Waar die teerpad ophou
Jean Cooper
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624096641
’n Eerlike en aangrypende reisverhaal waarin Jean Cooper en sy vriend De Witt vir drie maande op twee motorfietse deur Afrika ry – van Pretoria tot in Spanje. Wat begin as ’n avontuur vol opgewondenheid, word vinnig ’n veel dieper reis: ’n deurkruising van landskappe, geskiedenis, gevaar, vriendskap, identiteit en innerlike worsteling.


Kommentaar
Uitstekende leeservaring. Ek het in elke hoofstuk die Afrika-stof en reën saam met Jean Cooper se kragtige woordskilderye en beweegritmes diep raaksien, ook dapper eerlikheid beleef. Jean Cooper slaag baie goed om Afrika ervarings uiters effektief te verweef met sy sielkundige insigte. Ek weet dat ek hierdie boek weer sal lees. En wat ook al Jean Cooper vorentoe sal publiseer.