LitNet Akademies-resensie-essay: Plunder deur Antjie Krog

“Met die eerste lees van Plunder het ek gedink: Krog is kwáád. Wéér. Stééds. Maar namate ek meer tyd met die bundel deurgebring het, het ek tot die besef gekom dat ek hier nie net met die beskrywing en oopskrywing van plundering op alle vlakke te make het nie, maar ook met die teer poëtiese verpakking en verwerking van individuele sowel as kollektiewe trauma – ’n vorm van narratiewe terapie.”