Best Books en Anita Voges se Graad 11 Huistaal Taal- en leesoefenboek sal leerders se taalvaardighede op ’n interaktiewe manier ontwikkel. Dit bevat taal en begripsoefeninge, sowel as taalopsommings om leerders se taalkennis (van woordsoorte, klankleer en sinsleer tot betekenisleer) te verryk en sal leerders help om Afrikaans onder die knie te kry.
Hierdie boek bevat ook twee begripstoetse per hoofstuk, sowel as konsepvraestelle vir Vraestel 1 en 3 vir eksamenvoorbereiding.
Eboeke is beskikbaar by Amazon, Takealot, Kobo, itsi Store en Snapplify.
Gedrukte boeke kan bestel word by: Takealot, Loot, Raru, EB Online en die itsi Store.
As toonaangewende boekhandelaars nie voorraad het nie, vra gerus die winkelbestuurder om dit te bestel.
Om ’n voorsmaak te kry van wat die boek jou bied, klik hier vir die volgende uittreksels:
• ’n Taaloefening
• Antwoorde op die vrae


Kommentaar
Ek wil graag een koop. Hoeveel kos dit?
Goeiedag! Die boek is 'n NB-publikasie en sal vanaf NB-Uitgewers bestel kan word (https://www.nb.co.za/) as dit nie in die winkel aangetref word nie. Groete, die LitNet-redaksie
Graag wil ek net hoor waar kan ek die drama 'Vergelegen' kan koop. Dankie.
Droomdelwers-vraestelle
Hallo! LitNet het 'n paar oefenvraestelle en memo's wat jou kan help. Jy kan dit gratis aflaai deur op die skakels te klik (dit maak oop in PDF-formaat). Die vraestelle is bymekaargebring op een plek en dit is ingedeel volgens graad en vakgebied. Hier is 'n skakel na die indeks: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/. Hoop dit help! Groete, Naomi Meyer, senior inhoudsbestuurder