Cas Vos2021-06-14Ernst, baie dankie vir hierdie skitterende en insiggewende artikel. Hiermee word die eise aan en uitdagings van die 2020-Bybelvertaling helder belig. Al die medewerkers verdien lof. Jou aandeel as uitmuntende taalkundige was onontbeerlik en voortreflik.
Sherrilyn Lloyd2021-06-14Sy was voorwaar 'n besonderse mens en - aktrise. So jammer dat, wanneer 'n bruinmens op enige vlak besonders presteer, dat sy/hy uitgeskuif word van alle kante af; tot haar/sy dood! Dan word hul weer erken. Dit moet asb stop ...
Barend van der Merwe2021-06-13En die mense wat kla verteenwoordig natuurlik 'n hele rasgroep. Elke liewe een van hulle.
Daar is berigte wat vertel hoe 'n groot persentasie weier om enige entstof te neem ...
Elza Albertyn2021-06-13Agge nee wat, gaan my tog verby, O Heiland! Mooiskrywery, smaak dit my. Dit maak my kriewelrig ... nou skielik vreeslik anti-apartheid et al. Sal nou nie eintlik vuisslaan oor dié nie. Haar eerste boek was goed. “Dinge van ‘n Kind”, erg vervelig.
Oli2021-06-13Ek stem 100% en nog bietjie saam met Helena Zille. Sy is waarlik 'n vrou met deursettingsvermoë, op die man af en sê 'n ding soos dit hoort!
Levi2021-06-13Die artikel is vir die akademikus geskryf, bietjie logos maar geen rhema.
Die bruid van Jehushua is wyer en groter as grense wat die NG kerk sê. 'n Mens het nie 'n graad nodig om Sy Woord te verstaan nie. Hy openbaar Hom juis aan die eenvoudige en weer
Frederik+de+Jager2021-06-13Net soos jy dit stel, Marlene. Ek het eenkeer 'n kookboek gepubliseer met een eetlepel bakpoeier in plaas van een teelepel by 'n muffinresep. Gelukkig kon ons vroeg herdruk en dit regstel.
Jessica Pohl2021-06-12Interessant dat die gesprek van die begin af al na die regterkant van die politieke spektrum dwing, veral die fundamentalisties-regse kant, terwyl kontemporêre propaganda en sensuur per se die eintlike besprekingspunt is. Die niksvermoedende leser word
Johann Basson2021-06-12Ek kan nie wag vir die dag in die nabye toekoms dat Me. Bettina Wyngaard tot die politiek toetree nie en ons deur woord en daad wys hoe dinge reg gedoen moet word en die "ou apartheidspatrone" en die hedendaagse post-1994-korrupsie summier en spoedig hoks
Anthony "Speedo" Wilson2021-06-12Klink baie goed net jammer die inligting is so skamel. Dit sê nie veel nie. 'n Paar voorbeelde sou die boek net daai nodige hupstoot geee het. Op die oomblik moet ons julle vertrou want julle sê maar min oor so 'n belangrike onderwerp!
Kate Bester2021-06-11Jare gelede het ek ses kosrubrieke vir Rapport/MyTyd geskryf. Resepte met vonkstories. Die foto's daarby het my verstom. Sou dit graag in boekvorm sien.
Raed-na-Gael2021-06-11Wilhelm,
Wanneer die lus vir winterbiltongtyd jou beetkry, sal jy in elkgeval 'n jab moet kry.
Wat is 'n beter tyd hier as in die winter?
Jou NZ sal jou nie 'n terugkeer gun sonder die jab nie!
Cliff Smuts2021-06-11Ons regering verstaan klarblyklik nie (1) dat die meeste van hulle landgenote arm is nie (2) dat hulle nie die tegnologie het wat die "ouens daar bo" het nie, (3) dat hulle die wonderlikste planne op papier maak, maar nie aan die praktyk dink nie, (4) dat
Gustaf Claassens2021-06-11Sê wat jy wil, maar Zille is 'n vrou van staal. Mense kan dalk lag, maar sy's baie soos 'n PW Botha-figuur binne die DA se Party opset. Vreesloos, op die punt af met geen grys areas nie. Sy's reguit en verstaan die politiek. Hierdie dinge is beide haar s
Hans Richardt2021-06-11Tiens, ons plaas jou brief ten minste in kollig met ons kommentare.
Dis tog waaroor ons tradisionele Kalfiewals liedjie gaan, hartseer, maar anders vrek ons van die honger.
Louise Viljoen2021-06-11Hallo Karen. Dit hang seker af van hoe prakties uitvoerbaar só ’n reëling is. Hoe ver bly julle uit mekaar uit? Hoeveel ander persone word in die huisgesin geraak? Sal jou ma steeds onder een spesifieke dokter se sorg wees? Hoe veilig sal julle elke s
Hans Richardt2021-06-11Interresant, maar nikseggend.
In Orania plant ons vele bome vir Afrikaans, maar dis nie goed genoeg vir Bolanders se "woke" idees nie.
Marlene van der Westhuizen2021-06-11Dankie Frederik, sekuur vat jy hier raak. Statisties beland presies EEN resep uit elke verkoopte kookboek op die kombuistafel. En behoede jou siel as die resep nie 'werk' nie - as kosskrywer verloor jy daardie 'ek-lees-kookboeke-voor-ek-gaan-slaap'-volgel
Hans Richardt2021-06-10Angus, die Wagyu-fillette en biltong is bitter duur hier. Ek smag darem na geelvet sout-en-peper biltong, sonder koljander doppe op... Ek mis die slaghuis in Benoni
Hans Richardt2021-06-10Raed-na-gael, beesvleis irriteer my deesdae. My tande is soos sterretjie, nie so blink nie, so ver van mekaar en beesvleis sit vas. Ek verkies skaaptjops. Dit het vetjies, wat nie tussen tande klou nie.
Andries G H van der Walt2021-06-10Ag ja. Dis al weer die ou geykte storie. Dis apartheid se skuld. Dis die wit mense wat maar aangaan asof niks verander het nie. In 27 jaar van "vryheid" het niks verander nie. Dis seker ook apartheid en die wit mense se skuld dat 36 miljoen Suid-Afrikaner
Leon Retief2021-06-10Beskik Wyngaard oor enige data (ek bedoel data, nie anekdotes nie) wat toon dat dit slegs of meestal die onderdruktes is wat sonder afspraak by die betrokke lokale opdaag?
Hier waar ek woon het al wat leef en beef ten minste 'n slimfoon en meestal ook 'n
hennie van deventer2021-06-10En wie moet ons blameer? Is daar iemand anders as die ANC-regering wat juis die stelsel met al sy gebreke uitgedink het om die verspreiding van entstof te beheer en manipuleer? Die wrange vrug van politieke heerssug.
F C Boot2021-06-10Beste Bettina Wyngaard
Jy laat dit klink of dit net mense van kleur is wat nie oor die nodige geriewe of vaardighede beskik nie. Daar is talle blankes wat in plakkerskampe en agterplase bly wat ook deur die pandemie geraak word. Hulle mag dalk kleiner in