Wanneer die verlede herhaal

  • 3

Foto: Unsplash.com

Heil die leser!

Verbeel jou, liewe leser, ons bevind onsself in ’n uitsonderlike jaar met uitsonderlike uitdagings.

Buite dreig die gevaar. Ons moet binnenshuis bly. Eers vind ons dit amusant. Dan verveel dit ons. Die verveling neem toe. Ontstellende drogbeelddrome. Die hele huishouding loop op eiers. Sommiges is kort van humeur. Sigarettekort,sien. Die huishouding is gespanne, angstig en later, depressief. Weens geldtekort is alle etes eenvoudig. ’n Gebrek aan sinvolle aktiwiteite help nie. Die nuus word na waarde geskat omdat dit as enigste baan na die buitewêreld dien. Weke gaan verby. Eentonigheid word die norm. Ons lewe word oorheers deur die geskepte persepsie van die monster daar buite en die ontvlugting daarvan af wat, ten spyt, bedreig.

Met die abnormale wat die normale word, word gewonder wat ons mis, wat die dinge is wat ons opnuuts gaan besef sodra die inperking verby is, wat ons wonderlik gaan vind en hoeveel daarvan ons nie van vooraf, soos met ’n kind, gaan geniet nie. Hierdie dinge, eenvoudig van aard, wat ons altyd tot ons beskikking gehad het, maar nooit op aandag spandeer het nie.

Die eise wat aan elke regeringstelsel gestel word, ontbloot hul foute. Die publiek raak oproerig, onrustig – om die onvergenoegdes te stop bly ’n onmoontlike taak.

Die middelmatige chaoskondisionering en die oorlog wat vanaf die veld na binne die hospitale verskuif. Saam met alles, om maar net te noem, die uit- of afstel van groot wêreldgeleenthede soos die Oscars, die Olimpiese Spele, en ander sportgebeurtenisse.

Bo alles die uitputtende onsekerheid wat voorlê en die onsekerheid dat dit tot ’n einde sal kom – wanneer weet ons nié.

As jy dalk gedink het, liewe leser, dat ek van die jaartal 2020 praat, dink weer. Al my opvattings kom uit die dagboek van Anne Frank.

Ons is maar net weer in soorgelyke omstandighede.

  • 3

Kommentaar

  • Avatar
    Hans Richardt

    Idealisme oor menseregte?
    BLM veldtog is weereens 'n kultuurrewolusie wat die kunsmatige nastreef, met wit VSA kapitaliste aan die stuur. Van Hitler se grootste beleggers was voorsaat, oupa, van GW Bush.
    Laat my soms wonder of die Bilderberg konferensie dalk kapitalistiese besluite maak oor wêreld se bevolking? Covid-19 infeksie herinner sterk aan die "Legionnaires" siekte, gekruis met griepvirus...

  • Avatar
    Hans Richardt

    BLM se doel? Geforseerde etniese almalgamasie kultuurrewolusie? Ja, alle lewe maak saak.
    Wat ek gesien het, is dat idealisme verskil van wat bv in jou eie huishouding gebeur met jou eie kinders. Hul het dieselfde gene, omstandighede en voordele. Tog presteer nie een kind gelyk met jou ander kind nie. Laat my altyd wonder oor idealisme van politieke gelykheid, van uiteenlopende mense, geneties, ekonomiese agtergrond, uiteenlopende opvoeding en eie motivering.
    BLM se hele doktrine herinner aan Jakob wat sy blinde vader verneuk het, deur bokvelle oor sy arms te trek..

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top