Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Maart 2026 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Maart in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
2 Maart
Resensie: Historiese almanak: ’n Kaleidoskoop van leeslekkerte
Francois Bekker resenseer Historiese almanak deur Albé Grobbelaar
Resensie: Oorlogstorie gryp jou aan die hart
Johanna van Eeden resenseer Buckeye deur Patrick Ryan
Resensie: ‘Volmaan’ ’n dig verweefde woordtapisserie
Jonathan Amid resenseer Volmaan in Baviaanskloof deur Jeanette Stals
9 Maart
Boekevat: Luister na die idees wat jou onderbewuste fluister
’n Rubriek deur Martin Laubscher
Resensie: Die ‘Gouden Buys’ vaar mooi in Afrikaans
Stefan Schutte resenseer Die ongelukige en treurige verhaal van die skip die Gouden Buys, 1693 deur Marieke van Gessel en Andrea Kieskamp, vertaal deur Wium van Zyl
Resensie: Drake en tydreise nie net vir jonger lesers
Ilza Roggeband resenseer Die kasteel van die blou draak deur Troula Goosen
Resensie: Wanneer misdadigers agter ’n lessenaar sit, baadjie en das dra
Stefaans Coetzee resenseer Falls the Shadow deur Mike Nicol
11 Maart
Boeke: Peter Blum nou ’n oop boek in ‘Hortjies Dig’
AJ Opperman berig.
16 Maart
Resensie: Verse beweeg tussen werklikheid en verbeelding
Joan Hambidge resenseer waar daar eens ’n see was deur Jennifer Pape
Boekevat: ’n Rystoel wat wag om ’n gedig te word
’n Rubriek deur Jo Prins
Resensie: ‘Biltong en Dior’ adem ’n bekoorlike joie de vivre
Francois Bekker resenseer Biltong en Dior deur Louis Jansen van Vuuren
Resensie: ‘The Wildest Beauty’ ’n waarlik epiese roman wat meesleur
Jonathan Amid resenseer The Wildest Beauty deur Michiel Heyns
23 Maart
Resensie: Waagspel deur die perspektief van ’n vierjarige
Francois Smith resenseer Einde en begin deur Michèle Meyer
Resensie: Ware SA verhale oor onopgeloste misdade
Anschen Conradie resenseer Klipkoud deur Nicole Engelbrecht
Resensie: Vierde ‘Mevrou Smit’ ’n knussie om van kennis te neem
Ilza Roggeband resenseer Doodgewoon mevrou Smit deur Elizabeth Wasserman
Boekevat: Hoe moet ’n skrywer dan op kritiek reageer?
’n Rubriek deur Joan Hambidge
29 Maart
KKNK: ‘KI-gedigte is die oneerlikste’ – Antjie Krog
AJ Opperman berig.
30 Maart
Boekevat: ’n Bolandse wingerd is nie ’n Italiaanse sonnet nie
’n Rubriek deur Daniel Hugo
Boeke: Vyf heerlike boeke om aan te smul in April
Resensie: ‘Hemeltrans’ verbysterend intelligent, hoogs vermaaklik
Francois Bekker resenseer Aan die Hemeltrans deur Anton Roodt
KKNK: Ma’s se invloed op Krog en Lanoye gekarteer
Laetitia Pople berig.
Boeke: Kranslegging vir Eugène N. Marais op 90ste herdenking van sy dood
Deur AJ Opperman

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Maart op LitNet verskyn:
Om ná verlies wéér te kies: ’n resensie van Madelie Human se Ter wille van
Sinopsis van die eerste drie evangelies deur Hermie van Zyl: ’n lesersindruk
Lesersindruk: Ecce Deus! – wanneer God self onder die vergrootglas kom
Volmaan in Baviaanskloof deur Jeanette Stals: ’n lesersindruk
Maak die hortjies wyd oop: Ons weet nou wat van Peter Blum geword het – ’n resensie van Hortjies dig
Die Anglo-Boereoorlog in kleur, volume II deur Tinus le Roux: ’n resensie
Die (vreemde) einde van ’n koerant deur Barnard Beukman, ’n lesersindruk
"Ek dink ek het liefdesverhale saam met melk ingekry!” – Elsa Winckler
Heil die Leser!: Oor die poëtika van seine, tekens en simbole

Die volgende resensies en rubrieke het gedurende Maart in Rapport verskyn:
1 Maart
Resensie: Olifant in die kamer: Kan ek wonder oor die boek wat dit kon wees?
Loftus Marais resenseer Soetdoring in die ruigtes deur Christiaan Bakkes
Resensie: Dié kruiper pluk gewone Afrikaans se pruik af
Dianne du Toit Albertze resenseer Kruiper-Crawler deur Shane van der Hoven
Rubriek: Boeke in ’n tyd van skerms: Die keuse is skuif of sterf, liewe leser
Deur Ronnie van Jaarsveld
8 Maart
Resensie: Só kry ’n mens jou kind aan die lees
Ilse Salzwedel resenseer Die weerligvoël deur Jaco Jacobs (ill. Iain Rennie)
Uittreksel: Hy’t met vrees geluister: Dís hoe Spyker ‘terroriste’ laat praat
Uit Die vuur huil deur Allen Grootboom
15 Maart
Uittreksel: Paul Kruger se skok: Saam met die goud kom hordes Britte (en bordele)
Uit: Digging Deep: A History of Mining in South Africa
Resensie: Modder, sweet, bloed en begeerte: Dit woel aan die Westelike Front
Deborah Steinmair resenseer The Wildest Beauty deur Michiel Heyns
Resensie: Dié skelm vrou vang jou elke keer uit
Jannes Erasmus resenseer Kruip deur Marieta Carrick
22 Maart
Resensie: ’n Kind voel onheil aan – terroriste ofte not
Annelise Erasmus resenseer Einde en begin deur Michèle Meyer
Resensie: Albé se onthou-boek sal oor 40 jaar nog leesplesier bring
Mercia Coetzee resenseer Historiese almanak deur Albé Grobbelaar
Resensie: Welkom in die Midde-Ooste ... jou eerste wapen is hierdie dun boekie
André Kerr resenseer Shifting Sands deur Gordon Kerr
29 Maart
Uittreksel: En toe leer ek die Bokke die afbreekpunte van Franse kaas
Uit: Biltong en Dior deur Louis Jansen van Vuuren
Resensie: Kerk, apartheid en pa: ’n Dominee se dogter besin
Jannes Erasmus resenseer A Clergyman’s Daughter deur Hannah Botsis

Die volgende resensies en onderhoude het in Maart onder redaksie van Suné van Heerden op Maroela Media verskyn.
6 Maart
Cecilia Steyn laat kinders weer lekker lees
“Ek maak ’n doelbewuste poging om humor in te werk, want dit is hoe jy hulle aandag hou. Kinders moet ontvlug wanneer hulle stories lees.”
Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/cecilia-steyn-laat-kinders-weer-lekker-lees/
8 Maart
Geloofstories uit die lewe van gewone mense
“Ek skryf vir die persoon wat daaglikse inspirasie soek, en vir mense daar buite wat, soos ek, nodig het om te weet dat hulle stories ook belangrik is.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/geloofstories-uit-die-lewe-van-gewone-mense/
8 Maart
Boekresensie | ‘Einde en begin’ deur Michèle Meyer
Hoewel die kinderlike aanslag in Einde en begin soms ietwat oordrewe word, hou Michèle Meyer dit behendig vol, skryf Johan Myburg.
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-einde-en-begin-deur-michele-meyer/
15 Maart
Vrywilligers se stories uit die Anglo-Boereoorlog
Vir Malene Breytenbach lê die waarde van historiese romans juis daarin dat skrywers mense deur fiktiewe verhale help om dele van hul geskiedenis te leer ken.
Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/vrywilligers-se-stories-uit-die-anglo-boereoorlog/
20 Maart
Boekresensie | Mens en dier onder dieselfde maan
Wat begin as die verhaal van ’n vrou wat met volmaan ’n berg wil uitklim om finaal van haar lewe afskeid te neem, ontvou stadig in iets veel ryker, skryf Jannes Erasmus.
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-mens-en-dier-onder-dieselfde-maan/
24 Maart
Luister | Wat agter Martin Steyn se donker verbeelding skuil
“Dit is deur ’n kortverhaal wat ek op skryf verlief geraak het, en dis danksy ’n kortverhaal dat ek die mooi in Afrikaans begin raaksien het en vandag in my moedertaal skryf.”
Luister saam: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-wat-agter-martin-steyn-se-donker-verbeelding-skuil/
27 Maart
Help jou kind om in geloof te groei
“Ek wil graag na die boek kyk as ’n reeks doendinge wat die basis kan vorm van ʼn kind se eerste treë as gelowige.”
Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/help-jou-kind-om-in-geloof-te-groei/
28 Maart
Luister | Omgewingstorie die vonk vir Elize Parker se trilogie
Soms begin ’n storie op die plek waar ’n mens dit die minste verwag. In Elize Parker se geval het haar nuwe trilogie met ʼn storie oor pikkewyne begin.
Luister saam: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-omgewingstorie-die-vonk-vir-elize-parker-se-trilogie/

Klyntji.com is ’n voortlewing van Ons Klyntji, die eerste en oudste Afrikaanse tydskrif. Klyntji.com bestaan van 2014 af en is ’n onafhanklike webjoernaal wat fokus op diverse en progressiewe Suid-Afrikaanse kuns en kultuur.
11 Maart
RIV Diana Ferrus: ’n Onderhoud deur Britney Chabell

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Maart op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/skrywers-en-boeke/
Woensdag 4 Maart
Sowat 70% van Suid-Afrika se Graad 1 tot 3 leerders se leesvaardigheid is nie op peil nie, en byna ‘n kwart van leerders in sekere taalgroepe kan teen Graad 3 nog nie lees nie. Ilse Salzwedel wil by drie kenners weet waar die fout lê: by die regering, onderwysers of ouers? Sy praat met hulle oor die krisis, en hulle deel ook handige wenke vir ouers, onderwysers en versorgers om kinders te help om beter te lees. Die kenners is Christien Neser (spraakterapeut en skrywer van 20 kinder- en jeugboeke), emeritus-professor Michael le Cordeur (’n kenner in opvoedkunde) en Chareldine van der Merwe van die Vriende Van Afrikaans (VVA), ’n nie-winsgewende organisasie wat die afgelope dertig jaar al leesvaardighede onder Afrikaanse kinders landswyd bevorder.
Woensdag 11 Maart
Albé Grobbelaar, bekend vir sy Historiese almanak-bydraes op RSG, gesels oor die gelyknamige boek wat onlangs uit sy pen verskyn het. Die skrywer, Sjaka Septembir, gesels oor sy jongste roman, Dharma-Dwaas in Doodloopstraat, en vertel hoekom randfigure en kontra-kultuur hom so fassineer. Jy kan ook luister na vyf bydraes uit die internasionale boekewêreld. Johan Myburg het nuus oor die langlyste van drie belangrike letterkundepryse: die International Booker-, die Womens Prize for Fiction, en die Dublin-letterkundeprys. Jy kan ook meer uitvind oor A Family Matter, die wenner van vanjaar se Gold Nero-prys. Johan bring ook hulde aan die skrywer, Dan Simmins, wat onlangs oorlede is.
Woensdag 18 Maart
Ilse Salzwedel gesels met Martin Steyn oor sy bundel kortverhale, Skimme en Spoorsoekers. Die resensent, Jannes Erasmus, praat oor vier boeke wat hy kan aanbeveel – Drie misdade in ’n knoop, Volmaan in Baviaanskloof, Die avonture van Helga Roets en Einde en begin. Johan Myburg vertel hoekom Amazon aan die Parys-boekefees in Frankryk onttrek het, en stel ons voor aan die Guyanese skrywer en digter David Dabydeen. Jy kan ook meer uitvind oor ’n nuwe biografie oor Yoko Ono, John Lennon se weduwee en ’n bekende kunstenaar uit eie reg.
Woensdag 25 Maart
Ilse Salzwedel gesels met Louis Jansen Van Vuuren oor Biltong en Dior, sy nuwe bundel vertellings oor die lewe in Frankryk. SD Fourie, skrywer van Die reis, vertel meer oor die storie agter hierdie verhaal. In sy bydraes uit die internasionale boekewêreld, vertel Johan Myburg meer oor die topverkoperskrywer Colleen Hoover, en ’n boek wat die Iranse vroueskrywer Shahrnush Parsipur vir vier jaar en sewe maande in die tronk laat beland het. Jy kan ook meer uitvind oor die langlys van die Carol Shields-prys.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Maart op RSG uitgesaai is, kan geluister word by: https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/vers-en-klank/
Dinsdag 3 Maart
Sophia van Taak en die voorleser Julia Marone vier die volmaan met voorlesings van gedigte oor die maan.
Dinsdag 10 Maart
AG Visser word nie soseer gereken as een van ons mees intellektuele digters nie, maar tog is sy werk – ’n volle eeu nadat hy dit geskryf het – steeds gewild. Dink maar aan daardie ballade oor die Ruiter van Skimmelperdpan! Die rede hiervoor is dalk omdat sy poësie so eenvoudig, maklik verstaanbaar en dikwels ook vermaaklik was. Sophia van Taak begin met ’n kort reeks oor dié digter se werk. In die eerste aflewering luister ons na van sy liefdesgedigte en ’n paar kinderverse wat hy geskryf het. Die voorlesers is Wilhelm van der Walt en Schoemé Steenkamp.
Dinsdag 17 Maart
Sophia van Taak en die voorlesers, Schoemé Steenkamp en Wilhelm van der Walt, sit die reeks oor AG Visser voort. Hierdie keer luister ons na van sy grappiger gedigte, asook ’n paar verse wat al volksbesit geword het.
Dinsdag 24 Maart
Dit was onlangs Wêreld-Poësiedag. Hierdie inisiatief van UNESCO neem elke jaar verskillende gestaltes aan. Dit is natuurlik ’n poging om geletterdheid te bevorder, maar wil ook graag mense inspireer om hulleself met behulp van die digkuns te laat hoor. Sophia van Taak en Hannah Borthwick vier dié dag met voorlesings van gedigte oor, wel, gedigte! Ons hoor waar digters hulle inspirasie vandaan kry, en hoe ’n mens te werk moet gaan om ’n suksesvolle vers neer te pen.
Dinsdag 31 Maart
In sy gedig, Mislukte Doel, vra Ernst van Heerden: “Wat is die lot van soveel woorde?” en “Kan ’n woordpyl ooit die aardekors deurdring?” Hiermee bedoel hy: het die skryf van gedigte dan enige nut? En wáárom hou digters hulle nog hoegenaamd daarmee besig? Vind uit saam met Sophia van Taak en voorleser Nienke Geldenhuys.

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied. Ons lys hier enige resensies wat op radio voorgelees is of op ander mediaplatforms verskyn het wat nie reeds by die oorsig ingesluit is nie. Klik op die skakel na die tuisblad vir alle ander inhoud op die blog: http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
10 Maart
Onderhoud: Johan Braeckman gesels met Yves T’Sjoen oor sy Breytenbach-drieluik
11 Maart
Resensie: “Seine” (Koos de Wet)
Resensent: Joan Hambidge
16 Maart
Resensie: “Die langste jaar” (Muller Minnaar)
Resensent: Dietloff van der Berg
19 Maart
Resensie: “hartklop en asem” en “lugspieëling” (Maletta Fourie)
Resensent: Elizabeth van der Berg

Die volgende resensies, skrywersonderhoude en boekuittreksels het in Maart verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Riaan Grobler oor Die avonture van Helga Roets
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Nadia Davids oor Cape Fever
Onderhoud: Marguerite van Wyk gesels met Ilse Mouton oor haar reisboek, O Aarde!
Resensie: Antoinique van Staden resenseer Gerda Taljaard se Die Grafdigter
- Jannes Erasmus resenseer Drie misdade in ’n knoop deur Eleanor Baker as Alex Muller, en Die volmaakte moord deur Leon van Nierop
- Karien Labuschagne resenseer The Joy and Light Bus Company deur Alexander McCall Smith
- Alida Vos resenseer Do not disturb deur Freida McFadden, en Murder at the Village Church deur Victoria Walters
- Marzanne Schoeman resenseer Things We Hide from the Light deur Lucy Score
Resensie: Phyllis Green resenseer Yves Saint Laurent and Photography
Resensies: Vier mense met buitengewone lewens:
- Phyllis Green resenseer Last Rites deur Ozzy Osbourne
- Liesel Pienaar resenseer Gwyneth deur Amy Odell
- Nadia de Jongh resenseer The world according to Merle deur Merle Levin
- Rheta Kotzé resenseer Remembering deur Andile Gaelisiwe
Resensie: Irma Steffens resenseer Volmaan in Baviaanskloof deur Jeanette Stals
Resensie: Irma Steffens resenseer Skimme en Spoorsoekers deur Martin Steyn
Boekuittreksel: Uit Elize Parker se roman, Die eilandbruid se sluier

