Parlementpraatjies: ’n onderhoud met Pieter Mulder

“Suid-Afrikaners kom in die algemeen van persoon tot persoon goed met mekaar oor die weg, ongeag ras, taal of kultuur. Dit was voor 1994 my ervaring, asook daarna. Dit is ook hoe ek verhoudinge tussen individue van verskillende partye buite die parlementêre raadsale en komitees ervaar het.”