Lynette2020-07-08Beste Afrikaanse sepie ooit - my hart is baie seer dat dit nou finaal klaar is - so gehoop daar sal nog n seisoen uitkom ... Welgedaan aan almal wat deel gehad het aan hierdie reeks, julle het julle self oortref ...
F C Boot2020-07-08In Amerika is daar 326 "Indian Resevations" vir 567 erkende stamme. Sal die geagte skrywer so goed wees om te verduidelik wat die verskil tussen die Apartheid tuislande en die 'resevations' is en hoe elkeen tot stand gekom het.
Dit sal ook goed wees as
Philippus Scholtz2020-07-08Die kerk moet handel volgens die woord van God, wat dit uitdruklik stel dat die huwelik sal wees tussen 'n man en 'n vrou en niks anders nie.
Daar is nerens enige skriftelike bewys vir enigiets anders nie.
Sarie2020-07-08My oud-kollegas van Grabouw huldig dieselfde mening as jy. Dis so jammer dat dit nog nie deurgedring het tot mense dat hul hulself maar ook die van die gemeenskap in gevaar stel as hul so onverantwoordelik optree.
Dink die onderwysdepartement moet we
Willem2020-07-07Gee asb vir Max van sy dogbiscuits as julle so koekies voor hom eet en hy vra so mooi vir 'n stukkie. Kan mens so gevoelloos wees om hom in die oë te kyk en dit dan voor hom in jou mond in te prop? Ek kan dit nie glo nie!
Eduan2020-07-07Het Kel-Cee nou maar die potplant weggevat voor haar bed wat hulle so laat agteruitgaan het? Ek sou hulle gestraf het daarvoor as ek Opsigter was. Die minste wat hulle kan doen, is om die potplante water te gee. Regtig?? Is dit te veel moeite?
Eduan2020-07-07Is dit nie nou besig om verskriklik boring en baie voorspelbaar te raak nie? Sodra LeRoux die spanbou wen, weet ons al dat Scheepers die kos gaan wen. Boring.....
karin2020-07-07Ek wil net noem, ons het nou 4 personeellede wat positief getoets is, en een inwoner. Toe ek Maandag gehoor het die inwoner is positief het dit gevoel of ek in 'n diep donker gat inval want ons het die afgelope paar maande soveel gedoen om almal te beske
Johannes Comestor2020-07-07Jannie, ek is 'n bietjie ouer as jy. Ons het as't ware saam die doodsvallei betree. In my jeug het ek dikwels die teksvers aangehoor dat die lewe 'n gestadigde dood is. Francois Mitterrand (1916-1996) was die president van Frankryk (1981-1995). Hy het let
Marie2020-07-07In die beginjare van KykNet was daar n paar goeie programme van Casper ... Effens onder die belt, maar toe nog skerp met skreeusnaakse dubbelsinnighede. Maar nie meer nie, Casper. Jammer, maar jou "humor" is ook nou soos SA, rommelstatus. Jy het dut in jo
Marianne Newton2020-07-07Ek wil assseblief graad 5-vraestelle en memorandums hê van Junie.
Een elk van: Afrikaans Huistaal, Engels Eerste Addisionele Taal en Wiskunde.
Lucas2020-07-06Johann, you wrote:"was daar in die meer onlangse verlede enige duidelik valse profesië wat jy van weet?
As daar is, kan jy my daarvan sê en ek sal dit met die leierskap opneem as jy voel hulle sal nie na jou luister nie.
Ek kan jou verseker die UBR s
Rex Bester2020-07-06Die pontifikale hoofregter tree dikwels saam op met talle predikers, apostels, pastore en biskoppe. Dikwels ook op die terrein van politici en hy glo blykbaar daar is niks verkeerd daarmee nie en het al op kritiek reageer met die verweer van vryheid van u
Emmie2020-07-06Ek wil weet of hulle nie iewers op die tv vir 'n mens kan laat lees wat die opdragte is en ook wie dit wen. 'n Mens kan nie aldie tyd kyk nie en wanneer mens inskakel weet mens nie wat aan gaan nie. Dan gaan mens maar weg van die kanaal.
Johan2020-07-05Liewe Ontnugter
Jy is waarskynlik, net soos ek, nie geroepe om die Here in SR te dien nie, en daarom voel jy ongemaklik daar (om dit sagkens te stel). Net soos ek is jy waarskynlik bedoel om “’n skaap van ’n ander kraal” as SR te wees, hoewel on
Isabel2020-07-05Lisa sê vir haar pa hulle moet ’n tentkompetisie hou! Jy kan dit mos nie doen nie. Julle is ’n klomp mans, hulle is net ’n klomp vrouens. Nee nee rêrig!
Isabel2020-07-05Gisteraand moes van die begin af mooier verduidelik gewees het wat ROCK aanbetref. (Ferdie) Die Scheepers sou rêrig nie so dom opgetree het om verkeerd te kies nie, hulle is ’n klomp girls en net hulle lippe moes swart gewees het! So geen suur druiwe n
LitNet2020-07-05Beste Nelmare
Ek hoop dit gaan goed.
Besoek LitNet se skole-indeks: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/
Dit het verskeie hulpbronne vir leerders.
Neem asseblief kennis dat hierdie hulpbronne addisioneel tot bestaande skoolwerk is,
Ernst Kotzé2020-07-05Uistekende stuk navorsing, Else en Annél. Dit gee 'n historiese dimensie aan die Afrikaanse woordeskat, en dui op vingerafdrukke uit 'n vergange tyd op die taalgebruik van vandag.
In die sestiende eeu was die dialekgrense langs die Noordsee en die Balti
Johanna2020-07-05"Selfs ’n wingerdloot het ’n stamboom van oorsprong. Een Sondagmiddag in die herfs van 1918 kom ’n driejarige uit Vredenhoek se wingerd die Erasmus-familie se binnekring ingestap," lui die persverklaring. (Ongelukkig dui dié verklaring verkeerdelik
Usiris Chevalier2020-07-05Ek het vir jare by Unisa gewerk en die rassistiese haat teenoor Afrikaans, Afrikaners en witmense is ongelooflik. Sonder om pessimisties te wees, ek betwyfel dat Unisa dit daar sal laat. Hulle het waarskynlik reeds stukke vir die woke konstitusionele hof