Afrikaans: US-protesaksie vanaf 9 April

  • 6

Protes en rollende massa-aksie wag op Wim. Freek Robinson praat met die geskiedkundige Hermann Giliomee en DAK-netwerk se Danie van Wyk.

Lees ook op LitNet en Voertaal:

Persvrystelling: Ope brief aan die US-senaat

US-taaldebat 2021: Is die Universiteit Stellenbosch besig om Afrikaanse studente te ont-taal?

’n Onderhoud met Danie van Wyk, nuwe voorsitter van die DAK Netwerk

Afrikaans: Waarheid en versoening onder een DAK

Die US draai sy rug op Afrikaans as doseertaal

Die Afrikaners: ’n onderhoud met Hermann Giliomee oor die boek en die kykNET-reeks

Persverklaring: Uitnodiging om kommentaar te lewer op eerste konsep van hersiene Taalbeleid (2016)

Departement Afrikaans en Nederlands in opstand oor Afrikaans by US

Studente eis ondersoek oor taalregte by US

Kaaps is the future of Afrikaans

US-taaldebat 2021: Taal op Maties ‒ Vir moedertaalonderrig of vir volk en vaderland?

US-taaldebat 2021: Ek is Afrikaaps

US-taaldebat 2021: Die taalkwessie aan die Universiteit Stellenbosch

US-taaldebat 2021: Afrikaans is sterkgesig

US-taaldebat 2021: Kinkel in die kabel

Onverskilligheid of malligheid? Ons hoef nie een sektor van die gemeenskap te ontmagtig om die ander te bemagtig nie.

’n Taalbom bars al weer in Stellenbosch

Student protest: Coming up on this season of #FeesMustFall

US-taaldebat 2021: Toe, wanneer word jy baas oor ’n ander se mond?

SU language debate 2021: Inside the anxious world of the taalstryders

US-taaldebat 2021: Skande op Maties – rooi ligte in die US se taalbeleid

US-taaldebat 2021: Stellenbosch se taalbeleid lankal onsmaaklik en toksies

Uit die argief: Is Afrikaans uitheems?

Uit die argief (2006): Etlike gedagtes oor moedertaalonderrig in Suid-Afrika na Apartheid

Is jou ouma ook ’n donkie?

Afrikaans: the language of dissent

Afrikaans: 10 kitsfeite

  • 6

Kommentaar

  • omer vandeputte

    Afrikaans maak nou mee wat Nederlands (Vlaams) ervaar het in België tot diep in die 20ste eeu.

  • Gustaf Claassens

    Onderhoude soos die een het vir hopeloos te lank nooit plaasgevind nie. Dit was grotendeels berekend, agterlosig, moedswillig of as gevolg van 'n polities korrekte agenda wat soos 'n rukwind regoor die wêreld waai. Die 'winde van verwarring' eerder as Harold MacMillan se destydse 'winde van verandering.'

    Prof. Giliomee se ervaring, insig en kennis oor hierdie onderwerp wys op die leemtes in die denkpatroon van 'n Universiteit wat sy rug op sy eie mense gedraai het. Die ironie en tragedie is dat hierdie 'teregstelling' van Afrikaans deur individue gedryf word wat te kenne gee dat hulle wel Afrikaans as taal respekteer en wil uitbou.

    Vir 'n geruime tyd is daar talle akademici, taalkundiges en belangegroepe wat waarsku teen roekelose beleidsrigtings van tersiëre instellings. Diegene wat Engels as enigste vak- en omgangstaal wil implimenteer, ook aan die Universiteit van Stellenbosch. Dit nadat ander universiteite soos Kovsies gou reeds onder prof. Jansen se leiding handdoek moes ingooi.

    Etienne van Heerden het hom in die onlangse verlede by Breyten Breytenbach aangesluit deur daarop te wys dat dit Afrikaans se verlies aan hoër funksies is wat die grootste kommer wek. “Ek glo taal is ’n viool. En dit help nie jy speel net straatdeuntjies op ’n viool nie. Jy moet ook komplekse simfonieë kan uitvoer met jou viool. Dit is nie genoeg om te sê dat Afrikaans op kunstefeeste en rockkonserte en in sitkamers tuis gaan oorleef nie. Afrikaans as taal van hoër funksies (onder meer as regstaal, mediese taal en filosofiese taal) moet nou dringend groter beskerming geniet. Ek dink dus die sterfte lê op die hoër vlak, eerder as straatvlak" - aldus van Heerden. (Die Burger, 27 Maart 2013.)

    'n Opdraande stryd lê gevolglik voor om hierdie dwaal-aksie van prof. De Villiers en sy ondersteuners teen te staan. Danie van Wyk se beplande protesaksie is daarom van groot belang en 'n goeie begin. Afrikaanses se boodskap moet helder en duidelik oorgedra word. In die woorde van NP van Wyk Louw:

    "Ek kry 'n klein klein beiteltjie
    ek tik hom en hy klink
    toe slyp ek en slyp ek hom
    totdat hy klink en blink."

    Hopelik is dit 'n verwysing na die toekoms van Afrikaans wat weldra weer op universiteite sal begin blink. Dit hang egter grootliks van ons as Afrikaanses af tot watter mate sukses behaal sal word.

  • Koos van Rooyen

    Wat 'n gemors. Het die rektor geen skaamte nie? Wel, ek is skaam om te sê ek is 'n oud-Matie, want ek is bang mense kan dink ek het ook my verstand verloor.
    EK DOEN 'N BEROEP OP ALLE AFRIKAANSSPREKENDES OM ENIGE BEDRAES GELDELIK OF ANDERSINS ONMIDDELLIK TE STAAK. STAAK OOK DIE BYDRAE UIT JAN S. MARAIS SE TESTAMENT.

  • Marietjie Keyter

    Dis belaglik. As Afrikaans nie 'n Afrikataal is nie, waar pas Engels dan in? Afrikaans is in Suid-Afrika gebore en nou word Engels in ons kele afgedruk.

  • Ronée Michelle Robinson

    Wat 'n uitsonderlke onderhoud. Sê soveel waarmee ek resoneer. Afrikaans is 'n groot huis - ek stem saam dat almal wat die taal of tale soos Afrikaaps praat, respekteer moet word.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top