Marlene van Niekerk, die tempteerbare oog deur Marius Crous (redakteur): ’n resensie

“Deurlopend in die huldigingsbundel is die tema Van Niekerk as skrywer en ook as denker – die omvattendheid en kompleksiteit van haar denke, haar sterk sosiale bewussyn en haar strewe na die versoening van etiese aansprake met ’n estetiese ideaal word telkens bespreek.”