Ek het in my dag des lewens nooit kon dink dat die geloei van ambulanse my opgewonde sou kon maak nie, maar die afgelope paar dae was dit presies wat hier in George gebeur het.
Ons woon langs besighede, en dit kan soms nogal raserig word, maar Maandagmiddag het dit omtrént erg geraak. Binne minute kom die nuus toe deur dat ’n gebou wat nog onder konstruksie was, ineengestort het.
Aanvanklik is daar gerapporteer dat 75 werkers ten tye van die gebeure aan diens was, maar later is daar ontdek dat dit 81 mense was.
Die noodpersoneel was bykans onmiddellik op die toneel en ambulanse het op en af gejaag. Hoe langer, hoe meer was die sirenes tekens van hoop, want dit het ten minste daarop gedui dat nog ’n persoon gevind is en na die hospitaal onderweg was.
Stadig maar seker het die geloei minder geword, nie omdat die oorgrote meerderheid lewens gered is nie, maar omdat die nooddienste dit al hoe moeiliker gevind het om vasgekeerdes te bereik.
Woensdagoggend kom werk die vrou wat saam met ons na die huis omsien en vertel dat haar susterskind van 30+ ook op die terrein was, maar steeds nie gevind is nie.
As ek reg onthou, het ons twee ambulanse gehoor verbyjaag en elke keer het sy gesê: “Daar gaan hy!”
Hy het toe nooit gegaan nie, en nes die ineenstorting ’n stofwolk die lug ingestuur het, het haar susterskind tot stof teruggekeer.
1/ I am here in George to inspect the operations being performed following the building collapse on Monday.
More than 40 individuals are still unaccounted for currently. However, I am deeply grateful for the many staff, volunteers and people are working around the clock to save pic.twitter.com/JsPTZK3EZ2
— WC Govt Health and Wellness MEC Dr. French Mbombo (@WCHealthMEC) May 9, 2024
Kommentaar
Lesse is duur. Lewens is onvervangbaar. Waar is die argitek, bourekenaar, bouopsigter, veiligheidsbeampte? Wie het die sementmengsels nagegaan vir sterkte? Die staalkonstruksieversterking, ens?
Onwillekeurig wonder ek oor die boukonstruksiemafia en die waaskynlikheid dat baie buitelanders in diens geneem is.
Ons almal wil dit weet!