Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Augustus 2023 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Augustus in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
1 Augustus
Huldiging: Dan Sleigh ‘een van mees toegewyde historici van sy tyd’
Boeke: Bittereinders in ’n maalgat van ‘wokeness’
Chutney de Ridder in gesprek met Anton Kannemeyer en Conrad Botes oor Bitterkomix
3 Augustus
Boeke: Ouers huldig ‘kosbare Gemma’ se lewe met boek
4 Augustus
Boeke: Húlle verskyn op Booker-prys se langlys
5 Augustus
Boeke: Nugter en aardse Stockenström – die digter as helder baken
Daniel Hugo skryf oor Wilma Stockenström ter herdenking van haar 90ste verjaarsdag
7 Augustus
Resensie: ‘Amasone van Atlantis’ oorrompelende verhaal
Jonathan Amid resenseer Zeus van Wyngaardt en die Amasone van Atlantis deur Julio Agrella
Resensie: ‘Cousins’ donker én snaaks
Sonja van der Westhuizen resenseer Cousins deur Aurora Venturini
Resensie: Dana toor ’n sak vol stories
Stefaans Coetzee resenseer Die binneland in deur Dana Snyman
Boeke: Netwerk24 se topverkopers vir Julie
8 Augustus
Onderhoud: Poësie vir Tom Dreyer ’n ‘tuiskoms’
AJ Opperman in gesprek met Tom Dreyer
14 Augustus
Resensie: Fantastiese Afrikaanse gids
Anschen Conradie resenseer Leë blikkies vol liefde, ’n kortverhaalbundel saamgestel deur Fiona van Kerwel
Resensie: Koeler as ’n Nirvana-album
Sonja van der Westhuizen resenseer Girls of Little Hope deur Sam Beckbessinger en Dale Halvorsen
Resensie: Karel Schoeman hier in gedagtenis gesluit
Joan Hambidge resenseer Sluitstuk deur Johann Rossouw
Boekevat: Uit drome afgestof en blinkgevryf op die tong
’n Rubriek deur Daniel Hugo
Boeke: Dominique Botha wenner van Ingrid Jonker-prys
Boeke: Open Book-fees bied gesprekke deur skrywers oor nuwe werk
15 Augustus
Onderhoud: PP Fourie ‘skrywend eerder as skrywer’
Elretha Britz in gesprek met Fourie
Onderhoud: ‘Soos bloeisels in die Boland’ om Ingrid Jonker-prys te wen
AJ Opperman in gesprek met Dominique Botha
16 Augustus
Boeke: T’Sjoen dra nog ’n bundel op aan Breytenbach
17 Augustus
Boeke: Christina Landman stel outobiografie in Bloem bekend
21 Augustus
Boekevat: Land se tande stomp van groendruiwe eet
’n Rubriek deur Lynthia Julius
Resensie: ’n Boek nie vir wegbêre nie
Clari Niemand resenseer Onbeskryflike genade deur Stefaans Coetzee
Resensie: Van middernagblou, indigo, asuur tot siaan
Alwyn Roux resenseer Vyf kleur blou deur Hein Viljoen
Resensie: Sterk storie kort skaafwerk
Marni Bonthuys resenseer Die kerkseun deur WA Janse van Rensburg
Vir jou dagboek: Anelia Heese vertel dienspligtiges se stories
22 Augustus
Boeke: Hier is finaliste van ATKV-Woordveertjies
23 Augustus
Boeke: 1ste Innibos-boekenaweek in September in Laeveld gehou
Kyk weer: SJ Naudé gesels oor sy nuwe roman
28 Augustus
Boekevat: Redelike op die speelveld van bedekte mites
’n Rubriek deur Charl-Pierre Naudé
Resensie: Die kuns om sin te maak van die verlede
Jonathan Amid resenseer Deelfontein deur Nicole Jaekal Strauss
Boeke: Vroue vereer vir bydrae tot kultuur
29 Augustus
Luisterboek: ‘Agter my glimlag’ deur Lindie Stander
30 Augustus
Boeke: ‘Drank, seks en David Bowie’ verskyn nou in druk
Boeke: Korrelkop Hans kry nou troukoors in nuwe avontuur
Candice Jantjies skryf oor Rudie van Rensburg se nuwe Hans-boek.
31 Augustus
Boeke: Hans Ester vereer as ambassadeur van Afrikaanse letterkunde
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Augustus op LitNet verskyn:
Oor ’n skrywer, ’n paar films, ’n televisiereeks en ’n resensent, ook ’n lesersindruk
Klein, maar wonderlik: ’n lesersindruk van Claire Keegan se Small things like these
Onze Rust deur Pieter Verster: ’n Lesersindruk van ’n boeiende en merkwaardige roman
Omkoopbaarheid en ons demokrasie, ’n lesersindruk van Our poisoned land deur Jacques Pauw
Confrontation deur Kirsty Steinberg: ’n lesersindruk (Deel 1)
Die duiwel is in die detail deur Marizka Coetzer, ’n lesersindruk
Rustig soos ’n landmyn, ’n resensie van Bettina Wyngaard se Lokval
Marlene van Niekerk, die tempteerbare oog deur Marius Crous (redakteur): ’n resensie
Onder ’n bloedrooi hemel deur Annemarié van Niekerk: ’n LitNet-Akademies-resensie-essay
Bybels en die leeukuil van grondbesit: ’n gesprek met Jan Vermeulen
Oor blou melkskommels en zombies: Izak gesels met René van Zyl
Leon van Nierop oor Duiwelsroos by Momentum Beleggings Aardklop én Toyota US Woordfees 2023
Hulp met die derde kwartaal se literêrenavorsingstaak: ’n onderhoud met Eldridge Jason
Die volgende resensies en rubrieke het gedurende Augustus in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
6 Augustus
Resensie: Die kerkseun deur Wiaan Janse van Rensburg (resensent: Annelise Erasmus)
Resensie: Onbeskryflike genade deur Stefaans Coetzee (resensent: Juliana Coetzer)
13 Augustus
kykNET-Rapport-boekpryse: Die 4 kortlyste word aangekondig
20 Augustus
Onderhoud: SJ Naudé gesels met Johan van Zyl oor sy nuwe roman, Van vaders en vlugtelinge
Resensie: Van vaders en vlugtelinge deur SJ Naudé (resensent: Louise Viljoen)
27 Augustus
Resensie: “4 prenteboeke wat die regte snare tokkel” (resensent: Magdel Vorster)
- Zandi se lied deur Zandile Ndhlovu,
- Bianca Flanders se Pampoenpit kry ’n beat,
- Nala sing deur Nonikiwe Mashologu en
- Wendy Maartens se Siembamba – Ek lees sing-sing self
Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van Francois Lion-Cachet.
4 Augustus
Salig is die tannies met ’n passie vir poësie
Ontmoet Alda Merini en Rina Cascione, skryf Andréa Müller
Vrye Weekblad is ’n progressiewe Suid-Afrikaanse webkoerant in Afrikaans. Dit word elke Vrydag uitgegee deur die Nuwe Vrye Weekblad Media Groep. Deborah Steinmair is die boekeredakteur.
4 Augustus
Kerneels Breytenbach: Sinéad, Oppenheimer en ander nuusmakers
Nadine Petrick: Stilste kind met die storiestem
Deborah Steinmair: Vier boeke laat hoor en sien vergaan
Herman Lategan: Sirkusaap vir ryk boekdiewe
11 Augustus
Deborah Steinmair: Van vaders en vlugtelinge
Gerda Taljaard: So sexy soos broodskimmel
Kerneels Breytenbach: Atoombom, vrouefilosowe, donder en details van verhoudings
Joan Hambidge: Parasiet en gasheer: abba-tekste
Louis Gaigher: Die senings van seunwees
18 Augustus
Deborah Steinmair: Plaaslike niefiksie wat skitter
Fourie Botha: Ruig met intrige, soos ’n goeie skinderstorie
Kerneels Breytenbach: Boeke wat jou laat omblaai
25 Augustus
Deborah Steinmair: Moord, voëls en raaisels
Louis Gaigher: Laura Cumming, woordskilder
Kerneels Breytenbach: Sielsgenot en die waarde van die lewe
Joan Hambidge; Ontuisheid en die uncanny
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Augustus op RSG uitgesaai is, kan geluister word by: https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke
Woensdag 2 Augustus
Dan Sleigh was een van die groot meesters van die Afrikaanse letterkunde. Hy was ewe bekend as historikus, en sy dood word allerweë beskou as ’n verlies vir Afrikaans én Suid-Afrika. Ilse Salzwedel bring hulde aan hierdie bekroonde skrywer van Eilande, Afstande, Wals met Matilda, 1795 en verskeie ander publikasies, onder meer die omvangryke nie-fiksiewerk, Retoervloot, deur middel van uittreksels uit drie argiefonderhoude en ’n onderhoud met sy jarelange uitgewer, Hester Carstens.
Woensdag 9 Augustus
Die digter en skrywer Wilma Stockenström het op 7 Augustus haar 90e verjaarsdag gevier. Luister na ’n spesiale huldigingsprogram wat Ina Strydom in 2018 saamgestel het oor haar lewe en werk.
Woensdag 16 Augustus
CJ Langenhoven was skrywer, digter, dramaturg en koerantman, en het op daardie manier ’n sleutelrol in die ontwikkeling van Afrikaans gespeel. As politikus het hy gehelp om dit as amptelike taal erken te kry. Langenhoven is vandeesweek 150 jaar gelede gebore, en ons vier dit met ’n heruitsending van Ina Strydom se hoorbeeld Langenhoven: Dweper vir Afrikaans. Johan Myburg deel nuus uit die internasionale boekewêreld, en Ilse Salzwedel het meer inligting oor die Vrye Weekbladboekefees wat van 17 tot 19 Augustus in Melkbosstrand gehou word, en die eerste Kaapschehoop Boekefees, wat van 1 tot 3 September gehou word.
Woensdag 23 Augustus
Ilse Salzwedel gesels met Naomi Morgan, die vertaler van Madame Pylinska en die geheim van Chopin, wat tans op RSG voorgelees word. Johan Myburg het nuus oor ’n nuwe roman uit die pen van die Suid-Afrikaanse skrywer, Ivan Vladislavic, die boek wat as die gewildste voorleesboek vir kinders aangewys is in ’n Britse peiling, en ’n lys boeke wat volgens die Britse koerant, The Guardian, beskou kan word as die voortreflikste boeke wat in die eerste twee dekades van hierdie eeu verskyn het. Hy vertel ook meer van die wenner van vanjaar se Miles Franklinprys. Jy kan ook uitvind watter boeke op die kortlyste is van vanjaar se kykNET-Rapportpryse.
Woensdag 30 Augustus
Ilse Salzwedel gesels met Eben Venter oor sy jongste boek, Decima, waarin ’n swartrenosterkoei een van die hoofkarakters is. Ons hoor watter skrywers vir vanjaar se ATKV-Woordveertjietoekennings benoem is. Johan Myburg het ’n hele klomp interessante nuus uit die internasionale letterkundige wêreld, van kunsmatige intelligensie en die splinternuwe probleme wat dit vir skrywers veroorsaak, tot hoe die Amerikaanse liedjieskrywer-sanger Taylor Swift se lirieke letterkundiges oorsee op hol het.
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Augustus op RSG uitgesaai is, kan geluister word by: https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi
Dinsdag 1 Augustus
Luister na die derde en laaste aflewering in die reeks oor insekte. Die gedigte word voorgelees deur Joanie Combrink, Marlo Minnaar en Lochner de Kock.
Dinsdag 8 Augustus
Sophia van Taak gesels met Tom Dreyer oor sy debuutbundel, Nou in Infrarooi. Dreyer lees van sy gedigte uit dié versameling voor, en Riku Lätti verskaf agtergrondmusiek.
Dinsdag 15 Augustus
Sophia van Taak blaai saam met ’n paar digters deur hulle foto-albums en raak so ’n bietjie nostalgies oor die ou dae se kiekies. Ons luister ook na gedigte oor bekende foto’s wat oor die jare in die pers verskyn het. Die voorleser is Lochner de Kock.
Dinsdag 22 Augustus
Pianis Rocco de Villiers het al menige resepteboek geskryf, en nou het sy heel eerste digbundel ook die lig gesien. Rocco kuier by Sophia van Taak in die ateljee om te gesels oor dié versameling verse, getiteld Die Eiesoortiges.
Dinsdag 29 Augustus
Ons vier Boomplantweek met pragtige gedigte oor inheemse bome, en die groot rol wat bome in die ganse aarde se oorlewing speel. Die voorleser is Joanie Combrink.
Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde. ’n Podsending is hier beskikbaar: https://www.fmr.co.za/podcasts/boekkeuse/
1 Augustus
Dan Sleigh se omvangryke en waardevolle bydrae as bekroonde skrywer en historikus word belig. Joan Hambidge bespreek Marlise Joubert se jongste bundel, Laatnageilande, en Hein Viljoen se bundel, Vyf skakerings van blou. Die ervarings van twee Afrikaners wat in die oorloggeteisterde Oekraïne woon, kry aandag. Yolandi Farlam bespreek Reën in Stofvlei deur Katherine Graham. Joan Hambidge bring ten slotte hulde aan die ontslape Ierse popster, Sinéad O’Connor.
15 Augustus
Joan Hambidge bespreek Sluitstuk deur Johann Roussouw. Brenda Barlow bespreek Oseane tussenin deur Jeanette Stals. Riette Rust het veel plesier gehad aan die lees van die raaiselroman, Blou moord, deur Francois Bloemhof, ’n ware wie-doen-dit in die Agatha Christie-tradisie. Sy bespreek ook Madeleine Rust se vertelling Van rus tot vrede, ’n werk van inkeer en moed.
29 Augustus
Talbot Cox kom gesels oor sy eerste Afrikaanse publikasie, Agtergat se mense en hulle kaskenades en dinge. Elmari Rautenbach vertel meer oor die Skrywersprogram wat vanjaar by die Woordfees te siene sal wees. Bill Nasson bespreek Vicky Heunis se Krygsgevangenekuns in die Anglo-boereoorlog. Joan Hambidge neem onder loep PP Fourie se roman, Ons skulde, Annemarié van Niekerk se memoire, Onder ’n bloedrooi hemel, en Pieter Odendaal se digbundel, ontaard.
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied: http://joanhambidge.blogspot.co.za/
Resensies vir Fine Music Radio:
Verveertaal deur Ilse van Staden
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
4 Augustus
Resensie: Marlies Taljaard resenseer Die grondgeitjie roep deur Emmie Bedeker
19 Augustus
Onderhoud: Mellet Moll en Nini Bennett gesels met Johan Coetzee van Naledi
Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in Augustus verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Tom Dreyer oor Nou in infrarooi
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Riana Scheepers oor Saartjie, die krapspinnekop met sewe bene
Onderhoud: Phyllis Green gesels met Louis Pretorius oor Kompleks
Onderhoud: Susan Puren gesels met Helene de Kock oor Diana se dag
4 Boeke oor korrupsie uit eie bodem:
- Gert Venter resenseer Showdown at the Red Lion deur Charles van Onselen, en Is it me, or is it getting hot in here? deur Tom Eaton, en For you, I’d steal a goat deur Niq Mhlongo
- Susan Puren resenseer Nucleur deur Karyn Maughan en Kirsten Pearson
2 Boeke om jou rugbyfiks te maak:
- Michael Green resenseer Insights into the Rugby World Cup deur Nic Mellet met Lloyd Burnard en Rugby, Resistance and Politics: how Dan Qeqe Helped shape the history of Port Elizabeth deur Buntu Siwisa
- Michael Green resenseer Onkant deur Hendrik Hancke
- Susan Puren resenseer Die Binneland In deur Dana Snyman
- Alida Vos resenseer ’n Kwessie van tyd deur Doc Marten
- Phyllis Green resenseer Thrilling Sporting Moments deur Jeremy Daniel
- Gert Venter resenseer Ghetto Ninja deur Nikolaos Kirkinis
Resensie en uittreksel: Word ryk, bly ryk deur Geo en PJ Botha
Uittreksel: Rassie: Stories oor rugby en die lewe soos vertel aan David O’Sullivan