Op verlede se reise

  • 1

Foto: Canva

Op verlede se reise

met elke kyk
in foto’s onthou ek:
die reuk van denne
die soet oggendlug
die asem van die mis
wat klam kom lê op ’n vel

ek sien weer Duke rus
op sy eentand
en in die verte groei spikkels
tot witrugaasvoëls
want in die savanne lê daar
stukke organe van ’n rooibokram

met sonsondergang
oor die Olifantsrivier
volg ’n visarend die kronkels
langs lewegewende waters
met snorkende seekoeie en nagapies
klinkende kondig hul die nag aan

dan staan oom Kruger fier en trots
troon uit oor sy erfenisgebied
en ek salueer hom stil-stil
met elke kyk in foto’s
hier vanaf my krans – vanuit ’n plek
net ’n naam op ’n kaart

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top