Justice for Joslin

  • 1

Foto: Canva

Justice vir Joslin

Die kind huil sag
en almal wil troos
haar broos skouers
toevou in groen en goud
hulle klou aan wind

Sy is weg
Josef se kind
in die put van ons onreg 
sing sy Psalms

Neem my terug

Nie na my moeder nie
sy het my geslag
die kind aan haar bors 
vergeet
verkoop
’n stil skaap in die nag

Vou die groen berge
giet die goue son
om my graf
Neem my terug na my land

Trap nuwe spore
om die dranktafel
Na waters waar daar rus is
Neem my hand

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top