
Fotobron: Wikipedia
Godswonder
In die gedaante
van ’n Afrikaanse swerwer¹
kom jy op my
uitgestrekte vingerpunt
tot rus
donkerblink
die lense in jou oë,
ragfyn jou vlerke
bolrond en ligblou
en soos jy wegvlieg
’n hunkering:
neem my saam
o, Godswonder –
neem my saam.
________________________
¹Afrikaanse swerwer is ’n vlinder, Catopsilia florella.


Kommentaar
Baie dankie vir die voorreg.
Wow, pragtige vers!
Baie dankie Theresa.
'n Wonderskone vers!
Toe ons kinders was, het ons hierdie spesifieke skoenlappers creamsodas genoem.
Baie dankie Jacobus. Dis 'n interessante naam vir hulle 🙂 Die natuur is so ongelooflik mooi, ons moet net leer om die mooi raak te sien.