Kommentaar

Luisterverhale

Jan Breet 2024-03-25 Ek het altyd vir die kinders gesê. As julle soet is, lees ek die laaste periode vir julle die Vaal Koestertjie. As ek hom klaar gelees het, pleit die kinders. Ag Meneer lees hom asseblief weer!

drie gesange vir die somer

Willem Van Wyk 2024-03-24 Willem. Willem. Mooiste!

“Huweliksherdenking” deur Willemien Brümmer: kategoriewenner in Netwerk24 se Om te skryf-kompetisie

Joan Hambidge 2024-03-24 Ek gaan akkoord. 'n Verhaal vol sub-teks. Soos Carson McCullers se klassieke verhaal "A domestic dilemma". Die komplekse gegewe oor ouerskap en kinders. En hoe dit intieme verhoudings versteur en verander.

Leesbegrip? ’n Kinderboek kan jou kind se wêreld oopbreek

Anrie le Roux 2024-03-23 INSIGGEWEND! Daarby: Hoe kan dit makliker vir skrywers gemaak word om te publiseer? Hoe kan mens betrokke raak by verskillende loffike pogings om boeke by skole en in die klaskamer te kry? Met wie kan mens kommunikeer oor goedkoper boekidees EN om kinders

Die ontluistering van die wêreld

Cas Vos 2024-03-23 Beste Hercules, jy verdien lof vir 'n uitmuntende artikel. Jou kennis van die Griekse mitologie skemer duidelik deur. Dit verlig ons ontwrigte samelewing. Die beskawing is immers dinamies en dialogies meer as die sinlose gedruis van slagspreuke. Jou artik

’n Kursus vir Suid-Afrikaanse illustreerders by die Breytenbach Galery: ’n onderhoud met Mia Oosthuizen

Enda Olivier 2024-03-23 Boeke wat ek illustreer, wag vir publikasie. Dus vra ek hulp met publisering en bemarking. Ek sal wel in elk geval graag die kursus wil bywoon.

Ode aan Johnny Theunissen

Helize van Vuuren 2024-03-22 Luvverly - hoe seg ek dit in Afrikaans? Lieffelik? Loflik, lowe, alle bowetone en ondertone - so moet 'n woord-met-klank mos kan klink... Ou billy hoor!

LitNet-slypskool Om te skryf: Die finale verhale

Leon van Rensburg 2024-03-22 Ai, ek soek al so lank na advies hom te skryf. Probleem is dat my passie gaan oor geloof en meer spesifiek die ontstaan en ontwikkeling van die Christelike geloof. Het reeds 160 bladsye geskryf, maar nou staan dit stil en ek benodig ordening, weglating, v

Onze Rust deur Pieter Verster: ’n Lesersindruk van ’n boeiende en merkwaardige roman

Prof Bram van de Beek 2024-03-22 Ek het nou net die boek Onze Rust, van Pieter Verster, klaar gelees. Baie, baie dankie vir hierdie pragtige boek. Dis wonderlik hoe hy deur die om-en-om-verhaal van Steyn en dominee Herman die spanning laat sien. En hoe om om te gaan met die omstandighede

Luisterverhale: "Die vaal koestertjie" deur Eugène Marais, voorgelees deur Marcel van Heerden en Rolanda Marais

Izak de Vries 2024-03-22 Klik asb op die pyltjie in die tweede blokkie. Dit is hoe jy kan luister.

Netwerk24 se Om te skryf-kompetisiewenners op LitNet

Mientie Kroukamp 2024-03-22 Hou baie hiervan en vertrou dit gaan voort!

Book review: Hoerkind by Herman Lategan is "a rare privilege"

Andre van zyl 2024-03-21 Met 'n bloeiende hart vir nog 'n medemens wat verduur het wat vermy kon wees as die ou apartheidstelsel se maatskaplike en welsynsdienste net beter georganiseerd was. Kinderlike negatiewe ervarings is fundamenteel in die skepping van vorming van die volwa

Kaktuslewe

Zebulon 2024-03-21 Baie dankie, Rina en Jacobus.

Kaktuslewe

Zebulon 2024-03-21 Baie dankie vir die mooi kommentaar en die plasing van my gedig.

Menseregtedag, maar waar is ons waardigheid?

Sarie 2024-03-21 Soos Maimane tereg opmerk: by Sharpeville het 69 op een dag gesterf, vandag sterf daar 84 mense elke dag wat vermoor word. Toe het die wêreld geskree, nou is hulle doodstil.

Luisterverhale: "Kafee" deur Elsa Joubert, voorgelees deur Rolanda Marais

Aletta 2024-03-21 Nou net na Elsa Joubert se "Kafee" geluister, deur Rolanda Marais gelees. Ek het dit so geniet. Baie dankie.

Kleihutvroue

Mich 2024-03-21 Jy het ongelooflike skryftalent, Anne-Marie. Ek wens ek kon so skryf.

“Huweliksherdenking” deur Willemien Brümmer: kategoriewenner in Netwerk24 se Om te skryf-kompetisie

Michele Meyer 2024-03-21 Wat 'n verhaal! Willemien se talent is voorwaar onbegrens. Veels geluk en welverdiend.

Sons of mud deur Johan Vlok Louw: ’n leeskringbespreking

Raymond Potgieter 2024-03-21 Modder is stof met water. Dit leer Lohatla. Modder is stof met sweet gegeur vasgeplak met die frank stank van vrees en vuil onderbroek. Dit leer anderkant die grens. Moddersnot moet uit, of sakdoek in of bek uitgegwêl. Waterwa spoel stof af na onder toe,

My ouma in kaneel: Die kleinood van onthou

Willie 2024-03-21 Ek hoor iemand sing "my ouma in die meel". Kan dit reg wees?

Rondom Bettina

Chris Erasmus 2024-03-21 Ek is miskien moedswillig, maar die rasseding/diskriminasie/modegier slaan my totaal en al dronk. As ek die klaagster se ervaring lees, kom ek tot die eenvoudige gevolgtrekking dat almal wat bleeksiele/wittes/umlungus/Europeërs/blankes is, rassiste is. E

Elders gesien: Dit ruik steeds na oorlog

Johan (Stoffel) Coetzee 2024-03-20 Pragtig, Jantjie! Waarheen het jy verskuif? Groetnis! Stoffel (Coetzee)

Herfsvye bring vreugde

Monica Hammes 2024-03-20 Dankie vir die lekker vyestorie. As mens in Pretoria bly, sal jy nie sommer aan vye as jou verjaardagvrug dink nie, want hulle is skaarserig en peperduur. Maar hier gaan ek beslis so maak, want ek het net laas Saterdag 'n hele boks vye op die Wild Oats

Elders gesien: Afrikaans en die SABC

Charl Adams 2024-03-20 Nee wat Boerkint, jy sit die pot mis. Ek is 'n voorstander van proporsionaliteit in alle openbare instellings. Afrikaans het 'n wel bekende houvas gehad in die vorige bedeling. Nou moet die 7,6% wittes, waarvan 3-4 miljoen Afrikaners is, by die bykans 60

Elders gesien: Afrikaans en die SABC

Boerkint (dolerend) 2024-03-20 Charl Adams ek wys maar net op die feit dat jou opinies ingekleur word deur jou visie en jou visie is onderhewig aan jou politiek, en jou politiek is welbekend. Hier is hoe jy jouself byvoorbeeld op 22 Julie 2022 op Facebook uitgelaat het: "Gegewe Suid

Persverklaring: Twee nuwe Afrikaanse vertalings van dramas uit Sesotho

Ronel du Toit 2024-03-20 SENKATANA – die offerande, deur S Machabe Mofokeng Afrikaanse vertaling deur Chris Swanepoel (2024) ‘n Lesersrefleksie, Ronel du Toit Baie dankie aan Litnet waar ek kon kennisneem van die drama, Senkantana - Die offerhande - uit Sesotho na die m

Elders gesien: Afrikaans en die SABC

Charl Adams 2024-03-19 Boerkint jy sê ek is '...'n groot ondersteuner van Ramaphosa'. Dit is 'n verbuiging van my eintlike standpunt. My oorwoë mening is meer genuanseerd en word uitstekend verteenwoordig in Dr Ismail Lagardien se artikel in vandag se Daily Maverick. Terloop

Bloedsomer deur Sidney Gilroy: ’n lesersindruk

Henning 2024-03-19 “Waarvan Gilroy nie wegbreek nie, is sy wenresep om sterk sosiale temas aan te pak. Dit gaan oor meer as armoede en domestic noir.” My kletsbot sê: ‘ "Huislike noir" is 'n subgenre van misdaadfiksie wat gewoonlik fokus op die psigologiese spanni

Elders gesien: Afrikaans en die SABC

Henning 2024-03-19 Sensus is soortgelyk aan die ramblings of a madman, maar gegewe die hoeveelheid vlugtelinge tot die mag vyf in afgeleë uithoeke van hierdie realm, is die sprekers waarskynlik aan die afneem en tog nog 'n hele handvol. Ja, mens, ek worstel van skeidings-

Elders gesien: Afrikaans en die SABC

Boerkint (dolerend) 2024-03-19 Die een se dood is die ander se brood. Die leemte wat 7de Laan laat, gaan skynbaar nou deur ETV gevul word, so ook die verskuiwing van Afrikaanse nuus. Moeilik om te weet wat in die verskiet le. Daar is wel skynbaar 'n klein afname in die getal sprekers v

Kaktuslewe

Jacobus Swart 2024-03-19 Zebulon, jy het nie die digkuns gekies nie, die digkuns het jou gekies. Jou taaltrots en die Afrikaans waarin jy skryf beindruk, dit dwing respek af. Ek beveel hartlik aan dat jy die volgende sal lees: Rainer Maria Rilke Letters to a Young Poet.

Graad 6: Afrikaans Huistaal-vraestel en memo, vierde kwartaal

Naomi Meyer 2024-03-18 Goeiedag! Dankie vir die navraag. Hier is 'n skakel waar die graad 6-werk alles op een plek bymekaar is: https://www.litnet.co.za/indeks-notas-toetse-en-vraestelle/#graad6. Blaai deur die vraestelle om te sien wat beskikbaar is. Hier is 'n indeks van al d

Buren-Marsch: Die Transvaalse volkslied in Duitse gewaad

Winfried Lüdemann 2024-03-18 Baie dankie vir die vriendelike woorde! Ek onthou Ada as 'n uitstaande student en begaafde fluitspeler. Van my komposisies is op YouTube beskikbaar.

Kaktuslewe

Rina Cascione 2024-03-17 Baie mooi gedig!

Vir eendag

Rina Cascione 2024-03-17 Pragtige vers!

’n “Oorspronklike” Aramese Nuwe Testament? ’n Kritiese evaluasie van die Pesjitta-voorrangsteorie, Die Pad van Waarheid tot die Lewe-vertaling (Afrikaanse Lamsa-Bybel), en die kulturele aanloklikheid van oriëntalisme

Pieter Greyling 2024-03-17 Ek het so 2 weke gelede (vir die eerste keer) gehoor van die PWL, toe 'n mediese student vir raad vra na ernstige teologiese verskille in "die vertaling," geskok het. Die godheid van Jesus, en die godheid van die Heilige Gees word wegvertaal. Die onderho

Vir eendag

Magda van der Walt 2024-03-16 Met baie gevoel geskryf. Baie baie mooi en diep...
Top