Troula Goosen en die Sproetebessies: ’n onderhoud

“Vandag nog, wanneer ek vir kinders en jongmense vra watter genres hulle die meeste geniet, is rillers, avontuur-, spannings- en speurverhale, asook spookstories nog altyd hoog op die lys. Ek geniet dit dus om die jong lesers oor hulle skouers te laat kyk en die ganglig saans aan te los.”