
Foto: Canva
En toe moes ek weer skryf
Jou woorde het my betower
en my winterhart kom warm vryf
ek wou lag en sing en dans
en meteens moes ek weer skryf
oor sonskyn en koperduine
en geheime van die see
oor hoe die herfswind se asem
lewe aan die hawerlande gee
oor Namakwaland se blomtapyt
wat ek wil uitrol voor jou deur
en karige blombossies
wat op Karbonkelberg floreer.
Jou liefde het my hart verower
en skielik kon ek weer skryf
oor die sekelmaan se towergang
en jou hande op my lyf.
Kommentaar
Pragtige en teer gedig, baie mooi en geluk Loretta
Baie dankie vir die plasing Litnet - ek waardeer dit opreg.
Liefhê is 'n lekker hê…
Baie dankie, liewe Anze. xx
Jip! Net soos jy daar sê Mientie - baie dankie vir die saamlees.
Dis so spesiaal!!!
Dit is altyd lekker om jou woorde te lees Loretta - dit betower my!