-Jan!
Pieter Mulder is ’n inspirasie en voorbeeld vir enige politikus, akademikus en mens. Ek het die voorreg gehad om hom persoonlik te ontmoet en was diep beïndruk deur sy besondere intellek,
Juliette Immelman2026-07-19Uitstekend. Hannes, jy laat my nou baie diep dink. Ek het 'n tyd terug 'n video gesien op Facebook van die Breederivier in volle vloed en wraggies, daar was 'n karavaan wat teen 'n goeie spoed rivieraf gedryf het! Ek wonder maar net...
https://share.goog
Juliette Immelman2026-07-19Kyk, daardie fout moet jy nooit maak nie! Baie snaaks! Maar erger nog is wanneer jy iemand gelukwens met die "paal-status" en sy gluur jou aan en vertel jou dat sy verseker nog nie daardie paal gehaal het nie.
Ize Lutz2026-07-18Ek het dadelik begryp wat jy geskryf het. Tog, ek het die genot gehad om jou gedig oor en oor te lees om deel te word van die beelde van die slaap.
Handré Brand2026-07-17Ek sou graag wou sien watter bronne vir die doeleindes van hierdie artikel gebruik is en wat die kwaliteit van die bronne is. Is die Karoo dalk bloot warmer weens verskeie geografiese/geomorfologiese faktore soos oa hoogte bo seespieël, relatief min plan
Jeanette de Klerk-Luttig2026-07-17Dankie vir die insiggewende artikel, Handré. Dit laat mens besef hoe belangrik menslike interaksie vir ons menswees is.
Henning2026-07-17Onlangs, in ’n eienaardige reeks getiteld ‘Dead to Me’ (wat as ’n komedie voorgehou word), hoor ek die woord ‘brightsiding’.
Op Google staan: ‘Brightsiding is the habit of pushing forced positivity onto someone who is struggling, grieving
Marietjie Theron2026-07-16Wat 'n heerlike leeservaring was 'Rebekka' nie! Baie dankie en ek hoop ons gaan nog meer van Rebekka en Piet en die Libanees hoor!
Francois Verster2026-07-10Stefaans, ek stem saam: goeie korverhale is natuurlik 'n genre opsigself, maar dit gaan beslis hier oor toegang - tot publikasie en sodoende tot die oog van die lesers. En as 'n klein rat in die boekemark wat die bedryf aan die gang hou - na die afsterwe
Sybrandus Adema2026-07-10Ja, die goed is steeds duur, maar die pryse begin daal. Sien https://www.cars.co.za/motoring-news/5-most-affordable-evs-in-south-africa-2026/343038/
En daar is toenemend oplossings vir die uitdagings wat die skrywer noem. Wat dit kort, is die politieke,
Jacques Wessels2026-07-10Dankie vir die gedig wat my ou sus so goed saamvat in woorde. Die toedraai van lelike woorde om minder seer te maak is waar en sowaar!
Die uitdruk van “ek is 'n paradoks” pla my in eerste reël, wat daarvan om dit net weg te laat en laat die leser se