Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Februarie 2026 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Februarie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
2 Februarie
Resensie: Kosmiese gruwel geanker in die Karoo
Stefan Schutte resenseer Die Oeroue deur Etienne Lombard
Resensie: Johnny Clegg skop hoog in volwaardige studie
Desmond Painter resenseer Johnny Clegg deur Michael Drewett & Lucilla Spini (reds)
Resensie: Die terugkeer van ’n tydlose knussie
Anschen Conradie resenseer Drie misdade in ’n knoop deur Eleanor Baker
4 Februarie
9 Februarie
Resensie: Nagedink oor geloof in ’n taai tyd
André Bartlett resenseer God gevind deur Frits Gaum
Boekevat: Vinnige storie-sopies dalk antwoord in tyd van skerms
’n Rubriek deur Stefaans Coetzee
Resensie: Kortverhale wat die tone laat krul
Ilza Roggeband resenseer Skimme en spoorsoekers deur Martin Steyn
Resensie: ‘Kommando’s’ is ’n krygsgeskiedenis-kleinood
Jacques Olivier resenseer Die geskiedenis van die kommando’s, 1715 – 2003 deur Gerhard Kamffer
16 Februarie
Boekevat (Repliek): Die soektog na die ruimte vir lang verbintenisse
’n Rubriek deur Joan Hambidge
Resensie: Mens meermaal dwalend as koersvas
Francois Bekker resenseer Hinterland deur Piet van Rooyen
Resensie: Helga se storie is ’n lekker lees
Ilza Roggeband resenseer Die avonture van Helga Roets deur Riaan Grobler
Resensie: ‘vloei/stof’ ’n lywige bundel vir die fynproewer
Henning Pieterse resenseer vloei/stof deur Gilbert Gibson
23 Februarie
Boekevat: Inspirasie deur die ‘muses van die moeras’
’n Rubriek deur Daniel Hugo
Resensie: Somer nie ryker as die stil geheimenis van groei
Anschen Conradie resenseer Vier seisoene kind deur Wilna Adriaanse
Resensie:’n Brawe, moedige en rou ‘coming-of-age’-roman
Sonja van der Westhuizen resenseer Haram deur Zubayr Charles
Resensie: ‘Departure(s)’ ’n waardige koda aan die einde van ’n literêre era
Francois Bekker resenseer Departure(s) deur Julian Barnes

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Februarie op LitNet verskyn:
Samevatting van ’n Paastrilogie deur Jopie Coetzee as lesersindruk
Dubbelspel vir haar hart deur Tosca de Villiers: ’n resensie
Op pad na ’n klooster in die sneeu deur Johannes de Villiers: ’n lesersindruk

Die volgende resensies en rubrieke het gedurende Februarie in Rapport verskyn:
1 Februarie
Resensie: Fokus mooi op die eerste moord – skuif dan aan na nog twee...
Deborah Steinmair resenseer Drie misdade in ’n knoop deur Eleanor Baker
8 Februarie
Resensie: Boere, bloed, stof en vlieë – die fyn lyn tussen hardkoppig en trot
Trisa Hugo resenseer Die vrywilligers deur Malene Breytenbach
Resensie: Ontmoet die tante wat lééf in die skadu van die dood
Jannes Erasmus resenseer Die avonture van Helga Roets deur Riaan Grobler
15 Februarie
Boeke: Nog net een ding om te doen voor sy ’n einde aan alles maak ...
Uittreksel: Volmaan in Baviaanskloof deur Jeanette Stals
Resensie: ’n Beeld word boek: Gesin se trauma, een maand op ’n slag
Jannes Erasmus resenseer Een keer om die son deur Francois Bloemhof
Resensie: Seks, drank en drif – as jy anders is as wat ma-hulle glo
Dianne du Toit Albertze resenseer Haram deur Zubayr Charles
22 Februarie
Uittreksel: Onthou jy 1974? Ag, Ma, dis gekker in die army!
Resensie: Jy kry rillings oor jou ruggraat en daar’s nie eens ’n spook nie
Stefaans Coetzee resenseer Skimme en spoorsoekers deur Martin Steyn
Resensie: Dié beheervraat is ’n vrou – as iemand selfs jou kopspasie koloniseer
Deborah Steinmair resenseer Cape Fever deur Nadia Davids
Noem my maar Kosie Kortboek: Minder woorde is beter vir lesers én skrywers
’n Rubriek deur Zirk van den Berg

Die volgende resensies en onderhoude het in Februarie onder redaksie van Suné van Heerden op Maroela Media verskyn.
10 Februarie
Wium van Zyl ontsluit ’n storieskat in Afrikaans
“Kyk, jy praat hier van ’n groot storieskat wat reg oor die wêreld as ’n klassieke verhaalskat beskou word.”
Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/wium-van-zyl-ontsluit-n-storieskat-in-afrikaans/
15 Februarie
Boekresensie | Guitig, menslik maar minder sprankelend
“Doller as kopaf” is nietemin ’n gawe leeservaring wat ’n blik gee op die doen en late van ouer mense (weliswaar met ’n hele paar stereotipes).
Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-guitig-menslik-maar-minder-sprankelend/
16 Februarie
Luister | Addo se byna verlore olifante
Hoe lyk dit wanneer ’n mens kies om nie verder te vernietig nie, maar eerder te help bewaar?
Luister hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-addo-se-byna-verlore-olifante/
17 Februarie
Jou geheime wapen vir beter taalgebruik
“Ons ontdek nie net nuwe woorde nie, maar ook hoe ou woorde nuwe betekenisse kry, hoe uitspraak verander en hoe kulturele verskuiwings in taal weerspieël word.”
Lees meer: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/jou-geheime-wapen-vir-beter-taalgebruik/
20 Februarie
‘Ons kinders moet weet waar hulle vandaan kom’
“Ons het ’n wonderlike geleentheid om vir kinders ’n goeie grondslag te help lê deur stories met waardes te vertel, en dit boonop in hul moedertaal.”
Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/ons-kinders-moet-weet-waar-hulle-vandaan-kom/
21 Februarie
Maak moeilike lesse makliker met dié kinderboek
“Ons het ’n wonderlike geleentheid om vir kinders ’n goeie grondslag te help lê deur stories met waardes te vertel, en dit boonop in hul moedertaal.”
Lees hier: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/maak-moeilike-lesse-makliker-met-die-kinderboek/
28 Februarie
Luister | Veelsydige François Bloemhof se stories verras steeds
“Jy is klaar bevoorreg wanneer jou boeke gepubliseer word, maar om dit boonop te geniet, voel vir my asof ek met moord wegkom.”
Luister saam: https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/luister-veelsydige-francois-bloemhof-se-stories-verras-steeds/

Klyntji.com is ’n voortlewing van Ons Klyntji, die eerste en oudste Afrikaanse tydskrif. Klyntji.com bestaan van 2014 af en is ’n onafhanklike webjoernaal wat fokus op diverse en progressiewe Suid-Afrikaanse kuns en kultuur.
14 Februarie: ’n ware dag van liefde vir Diana Ferrus
Deur Gaireyah Fredericks

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Februarie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/skrywers-en-boeke/
Woensdag 4 Februarie
Akademikus, aktivis, die mense se digter, kultuurleier… Dit was Diana Ferrus, wat op 30 Januarie 2026 oorlede is. Sy was 72 jaar oud. Ilse Salzwedel het ’n huldeblyk saamgestel oor haar lewe en werk. Verskeie mense deel hulle herinneringe aan hulle vriendin en mentor: Nico Koopman, Steward van Wyk, die skrywer Ena Jansen, die skrywer Anzil Kulsen, Chareldine van der Merwe van die VVA, Anneghret Erasmus, bekroonde skrywer Gaireyah Fredericks, bekroonde digter Lynthia Julius en Theo Kemp, hoof van die Jakes Gerwel Stigting.
Woensdag 11 Februarie
Ilse Salzwedel gesels met Philip de Vos oor sy boek Die jaar toe dit gemmerbier gereën het. Dié prettige storie word op RSG voorgelees. Elna van der Merwe, die organiseerder van die Stilbaai-boekefees (wat op 27 en 28 Februarie gehou word), vertel waarna boekliefhebbers kan uitsien. Johan Myburg gesels onder andere oor Wuthering Heights, wat al beskryf is as die grootste liefdesverhaal van alle tye, se gewildheid. Hy stel jou ook voor aan Megha Majumdar, die wenner van ’n belangrike Amerikaanse fiksieprys, en vertel meer oor Arturo Pérez-Reverte, ʼn vooraanstaande Spaanse skrywer, se kommer oor die verval van sy taal.
Woensdag 18 Februarie
Februarie word wêreldwyd as die maand van die liefde beskou. Ilse Salzwedel gesels met Chanette Paul, Irma Joubert, Elsa Winckler, Malene Breytenbach, Kristel Loots, Santie van der Merwe, Helene de Kock en Dina Botha oor die plek van romantiese fiksie in Afrikaans. Johan Myburg praat oor die boeke op die langlys vir die Womens Price for Non-fiction; Lost Lambs, ’n aweregse, humoristiese roman wat die boekwêreld aan die gons het; en Cees Noteboom, die Nederlandse skrywer wat onlangs oorlede is.
Woensdag 25 Februarie
Daniël Lötter, skrywer van verskeie nie-fiksie boeke, gesels oor sy debuutroman, Waar die lammers nie suip nie. Phyllis Green, SARIE se boekeredakteur, gesels oor twee boeke wat sy kan aanbeveel: Christiaan Bakkes se roman Soetdoring in die ruigtes en The rift – scar of Africa, ’n koffietafelboek deur Shem Compion. Jy kan ook ’n kort voorlesing hoor uit Christiaan se roman. Kom vind uit watter skrywers is op die kortlys vir LAPA se Jeugromankompetisie. Daar is ook drie internasionale bydraes deur Johan Myburg. Hy vra die vraag of boeke werklik verfilmbaar is, en vertel hoe die Nobelpryswenner Ohran Pamuk oor filmmakers se kreatiewe vryheid voel. Johan vertel ook meer oor die Amerikaanse aktrise, Viola Davis, se eerste roman, wat sy saam met die bekende James Patterson geskryf het. Jy kan ook meer uitvind oor die biografie van Gisèle Pelicot, die Franse vrou wie se man haar bedwelm het en deur talle ander mans seksueel laat misbruik het.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Februarie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by: https://www.rsg.co.za/rsg-fm/potgooie/vers-en-klank/
Dinsdag 3 Februarie
Jana Kruger neem ons diep die berge in. Ons skep asem en maak kop skoon met gedigte deur Antjie Krog, Breyten Breytenbach, Barend Toerien en nog vele ander.
Dinsdag 10 Februarie
Rosa Keet vier op die 10de Februarie haar 81ste verjaarsdag. Sophia Kapp en Henriëtta Gryffenberg hou vir Rosa ’n partytjie met voorlesings uit haar vyf digbundels. Henriëtta vertel ook hoe Rosa haar as jong draaiboekskrywer onder haar vlerk geneem het. Rosa is ’n groot gees, wat nie net ’n bydrae tot die digkuns gelewer het nie, maar ook haar merk in die Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf gelaat het.
Dinsdag 17 Februarie
Sophia Kaap gesels met Dietloff van der Berg, wie se eerste digbundel, Feesmaalgang, onlangs verskyn het. Dietloff het ook ’n paar jaar gelede die liefdesverse en aanhalings van die Persiese digter, Rumi, na Afrikaans vertaal. Hy vertel hoe ’n mens só ’n reusetaak benader.
Dinsdag 24 Februarie
Die digter en aktivis, Diana Ferrus, is op 30 Januarie 2026 in die ouderdom van 72 jaar oorlede. Sophia van Taak en Lee-Ann van Rooy bring hulde aan dié geliefde figuur met gedigte uit beide haar bundels – Ons komvandaan en Die vrede kom later.

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied. Ons lys hier enige resensies wat op radio voorgelees is of op ander mediaplatforms verskyn het wat nie reeds by die oorsig ingesluit is nie. Klik op die skakel na die tuisblad vir alle ander inhoud op die blog: http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

Die volgende resensies, skrywersonderhoude en boekuittreksels het in Februarie verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Jacques Bessenger oor Een keer om die son
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Liani Jansen van Rensburg oor Een keer om die son
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Malene Breytenbach oor Die vrywilligers
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Christiaan Bakkes oor Soetdoring in die ruigtes
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Elizabeth Wasserman oor Doodgewoon mevrou Smit
- Irma Steffens resenseer A neighbour’s guide to murder deur Louise Candlish
- Nadia de Jongh resenseer Those people next door deur Kia Abdullah
- Marzanne Schoeman resenseer The Paris apartment deur Lucy Foley
- Karien Labuschagne resenseer Long shadows deur David Baldacci
3 boeke: Kos is die spilpunt waarom die lewe draai
- Tina Swiegers resenseer Butter deur Asako Yuzuki, en Not another samoosa run deur Nadia Cassim
- Karien Labuschagne resenseer Woman, eating deur Claire Kohda

