Liesel2024-08-11My man is ook 'n alkoholis. Ons is Desember 9 jaar getroud met 3 kinders asook 2 van hom voor ons huwelik. My man begin van 4uur die middag drink wanneer ons albei by die huis kom, tot saans oor 12 in die nag. Naweke staan hy voor 7 die oggend op om te dr
Hercules Boshoff2024-08-11Sokrates aan Krito: "Veral ten opsigte van wat regverdig en onregverdig is en skandelik en adellik en goed en kwaad; dit waaroor ons ondersoekende gesprek juis nou gaan, naamlik of ons liewer die mening van die publiek moet volg en dit moet vrees, of dié
Jana Luther2024-08-11Wat Hendie sê.
Lank lewe Crito, en vorige Crito’s en volgende Crito’s en skrywers en digters, literatore en resensente met tawwe(r) tone.
Dankie, LitNet, vir die gespreksplatform.
Henning2024-08-10“Memory's truth, because memory has its own special kind. It selects, eliminates, alters, exaggerates, minimizes, glorifies, and vilifies also; but in the end it creates its own reality, its heterogeneous but usually coherent version of events; and no s
Marlies Taljard2024-08-10Suiwer teoreties is die konsep van resensering van resensies goed, want die standaard van resensies van Afrikaanse boeke is soms verdag en iémand moet dit aan die kaak stel.
My probleem is egter dat Crito erken hy lees nie noodwendig self die boeke waar
Henning2024-08-10Een van my stokperdjies, benewens boomklim en wynvat, is boeklees. My grootste vrees nog ooit is die pleeg van ‘n solesisme in die skaapkraal. Eenkeer het ek losweg in die regte gepraktiseer en onthou selfs ‘n bietjie Latyn waarmee ek graag te koop lo
Hendie2024-08-10Dis tyd dat al hierdie oor en weer moddergooiery stop. Julle doen niemand 'n guns nie. Die leserspubliek en skrywers het volwasse, doelgerigte diskoers nodig. Magtig, kry 'n datum en boek 'n venue met koekies en tee en begin praat.
Marlies Taljard2024-08-10Cas Vos, baie dankie dat jy toe die moeite doen om die stellings wat ek in my resensie gemaak het, prakties toe te lig. Ofskoon ek, soos dit hoort, bewysmateriaal uit die digbundel self aangehaal het, verskaf jy hier deur jou gedig addisionele bewyse van
Mellet Moll2024-08-10Hoe pateties. Dit lees soos die laaste stuiptrekkings van 'n uitgediende diktator wat homself probeer regverdig omdat hy weet al die vyande wat hy deur die jare gemaak het staan en wag. Om Sokrates in te sleep en homself te probeer verduidelik binne die k
Analize Viljoen2024-08-10Ek wil net graag weet waarom daar soveel kriptiese verwysing is? Noem dinge asseblief by die naam. Ek wil nie dié resensie en die ander resensie en gelewerde kwetsende kommentaar gaan soek en wonder of dit nou dié is waaroor die polemiek gaan nie. Verte
Trisa Hugo2024-08-10Dankie, Crito. Persoonlik hou ek van jou puntetellings. Ek het al goed gescore en ek het al swak gescore. Beide was geregverdig.
Iemand by korrektiewe dienste wat verantwoordelik is vir programme en die biblioteek by 'n gevangenis, nader my gereeld oo
Bester Meyer2024-08-10“Jy′t my reggehelp en gesê, as gevolg van die samelewing is die kuns mos gebonde” – Anton Goosen
Ek dink as sekere van die fasette van die elektroniese aanlyn landskap van die Afrikaanse literatuur beskryf kan word in terme van ‘eienaarskap
Charl Fourie2024-08-10Jou selfregverdigende relaas is deurspek met skynheiligheid en weersprekings. Jy beroep jou op hoë ideale soos rasionele diskoers en aanspreeklikheid, maar jou eie optrede ondermyn hierdie waardes op elke punt.
Jy praat van die belangrikheid van 'n oop
Willa2024-08-09Hartlik dankie vir jou respons, Barend. Oor redaksionele goed sal daar natuurlik altyd kritiek en geskille wees juis om die artikel te verbeter. Die artikel is inderdaad eklekties omdat ek 'n keuse moes maak wie en wat interessant vir lesers sou wees. Twe
Raed-na-Gael2024-08-08Maandagaand tydens die manspaalspringfinaal kom dit by my op dat dit waarskynlik is wat Pierre de Coubertin ingedagte gehad het met sy “Siel van die Atleet”.
Hulle wat dit gekyk het sal weet. Ek verwys na die uiteindelike en weereens Sweedse kampioe
Mev. Dr. Ds. Erasmus van Tonder2024-08-08Wel, Jean se boek was nie 'n akademiese boek nie. Die kerk was baie lelik met Jean. Van ons is nou nog skaam oor die hele Woordfees debakel van desjare en is dankbaar dat Jean sy subjektiewe ervaringe ter skrif gestel het. Ons bid nog elke aand vir Jean e
Henning2024-08-08Ek wonder tog oor: “Daar is nie ‘n soortgelyke boek in Afrikaans nie.” In 2011 is, As die stroom jou vat - die raaisel van selfmoord deur Jeanne Els gepubliseer. Ek sou raai daar is ooreenkomste.
Ek wonder ook of ‘n film soos Cloud Atlas met T
Cochenille2024-08-08So van die os op die jas, Crito, daar is 'n mooi ienterview met Bonthuys elders, waar sy onder meer die volgende te sê het: "’n Literêre veld kan nie meer net bestaan uit mense van een ras, geslag en/of agtergrond nie. Diegene wat nog aandring op hekk
Liné Loff2024-08-08Hallo Finolia, hier is ’n skakel na ’n onderhoud waarin al daardie vrae beantwoord word: https://www.litnet.co.za/hulp-met-die-derde-kwartaal-se-litererenavorsingstaak-n-onderhoud-met-eldridge-jason/. Vriendelike groete, Liné Loff, Inhoudsbestuurder
david willers2024-08-08Dankie vir hierdie skerp beskrywing van die konsep woke. In Engels sou ek sê "woke is a sharp awareness of discrimination in whatever form it is detected – race, gender, work practices, history." Almal is deesdae woke volgens hierdie definisie, hetsy k
Marlies Taljard2024-08-08Bester,
1. Ek is die Inhoudsbestuurder en eienaar van Versindaba en dus besluit ek wat geplaas word. Ek is nie aan die algemene publiek verantwoordbaar nie.
2. Dit is om 'n verskeidenheid redes nie Versindaba se beleid om resensies wat aangebied word te
Dietloff van der Berg2024-08-08Ongelukkig het Oosthuizen soos gewoonlik verval in sy vulgêre, kru taal as hy nie meer redelike argumente het nie, sies-tog.
Coenraad Walters2024-08-08Ek hoop dat mense onthou van ons silwermedaljewenner by 1948 se Somerspele in Londen: Ernst van Heerden, wat bekroon is vir 'n groep van ses sportgedigte uit sy eerste drie bundels. Ek kon nog nooit presies vasstel watter gedigte ingesluit is nie, maar 'D
Bester Meyer2024-08-08My vriend het ʼn sêding: hy sê ʼn mens moet altyd vir jouself ʼn 30 persent kans los dat jy heeltemal verkeerd kan wees. Miskien geld dieselfde ook vir hierdie kommentaar. Gisteraand toe lees ek mos hoeka in die Bybel hierdie vers: “Die pa’s eet gro
Barend J van der Merwe2024-08-07Willa, laat ek begin deur te stel dat ek altyd groot waardering het vir wat jy doen. Jy is 'n lopende ensiklopedie en elke keer wanneer ek iets van jou lees, of beter nog, so gelukkig is om na jou te kon luister in lewende lywe soos ek al kon in die verle
Andre ZAAIMAN2024-08-07Afrikaans is 'n Ajami-taal en het ;n kreoliseringsgeskiedenis – alles ou nuus wat mense soos Breytenbach, Willemse, Davids en andere al vir jare oor skryf – en die taal se kaping deur Afrikaner-nasionaliste is ook welbekend. Apartheid begin met die hi
Petra Pienaar-Nel2024-08-07Sjoe, wanneer laas was daar so 'n debat oor 'n Afrikaanse digbundel? Weet iemand dalk? Ek kan nie eers aan 'n voorbeeld dink nie. Dit wys jou iewers is 'n aar raakgeboor. En "Taboek" gaan nou soos soetkoek verkoop.
Mellet Moll2024-08-07Sjuut...
Ons wag in spanning op die groot keyboard warrior om sy volgende rondte te kom doen en almal te beledig wat van hom verskil.